Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Maak Elke Aardse Belang Ondergeskik

    My liewe Broeders en Susters, ek spreek my woorde tot u in teerheid en liefde. Elke aardse belang moet ondergeskik gemaak word aan die Groot verlossingswerk.GF 63.3

    Onthou dat daar in die lewens van Christus se volgelinge dieselfde toewyding, dieselfde onderwerping van elke sosiale belang en elke aardse gesindheid aan Gods werk gesien moet word as wat in Sy lewe geopenbaar is. Die aansprake van God moet altyd die eerste plek geniet. “Wie vader of moeder bo My liefhet, is My nie waardig nie.” Christus se lewe is ons lesboek. Sy voorbeeld moet ons besiel om onvermoeide, selfopofferende pogings tot voor-deel van andere aan te wend....GF 63.4

    Elke vermoë van Gods dienaars moet voortdurend beoefen word om baie seuns en dogters na God te bring. In Sy diens moet daar geen onverskilligheid, geen selfsug wees nie. Enige selfvertroetelende afwyking van selfverloëning, enige verslapping van ernstige smeekbede om die Heilige Gees se werking, beteken dat net soveel krag aan die vyand verleen word. Christus neem Sy Kerk in oënskou. Hoeveel is daar nie wie se godsdienstige lewe op hulle eie oordeel neerkom nie!GF 64.1

    God eis wat ons nie gee nie: onvoorwaardelike toewyding. As elke Christen getrou was aan die gelofte wat hy gedoen het toe hy Christus aangeneem het, sou daar nie soveel mense in die wêreld verwaarloos gewees het om in sonde verlore te gaan nie. Wie sal verantwoording moet doen vir die siele wat in die graf neergedaal het, onvoorbereid om hulle Here te ontmoet? Christus het Homself as algenoegsame offer vir ons gebring. Hoe ernstig het Hy nie gewerk om sondaars te red nie. Hoe onvermoeid was Sy pogings om Sy dissipels vir diens voor te bereil Maar hoe min het ons gedoenl En die invloed van die bietjie wat ons wel gedoen het, is ontsettend verswak deur die neutraliserende uitwerking van wat ons ongedaan gelaat, of ondemeem en nooit voltooi het nie, en deur ons gewoontes van lustelose onverskilligheid. Hoeveel het ons nie verloor deur te versuim om vooruit te beur om ons Godgegewe werk te volbring niel As* belydende Christene behoort ons uiters ontsteld te wees oor dié toedrag van sake.-fi. & H., 30 Des. 1902.GF 64.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents