Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Vir Ryk en Arm

    Volgens die Bybelstelsel van tiendes en offergawes sal die bedrae wat deur verskillende persone betaal word, natuurlik baie verskil, aangesien dit met inkomste verband hou. Vir die arm man sal die tiende betreklik min wees, en sy gawes ooreenkomstig sy vermoë. Maar dit is nie die grootte van die gawe wat dit vir God aanneemlik maak nie; dit is die motiewe van die hart, die gees van dankbaarheid en liefde wat daardeur uitgedruk word. Laat die armes nie voel dat hulle gawe te klein is om opgemerk te word nie. Laat hulle gee volgens hul vermoë, met die gevoel dat hulle diensknegte van God is, en Hy sal hulle offergawe aanneem.GF 71.4

    As die persoon aan wie God ‘n groot kapitaal toevertrou het, God liefhet en vrees, sal dit vir hom geen las wees om ooreenkomstig die vereistes van God die aanspraak van ‘n verligte gewete na te kom nie. Die rykes sal versoek word om selfsug en eiebaat bot te vier en van God Sy eie terug te hou. Maar hy wat getrou aan God is, sal antwoord, wanneer Satan hom versoek:“Daar is geskrywe,““Mag ‘n mens God beroof?”” Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel ?”-R. &H., 16 Mei 1893.GF 71.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents