Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Stem Van Toewyding

    Is dit die taal van u hart? “Ek is geheel en al U eiendom, my Heiland. U het die losprys vir my siel betaal en alles wat ek is en ooit verwag om te wees, behoort aan u. Help my om middele te bekom, nie om dit onverstandig te verkwis nie, nie om my in hoogmoed te verlustig nie, maar om daarmee U eie naam te verheerlik.”GF 59.1

    Laat u gedagte wees in alles wat u doen:“ls dit die weg van die Here? Sal dit my Verlosser behaag? Hy het Sy lewe vir my gegee; wat kan ek aan die Here terugbesorg? Al wat ek kan sê, is; ,Wat U eie is, Heer, gee ek gewillig aan U:“Tensy die naam van God op u voorhoof geskrywe is - daar geskryf is omdat God die middelpunt van u gedagtes is - sal u nie vir die erfdeel in ligglans geskik wees nie. Dit is u Skepper wat vir u die ganse hemel in een wonderbare gawe uitgestort het - Sy eniggebore Seun.GF 59.2

    God lê Sy hand op die tiende, sowel as op skenkings en offergawes, en sê: “Dit behoort aan My. Toe Ek My goed aan jou toevertrou het, het Ek gespesifiseer dat ‘n deel joune sal wees, om in jou behoeftes te voorsien, en dat ‘n deel aan My terugbesorg moet word.”GF 59.3

    Toe u die oes ingesamel het, die graanskure en pakhuise vir u eie gerief volgemaak het, het u getrou ‘n tiende aan die Here gegee? Het u, u geskenke en offergawes na die Here gebring sodat Sy saak nie mank sal gaan nie? Het u na die weduwees en die wese omgesien? Hier is ‘n afdeling van buurtsendingwerk wat onder geen omstandighede verwaarloos moet word nie.GF 59.4

    Is daar nie om u armes en noodlydendes wat warmer klere, beter voedsel en, bowenal, - wat die hoogste op prys gestel sou word - medelyde en liefde nodig het nie? Wat het u vir die weduwees gedoen, die ellendiges, wat tot u roep om hulle te help om hul kinders of kleinkinders te leer en op te lei? Hoe het u op hulle gevalle gereageer? Het u probeer om die wese te help? Toe besorgde ouers of grootouers u met ‘n beswaarde gemoed genader en versoek het, selfs by u gepleit het om hulle geval te oorweeg, het u hulle afgewys en op ongevoelige, onsimpatieke wyse hulle versoek geweier? Indien wel, mag die Here Hom oor u toekoms ontferm; want “met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.” Is ons daaroor verbaas as die Here Sy seën weerhou wanneer Sy gawes op selfsugtige wyse misbruik word?GF 59.5

    God skenk gedurig aan u die seëninge van hierdie lewe, en as Hy u vra om Sy gawes uit te deel deur die verskillende vertakkings van Sy werk by te staan, is dit in u eie tydelike en geestelike belang om dit te doen en daardeur God as die Gewer van elke seëning te erken. God as Meesterwerker, werk saam met mense tot verkryging van die middele vir hulle onderhoud; en Hy verwag dat hulle in die redding van siele met Hom sal saamwerk. Hy het in die hande van Sy diensknegte die middele geplaas om die werk aan die tuisfront sowel as in die buiteland voort te sit. Maar as net die helfte van die mense hulle plig nakom, sal die skatkis nie van die nodige middele voorsien word nie en baie dele van Gods werk moet onafgehandel bly.-R. & H., 23 Des. 1890.GF 60.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents