Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “As julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, [sal] julle nooit in die koninkryk van die hemele... ingaan nie.” Mattheüs 5:20.

    Die skrifgeleerdes en Fariseërs het nie net Christus nie, maar ook Sy dissipels as sondaars bestempel omdat hulle die rites en sere-monies van die rabbi’s veronagsaam het. Dikwels is die dissipels ontstel en in die war gebring deur kritiek en beskuldigings van die kant van diegene wat hulle as godsdienstige leiers gerespekteer het. Jesus het die bedrog aan die kaak gestel. Hy het verklaar dat die geregtigheid waaraan die Fariseërs soveel waarde heg, waardeloos is.MOR 61.2

    'n Wettiese godsdiens kan die siel nie met God versoen nie. Die harde, strenge ortodoksheid van die Fariseërs, wat geen berou, deernis of liefde geken het nie, was net 'n struikelblok vir sondaars. Hulle was soos die sout wat smaakloos geword het; want hul invloed het geen krag gehad om die wêreld van verderf te bewaar nie. Die enigste ware geloof is dié “wat deur die liefde werk” (Galasiërs 5:6) om die siel te louter. Dit is soos suurdeeg wat die karakter deurtrek.MOR 61.3

    Die wet van God is net so heilig as wat Hy heilig is, so volmaak as wat Hy volmaak is. Dit toon aan die mens die geregtigheid van God. Dit is vir die mens self onmoontlik om hierdie wet te onderhou; want die geaardheid van die mens is verdorwe en gebrekkig en heeltemal strydig met die karakter van God. Die werke van die selfsugtige hart is “soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed.” Jesaja 64:6.MOR 62.1

    Die dissipels van Christus moet 'n ander soort geregtigheid as dié van die Fariseërs verkry as hulle die koninkryk van die hemele wil binnegaan. God het hulle in Sy Seun die volkome geregtigheid van die wet aangebied. As hulle hul harte heeltemal wil oopmaak om Christus te ontvang, sal die lewe van God self, Sy liefde, in hulle woon en hulle na Sy eie beeld verander; en so, deur die vrye gawe van God, sal hulle die geregtigheid besit wat die wet vereis.MOR 62.2

    Jesus het voorts aan Sy gehoor verduidelik wat dit beteken om die gebooie van God te onderhou - dat dit 'n weergawe van die karakter van Christus in hulself is. Want in Hom is God daagliks voor hulle geopenbaar.MOR 62.3