Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First

    “Wanneer julle vas, moenie lang gesigte trek soos die geveinsdes nie.” Mattheüs 6:16.

    Die vas waarop die woord van God aandring, is meer as 'n vorm. Dit beteken nie om nie te eet nie, om in sak geklee te gaan en as oor jou hoof te strooi nie. Hy wat in opregte berou oor sy sonde vas, sal nie na vertoon soek nie.MOR 94.1

    Die doel van die vas wat die Here van ons vereis, is nie om die liggaam te teister oor die sonde van die siel nie, maar om ons te help om die afgryslike aard van die sonde te besef, om die hart voor God te verootmoedig en om Sy vergewende genade te ontvang. Sy bevel aan Israel was: “Skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God.” Joël 2:13.MOR 94.2

    Dit sal ons niks baat om boete te doen of om ons wys te maak dat ons met ons eie werke 'n erfenis saam met die heiliges kan verdien of koop nie. Toe aan Christus gevra is: “Wat moet ons doen om die werke van God te volbring?” het Hy geantwoord: “Dit is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het” (Johannes 6:28, 29). Bekering is om jou van jouself af na Christus te keer; en as ons Christus ontvang sodat Hy deur die geloof Sy lewe in ons kan lei, sal goeie werke gesien word.MOR 94.3

    Jesus het gesê: “As jy vas, salf jou hoof en was jou gesig, sodat jy nie die mense laat sien dat jy vas nie, maar jou Vader wat in die verborgene is.” Mattheüs 6:17, 18. Wat ook al tot eer en verheerliking van God gedoen word, moet opgeruimd gedoen word, nie bedroef en terneergedruk nie. Daar is niks droef-geestigs in die godsdiens van Jesus nie. As Christene deur hul lang gesigte die indruk wek dat hulle in hul Here teleurgesteld is, gee hulle 'n wanvoorstelling van Sy karakter en voer hulle Sy vyande met argumente. Hoewel hulle met hul woorde te kenne mag gee dat hulle God as hul Vader beskou, doen hulle hulle met hul droefgeestigheid en swartgalligheid voor as weeskinders in die wêreld.MOR 94.4

    Christus wil hê dat Sy diens aantreklik moet voorkom, soos dit in werklikheid is. Laat die selfverloëning en die geheime beproewinge van die hart aan die barmhartige Verlosser bekend gemaak word. Los die sorge aan die voet van die kruis, en gaan daar weg met gejuig in die liefde van Hom wat jou eerste liefge-had het. Die mense sal moontlik nooit weet watter werk heimlik tussen die siel en God aan die gang is nie, maar die gevolge van die Gees se werk op die hart sal vir almal sigbaar wees, want Hy “wat in die verborgene sien, sal jou in die openbaar vergelde.”MOR 95.1