Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.” Mattheüs 7:25.

    Jesus het Sy Bergrede met 'n gelykenis afgesluit wat dit so helder soos daglig gemaak het hoe belangrik dit is om Sy woorde uit te voer. In die skare wat om Jesus saamgedrom het, was baie wat hulle lewe lank in die omgewing van die See van Galilea gewoon het. Waar hulle teen die berghang gesit en na die woorde van Jesus geluister het, kon hulle valleie en klowe sien waardeur die bergstrome na die see vloei. In die somer het hierdie stroompies soms heeltemal opgedroog. Maar wanneer die winterstorms oor die heuwels losgebars het, het die riviere wilde, woeste strome geword wat soms die valleie oorstroom en alles in hul onbeheer-bare vloed meegesleur het. Dikwels is die krotte wat die plaaswerkers op die grasvlaktes opgerig het, oënskynlik buite bereik van die stormwater, weggevoer. Maar hoog teen die heuwels was huise wat op vaste rots gebou is. In baie dele van die land was huise wat heeltemal van klip gebou was, en baie van hulle het die storms van 'n duisend jaar weerstaan. Hierdie huise is met harde arbeid en moeite opgerig. Hulle kon nie maklik bereik word nie, en die grasvlakte se ligging was aantrekliker. Maar hul fondament was op die rots, en wind en vloed en orkaan kon hulle nie skade aandoen nie.MOR 159.1

    Net soos die bouers van hierdie huise op die rots, het Jesus gesê, is hy wat die woorde ontvang wat Ek tot julle gespreek het, en wat sy lewe en karakter daarop bou. Eeue tevore het die pro-feet Jesaja geskrywe: “Die woord van onse God hou stand in ewigheid.” Jesaja 40:8. Petrus het hierdie woorde van Jesaja lank na die Bergrede aangehaal en bygevoeg: “En dit is die woord wat aan julle verkondig is.” 1 Petrus 1:25. Die Woord van God is al onwrikbare ding wat hierdie wêreld ken. Dit is die vaste fonda-ment. “Die hemel en die aarde sal verbygaan,” het Jesus gesê, “maar my woorde sal nooit verbygaan nie” (Mattheüs 24:35).MOR 159.2

    Die groot beginsels van die wet, ja, die aard van God self, blyk uit die woorde van Christus op die berg. Wie op hulle bou, bou op Christus, die Ewige Rots. Deur die woord te ontvang, ontvang ons Christus. En net hulle wat Sy woorde ontvang, bou op Hom. “Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus.” 1 Korinthiërs 3:11. “Daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie.” Handelinge 4:12. Christus, die Woord, die openbaring van God - die openbaring van Sy karakter, Sy wet, Sy liefde, Sy lewe - is die enigste fondament waarop ons 'n standhoudende karakter kan bou.MOR 161.1

    Ons bou op Christus deur Sy woord te gehoorsaam. Nie net hy wat die geregtigheid geniet, is regverdig nie, maar hy wat die geregtigheid doen. Heiligheid is nie ekstase of vervoering nie; dit is dis gevolg van algehele oorgawe aan God; dit is om die wil van onse hemelse Vader te doen. Toe die kinders van Israel op die grense van die Beloofde Land gestaan het, was dit vir hulle nie genoeg om net 'n kennis van Kanaan te hê of om Kanaanliedere te sing nie. Dit sou hulle nog nie in besit van die wingerde en olyfboorde van die Beloofde Land gestel het nie. Hulle kon dit net in besit neem deur dit te beset, deur te voldoen aan die voorwaardes, deur 'n lewende geloof in God te hê, deur Sy beloftes te glo en Sy opdrag te gehoorsaam.MOR 161.2

    Godsdiens is om Christus se woorde te doen; nie om God se guns te verdien nie, maar omdat ons onverdiend die gawe van Sy liefde ontvang het. Christus vestig die verlossing van die mens nie op 'n blote geloofsbelydenis nie, maar op geloof wat in werke van geregtigheid geopenbaar word. Nie om net te sê nie, maar om te doen, word van die volgelinge van Christus verwag. Dit is dade wat die karakter bou. “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God.” Romeine 8:14. Nie hulle wie se harte deur die Gees van God aangeraak is nie, nie hulle wat hulle af en toe aan die krag van die Gees onderwerp nie, maar hulle wat deur die Gees gelei word, is die seuns van God.MOR 162.1

    Wil u graag 'n volgeling van Christus word, maar weet u nie hoe om te begin nie? Is u in die duisternis en weet u nie hoe om die lig te vind nie? Volg die lig wat u het. Lê u daarop toe om wat u wel van die woord van God weet, te gehoorsaam. Ontvang die woord in die geloof, en dit sal u krag gee om te gehoorsaam. Namate u ag gee op die lig wat u het, sal u groter lig ontvang. U bou op die woord van God, en u karakter sal gebou word na die ewebeeld van die karakter van Christus.MOR 162.2

    Christus, die ware fondament, is 'n lewende steen; Sy lewe word aan almal oorgedra wat op Hom gebou het. “Laat julle ook soos lewende stene opbou, tot 'n geestelike huis.” “In wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot 'n heilige tempel in die Here.” 1 Petrus 2:5; Efesiërs 2:21. Die boustene vorm 'n eenheid met die fondament, want 'n gemeenskaplike lewe vul hulle almal. Geen storm kan daardie gebou laat neerstort nie.MOR 162.3

    Maar elke gebou wat op 'n ander fondament as die woord van God gebou is, sal val. Hy wat, soos die Jode in Christus se dae, bou op die fondament van menslike idees en menings, op vorms en seremonies van menslike oorsprong, of op enige werke wat hy onafhanklik van die genade van Christus kan verrig, bou sy karakter op dryfsand. Die woeste storms van versoeking sal sy sandfondament wegspoel en sy huis 'n wrak op die oewers van die tyd maak.MOR 162.4

    “Daarom, so sê die Here Here:... Ek sal die reg tot 'n riglyn maak, en die geregtigheid tot 'n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel.” Jesaja 28:16, 17.MOR 163.1

    Vandag pleit die genade nog by die sondaar. “So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe?” Esegiël 33:11, Die stem wat vandag by die onboetvaardige pleit, is die stem van Hom wat in die foltering van sy hart uitgeroep het toe Hy op Sy geliefde Stad neergekyk het: “Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete dood-maak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaargemaak, soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie. Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat.” Lukas 13:34. 35. In Jerusalem het Jesus 'n simbool gesien van die wêreld wat Sy genade verwerp en verag het. Vir jou, o hard-vogtige hart, het Hy geween! Selfs toe Jesus Sy trane op die berg gestort het, kon Jerusalem hom nog bekeer het en aan sy ver-doemenis ontkom het. Nog 'n klein rukkie het die hemelse Gawe gewag om aanvaar te word. So, o hart, spreek Christus nog tot u met liefderyke toon: “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en met hom maaltyd hou, en hy met My.” “Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.” Openbaring 3:20; 2 Korinthiërs 6:2.MOR 163.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents