Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Meester se Onsterflike Rede  - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “Laat u Naam geheilig word.” Mattheüs 6:9.

    Om die Naam van God te heilig, moet die woorde waarin ons die Opperwese aanspreek met eerbied geuiter word. “Sy Naam is heilig en vreeslik.” Psalm 111:9. Ons moet die titels en benaminge van die Godheid nooit ligsinnig gebruik nie. Wanneer ons bid, kom ons in die teenwoordigheid van die Allerhoogste, en ons moet met heilige ontsag voor Hom verskyn. Die engele bedek hul aangesigte in Sy teenwoordigheid. Die gerubs en die glansende, heilige serafs nader Sy troon met plegtige eerbied. Hoeveel te meer moet ons aardse, sondige wesens dan nie met eerbied voor God, ons Skepper, verskyn nie!MOR 117.2

    Maar om die Naam van die Here te heilig, vra veel meer as dit. Ons kan, soos die Jode in Christus se tyd, die grootste uiterlike vertoorn van eerbied vir God maak en tog Sy Naam gedurig ontheilig. “Die Naam van die Here” is “barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou... wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe” (Exodus 34:5-7). Aangaande die kerk van Christus staan geskrywe: “Dit sal die naam daarvan wees: Die Here Ons Geregtigheid.” Jeremia 33:16. Hierdie naam word aan elke volgeling van Christus gegee. Dit is die erfenis van die kind van God. Die gesin dra die Naam van die Vader. Toe Israel bittere beproewing en nood deurgemaak het, het die profeet Jeremia gebid: “U Naam is oor ons uitgeroep. Verlaat ons nie!” (Jeremia 14:9).MOR 117.3

    Hierdie Naam word geheilig deur die hemelse engele, deur die bewoners van sondelose wêrelde. Wanneer u bid; “Laat u Naam geheilig word,” vra u dat dit geheilig word in hierdie wêreld, in u geheilig word. God het u voor mense en engele erken as Sy kind; bid dat u nie “die edele Naam... wat oor julle aangeroep is” oneer sal aandoen nie (Jakobus 2:7). God stuur u die wêreld in as Sy verteenwoordiger. In elke daad behoort u die Naam van God te openbaar. Hierdie gebed beteken dat u Sy karakter moet besit. U kan Sy Naam nie heilig, Hom nie aan die wêreld voorstel tensy u lewe en karakter die lewe en karakter van God self open-baar nie. Dit kan u alleenlik doen deur die genade en geregtigheid van Christus aan te neem.MOR 118.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents