Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Gelykenisse van Christus - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    In Die Laaste Dae

    Die laaste gebeurtenisse in hierdie aarde se geskiedenis word in die uiteinde van die ryk man se geskiedenis uitgebeeld. Die ryk man het daarop aanspraak gemaak dat hy‘n seun van Abraham was, maar hy was deur‘n onoorbrugbare kloof van Abraham geskei - naamlik ‘n karakter wat verkeerd ontwikkel was. Abraham het God gedien; Sy woord in geloof en gehoorsaamheid gevolg. Maar die ryk man het God en die behoeftes van ‘n lydende mensdom verontagsaam. Die groot kloof wat tussen hom en Abraham gevestig was, was die kloof van ongehoorsaamheid. Daar is vandag vele wat dieselfde koers inslaan. Al is hulle kerklede, is hulle onbekeerd. Al neem hulle deel aan die kerkdiens, al sing hulle die psalm: “Soos ‘n hert wat smag na waterstrome, so smag my siel na U, O God!.” (Ps. 42:2); getuig dit nog van valsheid. Hulle is geensins regverdiger in die oe van God as die gruwelikste sondaar nie. Die siel wat na die opwinding van wêreldse plesier verlang, die gedagtes wat vol is van die liefde vir vertoon, kan God nie dien nie. Soos die ryk man in die gelykenis het so‘n persoon geen verlange om teen die begeerlikheid van die vlees te worstel nie. Hy verlang om aan sy aptyt die vrye teuels te gee. Hy kies die atmosfeer van sonde. Hy word skielik deur die dood weggeruk en hy daal in die graf neer met die karakter wat tydens sy leeftyd in ‘n vennootskap met Sataniese magte gevorm is. In die graf is hy nie in staat om goed of kwaad te kies nie, want in die dag wanneer ‘n man sterwe is dit met sy planne gedaan. (Ps. 141:4, Pred. 9:5, 6)DGC 188.4

    Wanneer die stem van God die dooie wek, dan sal hy uit die graf voortkom met dieselfde begeertes en hartstogte, dieselfde voorkeer en teensin wat hy in die lewe gekoester het. God doen geen wonderwerk om ‘n mens te herskep wat nie herskep wou word toe hy elke geleentheid vergun en van elke gerief voorsien is nie. Gedurende sy leeftyd het hy geen behae in God geskep of vreugde in Sy diens gevind nie. Sy karakter stem nie ooreen met God nie en hy sal nie onder die hemelse gesin gelukkig wees nie.DGC 189.1

    Daar is deesdae in ons wêreld‘n klas wat eiegeregtig is. Hulle is nie vrate nie, hulle is nie dronklappe nie, hulle is nie ongelowiges nie, maar hulle verlang om vir hulleself te leef, nie vir God nie. Hulle dink nie aan Hom nie; daarom word hulle saam met die ongelowiges geklassifiseer. As dit vir hulle moontlik sou wees om die poorte van die stad van God binne te gaan, kon hulle geen reg he op die boom van die lewe nie, want toe Gods gebooie met hulle bindende vereistes voor hulle gelê is, het hulle nee gesê. Hulle het God nie hier gedien nie, daarom sal hulle Hom in die hiernamaals ook nie dien nie. Hulle kan nie in Sy teenwoordigheid leef nie en sou voel dat enige ander plek verkiesliker sou wees as die hemel.DGC 189.2

    Om van Christus te leer, beteken om Sy grasie te ontvang, wat Sy karakter is. Maar diegene wat nie die kosbare geleenthede en heilige invloede wat op aarde aan hulle gegee word, waardeer en gebruik nie, is nie geskik om aan die reine toewyding in die hemel ‘n deel te hê nie. Hulle karakters is nie in die Goddelike ewebeeld gevorm nie. Deur hulle eie nalatigheid het hulle ‘n kloof geskep wat met niks oorbrug kan word nie.Tussen hulle en die regverdiges is’n groot kloof gevestig.DGC 190.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents