Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Die Gelykenisse van Christus - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Waarde Van Die Skat

    Die Heiland het gesien dat mense behep was met wins-bejag en dat hulle die ewige werklikhede uit die oog verloor het. Hy het onderneem om hierdie kwaad reg te stel. Hy het getrag om die verdwasende betowering te verbreek wat die siel lamgelê het. Hy het Sy stem verhef en uitgeroep, “Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?” (Matt. 16:26) Hy hou voor die sondige mensdom die edeler wêreld wat hulle uit die oog verloor het, sodat hulle die ewige werklikhede kan aanskou. Hy neem hulle tot by die drumpel van die Oneindige, wat met die onbeskryflike heerlikheid van God gloei, en daar lê Hy die skat aan hulle bloot.DGC 63.6

    Die waarde van hierdie skat is bo goud en silwer. Die rykdom van die aarde se myne kan nie daarmee vergelyk word nie.DGC 64.1

    “Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie
    Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie,
    en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie. Die goud van
    Ofir weeg daar nie teen op nie,
    ook nie kosbare onikssteen en saffier nie.
    Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue
    voorwerpe ruil ‘n mens dit nie.
    Korale en kristal kan nie genoem word nie,
    en die besit van wysheid is meer werd as korale.”
    DGC 64.2

    Job 28:14-18.

    Dit is die skat wat in die Skrifte gevind word. Die Bybel is Gods groot lesboek, Sy groot opvoeder. Die grondslag van alle ware wetenskap word in die Bybel gevind. Elke vertakking van kennis kan gevind word deur die Woord van God te deursoek. En bo alle dinge bevat dit die wetenskap van alle wetenskappe, naamlik die wetenskap van verlossing. Die Bybel is die myn waaruit die onnaspeurlike rykdom van Christus gegrawe word.DGC 64.3

    Mense kry die egte hoër onderwys deur Gods Woord te bestudeer en dit te gehoorsaam. Maar as hulle Gods Woord verwerp en ander boeke lees wat hulle nie na God en na die koninkryk van die hemel lei nie, is die opvoeding wat hulle verkry, die naam nie werd nie.DGC 64.4

    Daar is pragtige waarhede in die natuur. Die aarde, die see en die lug is vol waarheid. Hulle is ons leermeesters. Die natuur verkondig lesse van hemelse wysheid en ewige waarheid. Maar die sondige mens weier om te verstaan. Sonde het sy insig belemmer, en hy kan die natuur nie self vertolk sonder om dit bokant God te stel nie. Diegene wat die Woord van God verwerp kan die regte lesse nie begryp nie. Hulle verdraai die lesse van die natuur in so ‘n mate dat hulle nie meer aan die Skepper dink nie.DGC 64.5

    Daar is vele wat mensewysheid hoër ag as die wysheid van die Goddelike Leermeester, en hulle beskou Gods lesboek as outyds, saai en oninteressant. Maar diegene wat deur die Heilige Gees lewend gemaak is, sien dit nie so nie. Hulle sien die kosbare skat, en sou gewilliglik alles verkoop om die grond te kon koop wat dit bevat. Pleks van boeke wat die veronderstellings van skrywers van aansien bevat, kies hulle die Woord van Hom wat die grootste outeur en leermeester is wat die wêreld ooit geken het, wat Sy lewe vir ons gegee het, dat ons deur Hom die ewige lewe mag he.DGC 64.6

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents