Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Brief B (1 Augustus 1892)

    1 Augustus 1892

    Geagte Broeder en Suster :

    Ek sou julle graag vanoggend wou gesien het om oor baie dinge met julle te gesels; maar dit is nie moontlik nie. Pen en ink sal maar moet volstaan. Ek stel belang in die sending in Afrika, en in elke sendingveld in die wêreld. Hoe bitter het ons Jesus nie nodig as ons raadgewer nie en hoe dankbaar moet ons nie wees dat die Here ons geseën en verhef het sodat ons gemeenskap met Hom kan hê nie.GSA 32.3

    0, hoe bitter nodig het ons die vernuwende invloed van die Heilige Gees; want ons leef in ‘n gevaarlike tyd. Die liefde van God wat in ons harte uitgestort word deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het, sal tot die regte dade lei. Deur die Goddelike natuur deelagtig te word, sal ons werk soos Christus gewerk het. Ek is seker dat ons alles het waarvoor ons dankbaar kan wees. Dit is ons voorreg om die rykdom van die beloftes wat ons ten voile kan ontvang, te geniet. Die Here is gereed om groot dinge te doen vir almal wat glo. Jesus verlang daarna om ons harte met'n gesonde geestelike lewe te verkwik. Jesus wat in die siel woon en al ons vermoëns louter en veredel en ons in die hele waarheid lei, maak van ons ‘n helder lig om in die wêreld te skyn. Laat hierdie lig dus nie flou word nie. Elke oomblik moet ons leef met die oë na Jesus opgehef wat die Leidsman en Voleinder van ons geloof is.GSA 32.4

    Ons voel nie dat dit na die wil van die Gees van God is om planne te beraam vir die oprig van ‘n duur gebou nie, selfs al het ons volop middele gehad om te belê, omrede dat daar gedurig nuwe sendingvelde oopgaan en ons alle voorsorg moet tref dat nie ‘n dollar ter wille van vertoon of ter wille van trots bestee sal word nie. Elke dollar sal nodig wees om die werk in nuwe sendingvelde te open en die vaandel van die waarheid te plant waar hulle in duisternis verkeer...GSA 32.5

    Die vyand sal diegene wat oor middele beskik, in die versoeking bring om vrye teuel aan hoogmoed en ambisie te gee in die oprig van praggeboue. Maar juis die middele wat bestee word ter wille van die bevrediging van ambisie, behoort gebruik te word om ander te help om ‘n begin te maak. Die invloed van ‘n ruim, netjiese, aantreklike gebou, wat sonder enige oordadigheid opgerig word, sal strook met die lewe en sending van Jesus, met die heilige, plegtige waarheid wat ons bely - dat die einde van alle dinge ophande is. Ons krag sal nie skuil in grootse geboue wat teen groot bedrae opgerig word nie. Ons krag sal gevind word in die toewyding en vroomheid van die gelowiges, want as hulle Jesus verteenwoordig, sal hulle'n helder lig vir die wêreld wees. Alles wat ons doen, maak sy indruk op die wêreld as gunstig of ongunstig vir Christus en die waarheid. As ons Jesus wil sien, moet alle wêreldsgesindheid en menslike trots in die stof bly lê.GSA 33.1

    Ek sal die brief nou moet afsluit. Gee asseblief my groete aan julle broers en familie wat ek ontmoet het. Mag die seen van die Here oorvloediglik op julle rus. “Welgeluksalig is elkeen wat die Here vrees, wat in sy weë wandel! Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed.” Brief 29, 1892.GSA 33.2

    ***

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents