Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Teenkanters van die Waarheid (18 Mei 1897)

    Die mans wat onlangs afvallig geword het, beweer dat die Sabbat nie juis belangrik is nie. Dit maak nie veel verskil of ons dit onderhou of nie onderhou nie. Hulle sê hulle verkondig heiligmaking, maar waar kom hul heiligmaking tereg? Hulle begin ontevredenheid saai deur hul foutsoekery Hier is dit waar hulle afgedwaal het, en hier is dit waar baie nog die spoor gaan byster raak. Om te kla oor ons broeders in die bediening, om agterdogtig te wees op die gawes wat die Here aan die kerk gegee het, om altyd iets verkeerds te sien in iets wat gesê of gedaan is, is om die vyand te volg. As iemand hierdie soort opvoeding verlang, sal die Satan hom op meesterlike wyse help. Nadat die kritiseerders alles uitgelap het wat vir hulle verkeerd voorkom, tree hulle in die fabriekswese en begin hulle doeke van valsheid te weef. Hulle misbruik die vertroue wat in hulle gestel word en probeer om die naam te beswadder van juis die mense wat hulle getrouste vriende was. - Brief 126, 1897.GSA 47.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents