Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Aan ‘n Jonger Christen (Oktober 1903)

    Neem jou plek in waar jy jou verstandelike vermoë die voordeligste vir Hom kan gebruik. Maar dit is nie al nie. Jou liggaamlike kragte moet in Sy diens gebruik word. Om sterk te kan word, moet jy jou liggaamlike kragte oefen. Geen jongmens kan gedurig studeer of sitwerk doen en verwag dat sy liggaamlike, verstandelike en sedelike kragte harmonieus sal funksioneer nie. Elke deel van die lewende masjinerie moet gebruik word. Gees en liggaam moet oefening kry.GSA 52.5

    Onthou jou streng aan alle prikkelende voedsel of drank. Jy is die eiendom van God. Jy mag geen liggaamsdeel misbruik nie. Jy moet jou liggaam mooi oppas, sodat die hele mens volmaak kan ontwikkel. Is dit nie ondankbaarheid van jou kant om enigiets te doen wat jou lewenskragte so sal verswak dat jy nie in staat sal wees om Hom behoorlik voor te stel of om die werk te doen wat Hy vir jou uitgesit het nie?GSA 53.1

    Jou tyd behoort aan Hom wat jou teen onberekenbare prys gekoop het. Hy wil hê dat jy jou vermoëns sal gebruik om eer aan Sy Naam te bring. As jy in die verlede nie besef het dat jy nie aan jouself behoort nie en dat jy nie kan maak soos jy wil nie, maar dat jy aan die Here behoort deur sowel jou skepping as verlossing, sal jy nie nou die tyd uitkoop nie? Probeer om ‘n nuttige lewe te lei - ‘n lewe wat verhef en veredel word deur die gedagte dat jy die eiendom van God is. Probeer om jou te verbeter, sodat jy jou Eienaar tot die grootste moontlike nut kan wees. - Brief 236, 1903.GSA 53.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents