Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Brief C (7 Nov. 1892)

    Hanover Road Victoria Park Adelaide, Suid-Australië

    7 Nov. 1892

    Geagte Broeder en Suster :

    ... Sondag het ek broeder se gesin besoek. Sy vrou het eens aan die kerk behoort maar sy het gelees wat leraar Canright oor my geskryf het en het misnoeg geraak en die kerk verlaat. As sy die waaksame sorg van ‘n getroue herder geniet het, sou sy vir die saak van God gered gewees het. Ek het twee uur saam met hierdie broeder en suster deurgebring en met hulle gepraat en saam met hulle gebid. Die hele tyd wat ek gepraat het, was sy in trane. 0, hoe jammer het ek gevoel vir hierdie arme skaap wat afgedwaal het van die kudde en aan haar lot oorgelaat is omdat geen herder se tedere simpatie en liefdevolle sorg gebruik is om haar na die kudde terug te bring nie! Ons enigste hoop is dat die Here in Sy wysheid die twyfel en newels uit die verstand van hierdie suster sal opklaar.GSA 33.3

    Een siel - hoe kosbaar is dit nie, en hoe versigtig moet ons nie te werk gaan met hulle wat gekoop is met die bloed van God se eniggebore Seun nie! Kosbare siele kos te veel om ruhandig mee te werk te gaan. Hulle het behoefte aan tederheid, vriendelike verdraagsaamheid en baie sagte en wyse behandeling. Ek kon nie rus totdat ek gegaan het om die verlore skaap te vind nie, al het ek geen uitnodiging gehad nie. O, hoe bly is ek dat ons Jesus het, wat elke hart ken! Al ons gemeentes het behoefte aan ‘n groot mate van bediening.GSA 34.1

    Ons is bly om te berig dat ons skool sover'n sukses blyk te wees. Ons bid dat die Here op kennelike wyse vir die skool sal intree sodat manne en vroue kan kwalifiseer om as sendelinge uit te gaan en in staat gestel kan word om in die verskillende hoedanighede te dien.GSA 34.2

    Ons voel dat veel skade in baie opsigte in die geskiedenis van die Sewendedag-Adventiste gely is omdat hulle nie ag geslaan het op die ge-tuienisse wat God die afgelope dertig jaar aan hulle gegee het nie. Hierdie getuienisse het met groot sorg aangedui hoe die kinders opgevoed moet word; dat hulle die eiendom van God is en dat hulle die vermoëns en talente wat God aan hulle toevertrou het, wyslik moet verbeter. Dit is die onderwerp wat hulle moet bedink en bespreek - die heidense volke wat in duisternis verkeer en die volke wat die evangelie ontvang het. Elke sending byeenkoms moet vol lewendige belangstelling wees en elkeen wat Jesus liefhet, moet'n gees van ywer na die byeenkoms neem, aangespoor deur die Gees van Christus. Die behoeftes van diegene wat nie die waarheid het nie moet op die naakte siel rus waar ons hulle aan God voordra en sê: “Hier is ek, stuur my.” Maar daar is velde in beskaafde lande wat reeds ryp is vir die oes en wat die waarheid vir hierdie tyd moet kry. Ons moet nie die oë en hart sluit vir behoeftes van die wêreld nie. Die gees van Paulus, die groot apostel vir die heidene, is ontroer toe hy die stad gesien het wat geheel en al aan afgodery oorgegee was. Hoe kom dit dat Jesus oor Jerusalem geween het? Dit was toe Hy nader gekom en die stad gesien het.GSA 34.3

    Daar is werk vir elkeen wat die Naam van Christus aangeneem het. Sal hy dit doen? As ons behoorlik beïndruk wil word met die waarde van siele, moet ons dikwels na Golgota kyk en die sterwende Seun van die oneindige God Sy lewe sien aflê vir ‘n verlore wêreld. Ons moet aanskou en bepeins watter waarde Hy aan die mens geheg het. Ons moet met Sy gees besiel word. Wat ons oë sien, wat ons gedagtes bedink, sal gewis die siel beïnvloed en ‘n praktiese poging om die verlore gaandes te red, in werking stel. So sal die sendingwerk op sy behoorlike grondslag geplaas word.GSA 35.1

    In elke gesin, veral waar daar kinders is, is daar'n behoefte aan grondiger vroomheid, aan die heiligmakende genade van Christus in die huis. Sendingwerk moet meer uit mededeling bestaan as uit ontvangs. Die vraag is: Word huislike pligte buurtsendingwerk - nie verwaarloos nie? Ja. As die liefde en vrese van die Here deur elke huishouding beweeg het, die kinders en jongmense opgevoed is soos dit behoort te wees, die gesprekke van ‘n opvoedkundige aard sodat hulle hul aanspreeklikheid kan gevoel om hul intellek en harte in te span om die werk te doen wat deur God aan hulle opgedra is, sou die kinders met hul ouers saamwerk in die toewyding van hul tyd en talente aan die diens van God. In hierdie soort opvoeding en arbeid sal die uitgawes nie die inkomste oorskry nie. Christelike handeling en groei in persoonlike vroomheid sal simmetries en eweredig wees.GSA 35.2

    Diegene wat die bedrywigste is in die wen van siele vir Jesus Christus met geïnteresseerde getrouheid, word die beste in geestelikheid en toewyding ontwikkel. Juis hul aktiewe arbeid voorsien die middel tot hul geestelikheid. Daar is gevaar dat godsdiens in diepte sal verloor wat dit in breedte wen. Dit hoef nie so te wees indien, pleks van lang preke, diegene wat pas in die waarheid gekom het, wyse opvoeding gegee word nie. Leer hulle deur hulle iets te gee om te doen, in een of ander soort geestelike werk, sodat hulle eerste liefde nie sterf nie, maar in ywer toeneem. Laat hulle voel dat hulle nie gedra moet word en deur die kerk gestut moet word nie; maar dat hulle self gewortel moet wees. Hulle kan in baie hoedanighede, na gelang van hul besondere aanleg, nuttig wees om die kerk te help om nader aan God te kom en op verskillende maniere te help om ‘n invloed op die elemente buite die kerk uit te oefen wat'n middel sal wees om ‘n voordelige uitwerking op die kerk te hê. Die wysheid en voorspoed van die kerk oefen ‘n deurslaggewende invloed op sy aanneemlikheid uit. Die psalmdigter het om welvaart vir die kerk gebid: “Mag God ons genadig wees en ons seen; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! ... Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil.”GSA 35.3

    Ons Verlosser het hele nagte in gebed met Sy Vader deurgebring; en die grondslag van die Christelike kerk en sendingwerk is juis in die element van gebed gelê. Die dissipels was eendragtig op een plek, waar hulle tot die Here gebid het dat Sy Heilige Gees oor hulle uitgestort moet word. Hoewel die Heilige Gees ryklik deur verskillende kanale gegee word, sal Hy wyer uitgestort word namate ons daarna soek. Terwyl ons dus ernstig arbei vir die redding van siele, sal ons gedurig voor die noodsaaklikheid te staan kom om ons opnuut te wend tot die Bron van alle krag; en so sal gemeenskap tussen die siel en God as’n vaste gewoonte ontwikkel. Uit die fontein van die water van die lewe word gedurig deur die geloof geput, en dit raak nooit uitgeput nie.GSA 36.1

    Die werk is progressief - aksie en reaksie. Liefde en toewyding aan God sal die daad by weldadigheid voeg, en weldadigheid sal die geloof en geestelikheid verhoog. O, hoe groot is ons behoefte nie aan hemelse wysheid nie! Wel, is dit ons nie belowe nie? “As iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word. Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos’n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.” O, watter versekering is dit nie! Hoe vol en hoe breed! Laat ons die belofte aanneem net soos dit daar staan. Die Here wil hê ons moet met die voile geloofsversekering na Hom kom, en glo in Sy woord, dat Hy sal maak net soos Hy belowe het.GSA 36.2

    As ons maar net wil besef hoe belangrik dit is om elke individuele lid van die kerk op te voed om iets te doen. Ons moet individueel bewus wees van die plegtige aanspreeklikheid van die Christen om al sy Godgegewe hulpbronne en vermoëns in werking te stel en alles in sy vermoë te doen om die werk te verrig wat die Here van hom verwag. “Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op.”GSA 36.3

    As ons gevoelig van begrip was, sou ons die bestiering van God herken. “Ek het jou besit van die seë gegee, het my evangelie as besitting aan die wêreld gegee sodat sendingskepe na die eilande van die see gestuur kan word.” Ons het meer geloof, meer geheiligde bevoegdheid nodig. Hoë en veredelende motiewe is voor ons oë. Ons kan geen tyd, geen woorde spaar vir polemiek nie. Die tyd wat aan ‘n debatteerdery bestee word, is nodig om gebede in die geloof op te stuur na God vir die neerdaling van die Heilige Gees om die kliphart te onderwerp en te breek, sodat dit ‘n hart van vlees kan word. Daar is ‘n behoefte aan'n geheiligde energie. Die hemelse leërs is op die been en waar is die mens om met God saam te werk?GSA 36.4

    Ons het bekwame generaals nodig om die Here se gelowige kinders in werksgroepe te organiseer. Niks moet as te groot beskou word om deur ons onderneem te word nie as die Leërowerste van die Here net die werk beplan en die veldslag reël en ons voortlei,“verskriklik soos slagordes met vaandels.” Elke beweging sal ‘n oorwinning wees. Ons het Jesus nodig as ons gedurige Leier.GSA 37.1

    Manne en middele is in die veld nodig. Ek dink aan arme Melbourne, omring deur armoede en met behoefte aan ‘n kerk. Namate die werk uitbrei, moet planne gemaak word om die belangstelling gaande te hou, sodat dit nie sal doodgaan nie. Êrens het die Here vir ons middele. Beroepe moet op die rentmeesters van God gedoen word om hulp. Ons het wysheid van Bo nodig om verstandig te bereken en om die verbeteringe wat aangebring moet word, spaarsaam en na verhouding te onderneem. Oral moet selfverloëning beoefen word. Baie van die swak stroompies van weldadigheid wat nou die tuin van die Here natlei en verryk, word met veel inspanning aangebring. Meer, baie meer moet deur individue gedoen word om spaarsaam met hul hulpmiddele te werk te gaan sodat hulle meer vir God kan doen. Ek voel diep oor die beperkte hulpbronne in hierdie land. Ons moet hulp kry om die werk voort te sit. Al wat ons kan doen, is om tot die Here te bid om die harte van mense te beweeg om die werk te doen wat op hulle wag. Botviering en selfsug heers in ‘n groot mate. Mag die bekerende krag van God die harte en karakters verander. - Brief 44, 1892.GSA 37.2

    ***

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents