Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Brief B (2 September 1896)

    Sunnyside, Cooranbong

    2 September 1896

    Liewe Broeder :

    ... Ek sou jou en jou gesin graag wou sien, maar ek glo nie dat ek die voorreg sal hê nie. Mag die Here jou toenemende geloof en moed in Hom gee. Moenie op enige mens staatmaak om jou dinkwerk vir jou te doen nie. Dink, en span elke Godgegewe vermoë in. Verwag dat die Here in en deur jou sal werk. Moenie jou ywer laat verflou nie. Moenie jou identiteit in enige mens s'n laat verdwyn nie. Jy kan veilig een met God wees. Jy kan met jou hele wese by Hom skuil. Wees geen mens se skaduwee nie. “Ons evangelie het tot julle nie gekom in woord alleen nie, maar ook in krag en in die Heilige Gees.” Die woord en die Gees kom ooreen. Die werktuig en die werker werk saam. Die waarheid word uitgebeeld as die swaard van die Gees. Geen lendelam boodskap moet van ons lippe kom nie. “Die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard.” Dit maak die Woord ‘n krag.GSA 58.1

    Moet nie, ek smeek jou, in ‘n gebrek aan geloof verval nie.GSA 58.2

    Staan op en laat jou lig skyn, want die heerlikheid van die Here gaan oor jou op. Glo, glo sonder'n sweem van twyfel dat God jou gebede hoor. As jy swak en onwaardig voel, Hy is jou sterkte. Die Woord is vol oorvloedige beloftes van God aan ons, en die Gees kom ons in ons swakhede te hulp om hierdie beloftes af te smeek. Die Woord toon die weg aan, en die Gees help ons om daarin te wandel. Dit is noodsaaklik dat jy met al jou mag aan die Here vashou. Die woord is die saad van die Gees, en die Gees is die lewendmakende krag. Wees standvastig, en vol geloof en vertroue in God.GSA 58.3

    Die sendingwerk in Suid-Afrika lê my swaar op die hart. Ek hoop waarlik jy sien nie na mense op nie, dat jy nie op mense vertrou nie, maar dat jy na God sal opsien en in God sal vertrou. Ons kan groot dinge verwag, selfs die diepe roeringe van die Gees van God, as ons geloof in Sy beloftes het. Ons grootste sonde is ongeloof in God. Het Hy ons nie getoon hoe kosbaar ons in Sy oë is en watter waarde Hy aan ons siele heg deur ons Jesus te gee nie? Van ons word vereis om ons siele met Jesus Christus te verenig sodat ons geen lendelam, kragtelose belewenis kan hê nie.GSA 58.4

    Staan vas in God, arbei met voile vertroue in God. Daagliks het ons ‘n ware bekering nodig. Verenig jou hart met God deur ‘n geloof wat nie wil laat los nie. Hy is die vriend van sondaars. Jy word uitgenooi om jou swakheid met Sy krag te verenig, jou onkunde met Sy wysheid, jou nietigheid met Sy voortreflikheid, jou kragteloosheid met Sy blywende mag. Sal jy dit doen?GSA 59.1

    Ek smeek jou by die genade van God dat jy geheel en al op Christus leun. Pleks van jou oë na Battle Creek te rig, rig hulle hemelwaarts, en beroep jou op God. Dit is ‘n vreeslike gewoonte wat ons mense aangeleer het om raad by die mens te soek pleks van na die Here te gaan, wat die bron van alle wysheid, genade en bekwaamheid is. Sy kerk is met Hom getroud en sal met Hom in Sy koninkryk deel, ‘n mede-erfgenaam van Jesus Christus. Die mede-erfgenaam het die versekering dat hy bemin sal word soos God Sy Seun liefhet.GSA 59.2

    Streef na die inwoning van die Heilige Gees. Jy moet in jou Godgegewe persoonlikheid voor die hemel staan. Jou hart moet verenig wees met die hart van Christus, jou lewe deurweef met die onsigbare weefsels van Sy lewe. Omdat Hy leef, sal jy ook leef. Jou belange moet verenig wees met die belange van Jesus Christus. Dan sal jy deur die geloof in die krag van God bewaar word.GSA 59.3

    Praat geloof. Saai die saad van die geloof. Lig die hande hemelwaarts om hulp. Bewapen jou met die gees wat in Christus Jesus was. Jy kan veel meer vertroue in God aan die dag lê wat jou Sy eniggebore Seun gegee het om vir jou sonde te sterf, as jy net tot God wil bid en nie soseer tot Battle Creek - na mense wat foute begaan nie. Verenig jou met die Here in ‘n ewigdurende verbond wat nie vergeet sal word nie. Die Here is gewillig en gretig om jou te onderrig. Sal jy toelaat dat Hy jou leer, of moet jou onderrig van Battle Creek af kom? Jy het die voorreg om sterk in die Here te word, of jy kan verkies om jou te verlaat op die gesag van Battle Creek, om sodoende swak en weifelend te word. Sien op na God, en verwag dat Hy jou sal lei, jou sal seen en help. Hy het'n hemel vol ryke seëninge vir elkeen wat in die geloof daarna vra.GSA 59.4

    Wanneer jy terneergedruk voel en in die dieptes afsak, bid.GSA 59.5

    Hou in die gebed vas aan daardie arm wat uitgestrek is na ‘n sinkende Petrus. Dit sal jou moed en lewenskrag gee, en suiwere, onvervalste wysheid. Ons mense behoort te verstaan waar hul krag vandaan kom. Ons versterkings kom van God. In jou swakheid, hou vas aan die perkelose krag, en die mense sal sien dat jy die vaste rots van God se beloftes onder jou voete het. Jy moet jou hart afwend van menslike stutte. As jou hart na Jesus reik in liefdevolle vertroue, sal jy sterk wees. Jy sal sê: Broeders, skep moed in die Here. Maar as die mense sien dat jy aarsel om te waag en verantwoordelikhede te aanvaar, sal hulle dink: Wel, hy is swak en kan ons nie raad gee nie.GSA 59.6

    Wees sterk en praat hoopvol. Baan jou weg deur struikelblokke. Nader jou Heiland met die voile versekering van die geloof, en sluit jou hande in Syne. Volg God waar Hy lei. Wat Hy ook al vir jou sê, doen dit. Hy sal jou net so gewilliglik leer as wat Hy iemand anders vir jou sal onderrig.GSA 60.1

    My broeder, jou Christelike ondervinding is te weifelend, te besluiteloos. Verander hierdie houding. Beklee jou met die Here Jesus Christus. Praat soos een wat weet waarvan hy praat, en jy sal ‘n getuienis hê soos die van Kaleb. Ons sal in staat wees om op te gaan en die goeie land in besit te neem. Hou vas aan Jesus, en rig jou gebede tot Hom, en nie na Battle Creek nie. - Brief 92, 1896. GSA 60.2

    ***

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents