Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Wonderwerke in die Laaste Botsing (1 Maart 1904)

    Dit is onmoontlik om ‘n idee te gee van wat die volk van God sal beleef wat op die aarde sal lewe wanneer die wee van die verlede en die hemelse heerlikheid in mekaar sal vloei. Hulle sal wandel in die lig wat van die troon van God straal. Deur middel van die engele sal daar gedurige verbinding tussen hemel en aarde wees. En die Satan, omring deur bose engele en wat beweer dat hy God is, sal allerhande soorte wonderwerke verrig om, indien moontlik, selfs die uitverkorenes te mislei. Die kinders van God sal nie hul veiligheid in die verrigting van wonderwerke vind nie; want die Satan sal enige wonderwerk wat moontlik verrig kan word, naboots. God se beproefde kinders sal hul krag vind in die teken waarvan in Exodus 31:12-18 gepraat word. Hulle moet hul standpunt inneem op grond van die lewende woord: “Daar is geskrywe.” Dit is al fondament waarop hulle veilig kan staan. Diegene wat hulle verbond met God verbreek het, sal in daardie dag sonder hoop en sonder God in die wêreld wees.GSA 53.3

    Die aanbidders van God sal veral onderskei word deur hul agting vir die vierde gebod - omdat dit die teken van Sy skeppingsmag is en die getuienis van Sy aanspraak op die mens se aanbidding en eerbied. Die goddeloses sal gekenmerk word deur hul pogings om die Skepper se gedankdag te vernietig en die instelling van Rome te verhef. Op hierdie geskilpunt sal die hele Christendom in twee groot klasse verdeel wees die wat die gebooie van God onderhou en die geloof van Jesus het, en diegene wat die dier en sy beeld aanbid en sy teken ontvang. Hoewel kerk en staat hulle sal verenig om te sorg dat “almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe” (Openbaring 13:16) die merk van die dier ontvang, sal die kinders van God dit tog nie ontvang nie. Die profeet van Patmos het “die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam,... by die see van glas sien staan, met siters van God” (Openbaring 15:2), terwyl hulle die lied van Moses en die Lam sing.GSA 53.4

    Verskriklike beproewinge wag op die kinders van God. Die gees van oorlog sweep die nasies van die een end van die aarde na die ander op. Maar te midde van die tyd van benoudheid wat aan kom is - ‘n tyd van benoudheid soos daar nog nie was vandat daar’ n nasie was nie - sal God se uitverkorenes onwrikbaar staan. Die Satan en sy engele kan hulle nie vernietig nie; want engele van uitnemende krag sal hulle beskerm. - Brief 119, 1904. (In Selected Messages, Deel 2, bl. 54, 55) .GSA 54.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents