Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Mediese Sendingwerk (11 November 1899)

    Daar was ‘n tyd in Amerika toe die saak van die Here ernstige behoefte gehad het aan hulp vir arbeid in nuwe velde. Die werk het met allerhande moeilikhede en teenspoed te kampe gehad. Waar dit ook al ontvang is, het die waarheid ‘n seën met hom meegebring. Die waarheid het die gesonkene opgehef, die kwaaddoener hervorm, die onkundige opgevoed, die treurende getroos, die tirannie van slawerny teë gehou en diegene bevry wat gebonde was. Dit het op verskeie gebiede hervormings teweeggebring. Die waarheid het, waar hy aangebied is soos in Jesus, vir hom ‘n plek verseker in die vertroue van die wêreld, en dit moes vooruitgegaan en die een oorwinning na die ander behaal het.GSA 48.3

    Die teenwoordige waarheid het'n tydlank welslae gehad deur mense te beweeg om die Skrif te ondersoek. Dit het die aandag van mense getrek wat wetenskaplik ondersoek ingestel en die waarheid op alle gebiede nagevors het. Fisiese hervormings, intellektuele en sedelike voortreflikheid is aangebied, bestraal met Goddelike lig.GSA 49.1

    Waar die lig van die waarheid ook al deurgedring het en siele tot die waarheid bekeer is, is dieselfde resultate waargeneem. Hierdie resultate sal volg waar die waarheid nuwe gebiede binnegedra word...GSA 49.2

    In al hierdie gebiede moet die mediese sendingwerk met die evangeliebediening verbind word. In nuwe gedeeltes in die wingerd van die Here, die vreemde lande waar vooroordeel sterk is en die mense se gewoontes ingewortel is, kan die waarheid nie uit die staanspoor in al sy besliste aspekte aangebied word nie. Die mediese sendingwerk moet die weg voorberei sodat die waarheid ingang kan vind. Dan moet die Bybelwaarheid deur oordeelkundige manne aangebied word, manne wat toegerus is om die werk te doen omdat hulle self deur die Heilige Gees bearbei word. Dan sal hervormings beleef word. Die werking van die waarheid sal geopenbaar word in die opheffing van die gesonkene, die weerhouding van tirannie, die bevryding van die boeie van die mens en die hervorming van openbare administrasie.GSA 49.3

    As die werk in Afrika behoorlik uitgevoer was, sou die huidige oorlog nie gewees het soos dit tans is nie. Die aanbieding van die Bybelwaarheid vergesel van die mediese sendingwerk, sou guns gevind het in die oë van die mense wat, as hulle behoorlik behandel word, nie verraderlik en wreed is nie. Die waarheid wat deur hulle aangeneem is, sou meer daadwerklike veranderinge teweeggebring het as wat aan die dag gelê is in ‘n sogenaamde Christenvolk aan wie die evangelie verkondig is. — MS 178, 1899.GSA 49.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents