Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Vier Briewe aan ‘n Vooraanstaande Sendingwerker in Afrika

    Brief A (Julie 1892)

    North Fitzroy. Victoria

    Julie 1892

    Geagte Broeder:

    ... Daar is lesse wat elke kind moet leer in verband met onwrikbare vertroue en onvoorwaardelike gehoorsaamheid. Jesus het Sy lewe vir ons gegee, sodat ons nie verlore hoef te gaan nie, maar in Hom kan glo en die ewige lewe kan hê. En sal ons God vir een oomblik wantrou wanneer Hy ons so baie bewyse van Sy liefde gegee het? Nee, nee; my siel roep uit na die lewende water sodat ek ander kan verkwik...GSA 55.1

    As’n volk moet ons selfverloëning en spaarsaamheid beoefen.GSA 55.2

    Elke siel moet ‘n offerverbond met God maak. Ons moenie geld op ekstra duur klere en weelderige huisraad uitgee nie. Ons is pelgrims en vreemdelinge op soek na ‘n beter land -'n hemelse. Die tyd is kort, en elke dollar wat nie noodsaaklik is om gebruik te word om in positiewe behoeftes te voorsien nie, moet as’n dankoffer aan God gebring word. Dit behoort aan die Here, en die Here het aan my getoon dat huise van aanbidding en skoolgeboue deur hierdie land en op die eilande van die see opgerig moet word; ons leiers nie ter wille van vertoon moet bou of om uiting aan ambisie en trots te gee nie. As die Here hulle bo hul broeders in ander lande begunstig het, laat hulle diegene wat hulp dringend nodig het om ‘n staanplek te kan hê, met ware vrygewigheid bystaan, sodat kara-kter aan die werk gegee kan word.GSA 55.3

    Die Here is geen aansiener van persone of plekke nie. Die werk is een groot geheel. Die wêreld is ons akker en ek het sterk beroepe op ons broeders in Amerika gedoen om hul behoeftes in te perk en om alles in ‘n eenvoudige, ingetoë en gerieflike styl in te rig wat pas by ons geloof.GSA 55.4

    Met die oog op die feit dat die Here oorvloedige middele in die hande van Sy diensknegte gesit het om nie verkwistend gebruik te word nie, maar verstandig, nie uitspattig nie maar spaarsaam, na die behoefte van die geval, behoort daar nie ‘n tekort aan middele in die skatkis te wees nie, maar'n ruim voorraad om te voorsien in die behoeftes vir ons tyd, om die banier van die waarheid in baie donker plekke van die aarde te plant. Maar die seëninge waarmee die Here Sy rentmeesters bedeel het, word, op weinige uitsonderinge na, misbruik en in selfsugtige ondernemings belê waar die Here nie lei nie. Elke dollar moet versigtig omgedraai word, sodat dit nie bestee word om onsself te behaag of om ons hoogmoed in duur geboue te streel nie, maar dat dit sal dien om Sy koninkryk op aarde te vestig ooreenkomstig die gebed van Christus: “Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.” Laat die werke pas by die gebed, want die mense is die mediums deur wie die Goddelike kragte werk. “Ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.” Die werk van die Here roep oral om werkers. Soos God mildelik gee, moet ons berekenend, biddend besluit dat ons God met ons middele sal vereer, en met die eerstelinge van ons oes.GSA 55.5

    Alles behoort aan God en al die goeie wat die mens geniet, is die vrug van Goddelike weldadigheid. Hy is die groot en mildelike Gewer. God lê Sy hand op alle besittings en sê: “Ek is die regmatige eienaar van al hierdie dinge.” O, dat die harte van die kinders van God maar net ontroer kon word! Elke mens aan wie die Here goedere toevertrou het, sal deur die vyand in die versoeking gebring word om dit van sy regmatige doel te weerhou. Die Satan sal trag om die middele elders te bestee sodat dit nie die saak van God kan dien nie...GSA 56.1

    Siele smag na die brood van die lewe, na die waters van verlossing. Daar is nie nou tyd om grootdoenerig te bou nie. Laat alles geskied met die enkele doel om God te verheerlik. Ons moet die kruis van Golgota aan al die volke, nasies en tale voorhou; maar pleks van dit te doen, steek baie die talente van hul vermoë onder die maatemmer weg, en die middele wat gebruik moet word om die werk voort te sit, word in die wêreld begrawe.GSA 56.2

    Lig die kruis hoër op, sodat baie dit kan sien en leef. Christus het vir die wêreld gesterf, en Sy bevel is: “Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.” Die Here sal ons nie so’ n opdrag gee sonder om voldoende middele vir die taak tot ons beskikking te stel nie. Sal die mense hulle as getroue rentmeesters kwyt en die middele van God bestee waar dit gebruik moet word? Sal siele wat verhonger is na die brood van die lewe die hemelse manna ontsê word? Wie sal opoffer om Christus wil? Sal die kerk wat beweer dat hy die waarheid glo, die met bloed gekoopte kerk, hierdie taak onderneem?GSA 56.3

    As jy bekend is met die genade van onse Here Jesus Christus, as Sy liefde jou hart kan ontroer en Sy heerlikheid vir jou kosbaar is, wees dan getrou aan wat aan jou toevertrou is. Verenig jou invloed met dié van die hemelse kragte, en wy jou Godgegewe energieë, jou toevertroude talente aan die werk van sieleredding. Jou talente sal toeneem soos jy siele vir Christus wen. Paulus kan plant en Apollos natmaak, maar God gee die wasdom. God vra die samewerking van ‘n toegewyde kerk. Hul samewerking met Hom sal toon dat hulle waarlik glo wat hulle verkondig. Laat die kinders van God hulle geloof deur hul dade bewys. Elkeen het'n plig voor God om alles moontlik te doen om siele vir Christus te wen. God vra om die toewyding van siel, liggaam en gees aan die werk.GSA 57.1

    Tensy die waarheid die siel heilig, tensy dit tot nederigheid en sagmoedigheid lei, tot selfverloëning en selfoorgawe, sal die vyand aan invloed toeneem. Laat die arbeid strook met die heilige waarheid wat sy oorsprong in die hemel het. Die Heilige Gees sal gegee word en die kerk sal konsekwent wees en sal die opdrag vervul: “Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jou sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.” Hulle sal nie vir hulleself lewe nie, maar vir Christus wat vir hulle gesterf en weer opgestaan het, en wat leef om vir die heiliges in te tree.GSA 57.2

    In God kan ons kloekmoedig wees, want die Here sal die hart deur Sy Heilige Gees besiel en daagliks by die geloof voeg die wat gered word. Hoe brand my hart om ons broeders in Amerika te beweeg om na Jesus op te sien, om Sy lewe en karakter te bestudeer en om belangeloosheid, selfverloëning en toewyding aan die diens van Christus aan die dag te lê, waardeur hulle'n invloed ten goede in die wêreld kan word.GSA 57.3

    Broeder__, sê vir almal wat in Afrika arbei, hulle moet karakters hê wat uitgeken sal kan word as soos dié van Christus. Eiendom sal ons nie van ‘n karakter voorsien nie; maar eenheid met Christus sal elke stap wat ons doen met rente beloon, krag aan al ons handelinge gee en ons in voeling bring met Christus se volmaaktheid. - Brief 23c, 1892.GSA 57.4

    ***

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents