Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Mens se Verhouding tot Sy Medemens (20 Junie 1903)

    In die bestel van die Here is die mens vir mekaar nodig gemaak. As almal hul bes wil doen om diegene te help wat hul hulp, hul onselfsugtige simpatie en liefde nodig het, watter salige werk sou nie verrig kon word nie. God het aan elkeen talente toevertrou. Hierdie talente moet ons gebruik om mekaar te help om die enge paadjie te bewandel. In hierdie werk is elkeen aan die ander verbonde, en almal is met Christus verenig. Dit is deur onselfsugtige diens dat ons ons talente verbeter en vergroot.GSA 50.3

    Die lede van die kerk van God op aarde is soos die verskillende dele van ‘n masjien, almal nou aan mekaar verbonde en almal nou aan een groot middelpunt verbonde en afhanklik daarvan.GSA 51.1

    Daar moet eenheid in verskeidenheid wees. Geen lid van die Here se onderneming kan onafhanklik, afsonderlik van die ander, met welslae funksioneer nie.GSA 51.2

    Daar is baie wat nie'n helder, duidelike begrip het van die verhouding van die mens tot sy medemens in die werk van die Here nie. Die lede van Gods kerk staan in noue verband met mekaar. Almal moet die vermoëns wat aan hulle toevertrou is, in Sy diens gebruik, sodat elkeen tot vervolmaking van die geheel kan dien. Almal moet onder die toesig van God werk. Deur Christus se wonderbare vereniging van die Godheid met die mensheid het ons die versekering dat ons selfs in hierdie wêreld deelgenote van die Goddelike natuur kan word, nadat ons die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.GSA 51.3

    Dit is in God se beskikking dat elke gelowige'n hulp moet wees vir diegene wat nog nie deelgenote van die Goddelike natuur geword het nie. Christus het onderneem om saam te werk met diegene aan wie Hy talente toevertrou het. Hy het Hom beskikbaar gestel om ons op te lei om Sy medewerkers te wees. Hy sal ons help om Sy voorbeeld te volg, deur goed te doen en te weier om kwaad te doen.GSA 51.4

    Ons moet gewyde kanale wees waardeur die liefde van Christus vloei na diegene wat hulp nodig het. Elke ware werker is met hemelse instrumentaliteite verbind. Aangaande die engele word gesê: “Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?” Christus stuur Sy lig aan diegene wat die vensters van die siel na die hemel oophou. Onder die invloed van die Heilige Gees doen hulle die werk van God. Hy wat die naaste aan gehoorsaamheid aan die wet van God kom, sal die nuttigste vir God wees. Hy wat Christus navolg en na Sy goedheid, Sy barmhartigheid en Sy liefde vir die mensdom reik, sal deur God as ‘n medewerker aanvaar word. So ‘n mens sal nie tevrede wees om geestelik onder op die vlaktes te bly nie. Hy sal gedurig hoër en hoër reik. - Brief 115, 1903 (Gebruik in Our High Calling, bl. 182.)GSA 51.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents