Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Uittreksels uit brief aan ‘n verteenwoordiger van die Wêreldkonferensie op besoek aan Afrika

    Dit is ‘n ernstige, plegtige saak om sendelinge vir die buiteland uit te soek. Die manne wat God vir hierdie werk sal aanneem, moet so suiwer soos staal aan beginsels wees. Hulle moet manne wees wat van die eie ek geledig is, manne wat toon dat hulle die juk van Christus dra en Sy sagmoedigheid en nederigheid van hart het.GSA 89.1

    Die heel beste talente word vereis in velde soos Afrika en Australië. Ons moet in en deur Christus arbei en in sommige plekke met die vergunning van korrupte kerke, hoewel ons nie hul aansprake kan eerbiedig waar die kerk deur die staat beheer word nie.GSA 89.2

    Ons moet wysheid aan die dag lê om die waarheid bekend te maak; ons spraak moet beheers wees, anders versper ons ons toegang tot diegene wat hulp nodig het. Die wysheid van die engele moet aan die mens as werktuig meegedeel word, anders sal die deur gesluit word vir die boodskap wat die mense nodig het. “Wees dan versigtig soos die slange en opreg soos die duiwe.”...GSA 89.3

    Die Woord van God moet sowel uitgeleef as gepredik word.GSA 89.4

    Dit moet in elke fase van die Christen se werk wat in hierdie wêreld verrig word, ingevoer word. Die manne wat God aangestel het om Sy werk te doen, moet van die self geledig wees. Laat Jesus binne. Maak die deur van die hart oop vir die hemelse Gas. Laat daar na geen mens opgesien word asof hy God is nie. Wanneer diegene wat na aan God in diens kom, toegewy, gereinig en geheilig word, en steeds nader en nader aan die goedheid van God kom, kan hulle uiting gee aan die opdrag van God, en sal hulle gerespekteer word.’”GSA 89.5

    God beoog dat mense altyd na omhoog gelok sal word deur die kragtige morele aantreklikheid van die dinge wat van bo is. As die werkers in Afrika dit onthou het, sou hulle'n groot taak verrig het deur hul godvresende, onselfsugtige houding. Mense in Afrika sou besiel gewees het om hul liggaamlike en verstandelike vermoëns vir God te gebruik. Die werk sou onder die Nederlandse en ander tale gevorder het. Publikasies wat die waarheid bevat, sou oral versprei gewees het. Leraars en regeerders sou tot die waarheid bekeer gewees het ... Diegene wat in die Suid-Afrikaanse veld werk, moet die aard van die toestand besef. Hul verbintenis met hul broeders in Afrika*Ellen White praat hier van die verhouding tussen die vroeë sendelinge wat uit Amerika gestuur is en die Engelsen Hollandssprekende volke wat in Suid-Afrika woon.A. L. White. is wedersyds.GSA 89.6

    Daar is talentvolle manne in Afrika, en as die werkers uit Amerika wis hoe ... om hierdie vermoë en talent wat deur hul broeders in Afrika besit word, te herken, sou veel meer goeds uitgerig gewees het. Diegene wat God liefhet en Sy woord gehoorsaam, moet eendragtig saamgevoeg word. Hulle moet saamwerk en hul talente op verskillende wyses gebruik.GSA 90.1

    Diegene in Afrika wat bekwaam is, moes met hul Amerikaanse broeders verenig gewees het. As die broeders en susters van Amerika met die gelowiges in Afrika saamgesluit het, sou vreugdeliedere onder die engele in die hemel gehoor gewees het wat die menseverhouding as ‘n eenheid met God herken het. As die gordyn maar net opsygeskuif kon geword het, sou ons gesien het hoe engele in die hemel hulle gereed maak om met die mense saam te werk vir die bevordering van die werk. - Brief 187, 1899.GSA 90.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents