Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Briewe van Raadgewing aan ‘n Sendeling in Afrika

    Brief A (9 November 1899)

    Maitland, N.S.W.

    9 November 1899

    Geagte Broeder

    ... Elke inrigting wat ons oprig, elke sanatorium en uitgewery en kerk, moet die inskrywing dra:“Aan Hom wat ons liefgehad het en vir ons gesterf het, wy ons hierdie gebou, wie se fondament en mure in Sy kosbare Naam gelê is.” Alles wat gedoen word in die meubilering van hierdie geboue moet met spaarsaamheid voor oë gedoen word. Smaakvolle, gepaste geboue moet opgerig word om karakter aan die werk te verleen, maar daar moet geen onnodige besteding van middele wees nie. Dit is die wil van God dat die werk van die bediening as heilig beskou moet word. Dit moet geensins te kort gedoen word nie.GSA 69.1

    Dit is God se beskikking om deur Sy werktuie te handel, Sy verkose erdekruike, en dit is ‘n eer vir die mens as Hy hulle as Sy boodskappers aanstel. Die verkondiging van die Woord, die aanbieding van Christus wat as die wêreld se Verlosser gekruisig is, dra die hemelse geloofsbriewe, en bewys van sy heilige aard blyk uit die bekering van siele. Dit is nie die groot geboue wat ter wille van vertoon opgerig word wat karakter aan die werk verleen nie, maar die wen van siele vir Christus. Dit plaas die seël op die onderwyser as ‘n lewende orakel, as Christus se apostel. Dit sal toon dat die werk wat ons verrig, van God is. “Aan hulle vrugte,” sê Christus, “sal julle hulle ken.”GSA 69.2

    Aan my broeders in wil ek sê dat dié wysheid en skerpe insig nie gebruik is in die hantering van die -gesin wat daar moes gewees het nie ... Dit is waar dat hulle nie sonder foute was nie, maar ander wat veel groter lig ontvang het, het getoon dat hulle ook foute maak. Het jy hierdie broeders aangemoedig en wyse, oordeelkundige hulp gegee, of het jy elke deur toegemaak waardeur hulle gehelp kon geword het om medewerkers van God te word? Het jy toegelaat dat hulle maar in enige rigting wegdryf? ... Het jy hulle nie van hul invloed beroof sodat hulle geen deel of lot meer met jou kan hê nie? Veel meer kon gedoen gewees het as wat die geval was om hulle aan die werk te verbind ... Arbeidsrigtings kon aangevoer gewees het wat die jongmanne van die gesin sou geroep het om in die saak van God te deel. Dan sou hulle nie weggedwaal het die wêreld in nie...GSA 69.3

    Daar is behoefte aan ‘n voorwaartse beweging aan die kant van diegene wat hulle Gods volk noem. Ons moet nader kom aan God en kyk of daar nie jaloesie en agterdog is wat die Heiland weghou nie. Selfsug en selfgenoegsaamheid sluit die deur van die hart vir Jesus en sê: “Ek wil nie U weg hê nie, maar myne.” Verootmoedig julleself onder die hand van God, en Hy sal julle ophef. Jul eenvoudige, opregte belydenisse van hardvogtigheid, wêreldsgesindheid, grootdoenerigheid en plesiersug sal deur God verhoor word, en hierdie sondes sal gesien word soos hulle vir'n heilige God voorkom. Die eenvoudige geloofsgebed is musiek in die ore van die Here. Maar'n mens kan nie geloof hê tensy jy geloof praat en geloof uitleef nie. Dan kan jy groot dinge verwag. Die Heilige Gees sal oor jou kom en jou bekeer, siel, liggaam en gees, en jy sal aan almal om jou toon dat jou oë hemelwaarts gerig is. Jy sal tot heilige handeling aangespoor word. Dit is noodsaaklik om die hand in eie boesem te steek en om God te soek. God sal die kliphart uit die vlees neem en jou ‘n sagte hart gee, waarop Hy ‘n indruk kan maak, Mag die Here ons help en onderrig en rig deur Sy Gees, sodat ons in lewe en karakter na die Goddelike patroon gevorm kan word.GSA 70.1

    Ek rig my tot elke kerklid. Maak die deur van die hart oop en laat Christus toe in die siel. Ek spreek elke werker toe: Beklee julle met Christus. Hierin sal jul grootste sege lê. Elke leraar, elke werker op elke gebied het nodig om hom met Christus te beklee en om die gesindheid te hê wat in Christus was. Te weinig diepe insig in die situasie en die ware behoeftes van die Here se met bloed gekoopte erfenis word aan die dag gelê. Siele het te veel gekos om deur ons sorgeloos en onverskillig bejeën te word.GSA 70.2

    Dit is ‘n jammerlike feit dat nie al die mans wat van Amerika af as werkers uitgekom het, ‘n hulp en seën in Suid-Afrika was nie. Hulle het nie in voeling met God geleef nie. Dit het SuidAfrika duur te staan gekom. Daar is diegene wat nie wysheid aan die dag gelê het in hul behandeling van mense nie, wat te onverskillig was om ‘n hand van innige simpatie en opregte, intelligente liefde uit te reik aan diegene wat die Satan vir sy diens probeer inpalm het. Omstandighede bring elke mens, wat ook al sy posisie, voor'n praktiese toets te staan; en dit is die werklike resultate van hierdie toets wat aan die wêreld vir ondersoek voorgehou word. “Aan hulle vrugte,” het Chrisrus gesê, “sal julle hulle ken.”GSA 70.3

    Meningsverskille sal daar altyd wees, want elke gemoed is nie ingestel om in dieselfde baan te loop nie. Oorgeërfde en aangekweekte neiginge moet dopgehou word, sodat hulle nie twispunte oor nietighede veroorsaak nie. Die werkers van Christus moet saamstaan in tere simpatie en liefde. Laat niemand hom verbeel dat dit ‘n deug is om op sy eie sienswyses aan te dring en dat hy al een is aan wie die Here insig en intuïsie gegee het nie. Die Christelike liefde dek'n menigte van wat'n mens as’n gebrek in ‘n ander mag beskou. Daar is behoefte aan veel liefde en veel minder kritiek. Wanneer die Heilige Gees kennelik in die harte van leraars en helpers werk, sal hulle die tederheid en liefde van Christus aan die dag lê.GSA 71.1

    Baie dinge wat in verband met uiterlike vorme staan, word nie in die Skrifte omskryf nie, maar word onbeslis gelaat; en dikwels is te sterk in hierdie sake aangedring op persoonlike voorkeure. Wanneer elke item nie ooreenkom met die gebruik van iemand anders in die groep gelowiges nie, moenie toelaat dat ‘n klein verskilletjie in onmin ontaard en tweedrag veroorsaak nie. Die metodes en maatreëls waarmee ons sekere doeleindes bereik, is nie altyd presies eenders nie. Redelikheid en oordeelkunde word van ons vereis om te weet hoe ons te werk moet gaan. Ondervinding sal ons leer wat die geskikste metode is om in die omstandighede te volg. Laat daar nie twis oor kleinighede ontstaan nie. Die gees van liefde en die genade van onse Here Jesus Christus sal hart aan hart verbind as elkeen die vensters van die hart na die hemel net wil oopmaak en dié na die aarde toemaak.GSA 71.2

    Die sondes wat in die Woord van God uiteengesit word, moet nie in die lewe toegelaat word asof dit nie saak maak nie. As ons getrou wil wandel in die lig van Gods Woord en wil, moet ons vasberade wees dat ons God nie oneer sal aandoen met ‘n losse, ongedissiplineerde gedragswyse nie. Dit is dikwels die geval dat die klimaat en gewoontes van ‘n land maak dat dinge veroorloof word wat nie in'n ander land geduld sal word nie. Veranderinge ten goede moet aangebring word, maar dit is nie verstandig om dit summier te doen nie. Die waarheid wat in die hart ontvang word, heilig die ontvanger. Die krag van die genade van God sal meer vir die siel uitrig as al die polemiek van ‘n leeftyd. Hoeveel dinge sal nie deur die krag van die waarheid reggestel kan word terwyl strydpunte wat al horingoud is, berusting sal vind in die erkenning van beter weë nie. Die grootste beginsel: “Vrede op aarde en in die mense ‘n welbehae,” sal veel doeltreffender uitgeleef word as diegene wat in Christus glo, medewerkers van God is. Dan sal al die beuselagtighede waarmee party hulle al ewig besig hou, waaroor die Woord nie duidelik uitsluitsel gee nie, nie tot belangrike sake opgeblaas word nie.GSA 71.3

    Die groot behoefte in Suid-Afrika, godsdienstig gesproke, is ‘n duideliker besef van die teenwoordigheid van God in elke sen-dingaspek en in elke onderneming. Die reinheid en heiligheid van God is die groot onderwerp wat die sinne moet opwek tot die noodsaaklikheid vir ware bekering. Terwyl daar enersyds gevaar skuil in ‘n enge lewensuitkyk en ‘n harde, kille ortodokse gesag, skuil daar andersyds groot gevaar in ‘n sorgvrye, onreine liberalisme. Die groot tema wat altyd aan die mense moet voorgehou word, is die inwoning en samewerking van die Godheid, wat deur Christus uitgedruk is in die woorde: “Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.”GSA 72.1

    “Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg; sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.”GSA 72.2

    “Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders; en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as ‘n gawe en offer aan God tot ‘n lieflike geur. Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam; ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.”GSA 72.3

    Laat hierdie hele hoofstuk [Efesiërs 5] bestudeer word deur diegene wat beweer dat hulle die waarheid vir hierdie tyd glo. Open die hart vir die genade van Christus. Hoewel ons foute betreur en afkeur, laat ons die kosbare lesse wat die Here Jesus ons gegee het, ontvang. God vereis dat elke hart gevul word met skoon, rein, geheiligde Christelike liefde. Die liefde van Christus moet nie uit ons mensheid verloor word nie. Ons is medewerkers van God. Julle is Gods akker, die gebou van God is julle. Christus verklaar: “Sonder My kan julle niks doen nie.” Maak dan die deur van die hart oop en laat Jesus binne. Hy is die groot werker asook die wetgewer.GSA 72.4

    Die lede van ons gemeentes sal moet wakker word tot die besef dat hulle niks van die eie ek moet hê nie en alles van Jesus. Ons moet met die Here Jesus saamwerk. Die siel moet wakker gemaak word om met elke versugting uit te roep tot die lewende God. Laat jou vol, worstelende gemoed breek van verlange na die inwoning van die Heilige Gees. Laat elkeen wat in sy lewe'n belewenis in Christus gehad het, ernstige geloof in God as die ware werker aan die dag lê. Toon dat jy besef dat jy maar net ‘n kanaal is, waardeur God werk. Waardeer die feit dat God ons doelmatigheid is. Ons dink nie daaraan nie, en daarom gee ons veel prys in ons godsdienstige belewenis. Ons arbei self, pleks van deur die krag van die Heilige Gees ingespan te word. Ons vergeet om te besef dat ons maar net werktuie is.GSA 73.1

    Ons moet Christus bepeins. Ons moet ons Godgegewe taak in ons onderskeie poste uitvoer, en deur ons voorbeeld die lewenskragte van die kerk aanspoor tot ywerige samewerking met die hemelse wesens; want dit is God wat in ons werk om te wil en om Sy welbehae te doen. Die Here sal Sy Naam gestand doen as ons die weg daarvoor sal open deur ons sondes te bely en elke struikelblok te verwyder uit die pad van die wat Christene sou wees as dit nie vir die gebrekkige handelwyse was van diegene wat hulleself volgelinge van Christus noem nie.GSA 73.2

    Ons begaan gedurig die fout om aan die mens toe te dig wat na regte aan God toegeskryf moet word. Dit is een groot rede waarom die Here nie Sy Naam kan verheerlik soos Hy verlang om te doen nie. As Hy sou, sou die mens selfvoldaan word en homself verhef. Die mense sal aan hulself en aan hul menslike vermoëns die eer toedig wat aan God alleen gegee moet word. Ons moet nederig met God wandel. As onderwysers moet ons baie versigtig wees dat ons reg loop, sodat die lamme nie die pad byster raak nie. In samewerking met die Goddelike kragte sal ons die hoop en versekering van sukses hê, maar nie'n jota van die heerlikheid moet aan die mens toegedig word nie. Die mens moet, nadat hy deur die geloof - ‘n lewende, onvermoeide, volhardende geloof - die samewerking van ‘n almagtige wese verkry het, nie die fout maak -... nou die rede waarom daar so’ n kragteloosheid in die gemeentes heers - dat dit hul goedheid en hul verdienstelikheid is wat hierdie groot taak verrig het nie. As hierdie gevoel gekoester word, tree selfverheffing in en doen dit God oneer aan. Die eie ek eien vir homself die heerlikheid toe wat God toekom. As God se menslike werktuie moet ons met onvermoeide ywer arbei en elke geestelike senu en spier inspan om’ n krag beet te gryp wat buite en bo onsself is. Alleen so kan ons die werk voltooi. Die Here Jesus is langs ons, gereed om die hand vas te vat wat uitgestrek word na Hom wat almagtig is. Wanneer ons verwagtinge vervul is, word die eie ek met Christus in God verborge en word alle heerlikheid gegee aan die Leidsman van ons verlossing, wat ons met vreugdeolie gesalf het deur Sy Goddelike alvermoëndheid. Dan gaan ons uit en arbei soos besielde medearbeiders van God.GSA 73.3

    Daar sal altyd voorwaardes in Gods werk wees. Elke mens word geroep om hom onvoorwaardelik aan God te wy, siel, liggaam en gees. Te midde van selfverloëning en beproewinge, ontmoediging en lyding, met die toewyding van ‘n martelaar en die moed van ‘n held, moet hy vashou aan die hand wat nooit laat los nie, en sê: Ek sal nie faal of moed verloor nie. ...GSA 74.1

    Dit maak my hartseer as ek dink wat kon gewees het as diegene wat die sendingveld betree, nederige, toegewyde werkers was.GSA 74.2

    Diegene wat enige gedeelte van die Here se uitgestrekte wingerd betree, moet besef dat hul veronderstelde verkreë bekwaamhede hulle nie sukses in hul werk sal gee nie. ‘n Te groot erkenning van die eie ek sal’ n mens op die punt bring waar hy eensaam sal wees, verskriklik eensaam, sonder die samewerking van sy broeders, en sonder die samewerking van hemelse wesens. Party van die werkers... (uit Amerika) was struikelblokke en tot geen hulp nie. Die dag van die Here sal die resultate van hul werk aan die lig bring. Hulle het verwarring gesaai omdat hulle nie bekeer was nie. Die eie ek was aan die werk sonder die krag van die reine, ware mag. As hierdie werkers geheilig was, gelouter en gereinig van alle selfsug en meerderwaardigheidsgevoelens, as hulle'n opregte belewenis gehad het in die dinge van God, as hulle invloed en voorbeeld reg was, sou Afrika nie gewees het wat hy vandag is nie. Die grootse, verreikende invloed van die waarheid sou ander gebiede betrek het...GSA 74.3

    As daar in Afrika toegewyde werkers was wat hul weg na onbearbeide gebiede gebaan het, met die voile samewerking van die manne wat die verantwoordelikhede dra, sou die invloed van hierdie werk groot getalle by die Here se koninkryk gevoeg het. Maar dieselfde fout is in Afrika begaan as wat in Battle Creek begaan is -'n sentrum is op een plek opgerig teen ‘n groot kapitaalbelegging, terwyl ander dele van die wingerd van die Here wat bearbei moes gewees het, verwaarloos is. Die Here sal nederige manne in Sy werk gebruik wat nie dink dat hulle so nuttig is dat hulle op hul eie oordeel en bevoegdheid kan staatmaak nie.GSA 74.4

    Daar was diegene in Afrika wat vanweë hul nederigheid gereken was as onbekwaam om veel uit te rig. Christus het saam met hierdie manne gewerk. God het hulle wysheid gegee. Maar mense wat veronderstel was om wyser te wees, het die werk aan bande gelê en dit weinig aangemoedig om vooruit te gaan. ... As die werk gedaan gewees het wat moes gedaan geword het, sou talentvolle manne ‘n kennis van die waarheid opgedoen het, manne wat ons boeke in verskillende tale kon vertaal het. Elke dollar wat in Amerika bestee is om die een gebou na die ander op te rig, was benodig in velde wat bearbei kon gewees het maar nie bearbei is nie omdat baie van die werkers wat na Suid-Afrika gestuur is, nie geheilig was nie. Hulle was nie in staat om die situasie op te som nie. Hulle was nie bereid om hulself te verloën, die kruis op te neem en te volg waar Jesus gelei het nie...GSA 75.1

    Die grootste lof wat die mens aan God kan bring om Sy opperheerskappy te verhoog, is om hulself toegewyde kanale te maak deur wie Hy kan werk. Die Here se werk moet gedoen word, en Hy beroep Hom op lede van Sy onderneming om hulle rol as gehoorsame diensknegte te vervul. As hulle vir diens toegerus is deur die genade wat hulle ontvang het, is hulle medewerkers van God, maar as hulle nie hierdie genade ontvang het nie, sal hulle net ‘n struikelblok wees. Deur die eeue heen het manne strydig met God gearbei, soos Bileam, omdat hulle selfsug en hebsug in die werk ingevoer het en God buite hulle harte en planne gelaat het. Die engelewesens word aan ons voorgestel as gretig en verlangend om die Goddelike krag aan die mense beskikbaar te stel vir die bekering van siele sodat die Here verheerlik kan word. Maar daar is baie manne en vroue wat hulle nie daagliks tot God bekeer nie. Hulle weef die eie ek en hul eie planne in die heilige werk in, en hulle is struikelblokke. God kan menslike werktuie seen wat gewillig is om toe te laat dat die Goddelike invloede hulle gebruik om die wêreld te omvat, tog wag die hemel terwyl manne in die pad van Sy werk staan met hul eie planne en metodes. God sê: Verwyder die struikelblokke; ruim vir My plek in om te werk; berei die weg van die Here voor en maak Sy paaie reguit. - Brief 183, 1899.GSA 75.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents