Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Beroep om Christus na te Volg (9 Oktober 1903)

    Christus is die toetssteen van alle harte. Hy is die openbaarder van die Vader en van die Vader se liefde. “So lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gestuur het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” “Ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar.”GSA 52.1

    Christus is ook die openbaarder van die hart van die mens. Hy is dit wat die sonde aan die kaak stel. Deur Hom sal almal se karakters getoets word. Aan Hom is alle oordeel oorgelaat, “want Hy is die Seun van die mens.”GSA 52.2

    Wat is dus die werk wat u moet doen? U moet die dierbare Heiland as u heel beste Vriend ontvang en Hom vereer deur Sy wil te doen. “Almal wat Hom aangeneem het” - wat Hom bo alle ander vriende verkies het - “het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo.” Ontvang Hom as u lig en lewe. Hy het u so liefgehad dat Hy gesterf het sodat u vir ewig kan leef. Glo in Hom. Beskou Hom as u beste en getrouste vriend. Kom na Hom toe en sê: “Here, ek gee myself aan U net soos ek is. Ek het baie jare verkwis van die lewe wat U losgekoop het met die offer van U eie lewe. Sal U my vergewe?”GSA 52.3

    Christus het dit vir u moontlik gemaak om as lid van die koningsgesin aangeneem te word, ‘n kind van die hemelse Koning. Die Heiland sal u ontvang as u na Hom toe kom, en sal u krag gee om te oorwin. Hy sê: “Dit is die ewige lewe, dat hulle U ken, die enige waaragtige God, en Jesus Christus wat U gestuur het.” Wil u nie hierdie groot gawe van die lewe, die ewige lewe in die koninkryk van God, waardeer nie? Lees in die Skrifte die voorregte wat aangebied word vir diegene wat vir Christus lewe, en u sal sien dat diegene wat vir hulleself lewe, eindelik alles sal verloor. Moenie toelaat dat die wêreld u gedagtes in beslag neem nie. Neem stelling in aan die kant van Christus. Wees gewillig om in die beproewinge en teleurstellings en selfverloënings te deel wat Hy verduur het in die lewe wat Hy vir ons op aarde kom lei het. - Brief 226,1903.GSA 52.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents