Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    ‘n Gebed van Verootmoediging

    (In’ n Brief aan'n Lid van die Wesselsfamilie Gevind)

    Die taal van ons harte moet wees: “Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig... omdat ons teen U gesondig het.” Wat kan ons U antwoord? En hoe kan ons voor U geregverdig word? Ons wend ons tot U, want U strek U hand uit om die boetvaardige te help wat U met die hele hart soek. Om U genade ontwil hoor U hulle geroep.GSA 91.1

    Arm, hulpeloos en behoeftig kom ons tot U, nie vanweë ons geregtigheid nie, maar om U geregtigheid ontwil, o Here. Ons smeek U om ons nie leeg weg te stuur nie. Ons siele, ons liggame, is U eiendom. U het ons duur gekoop. Nie omdat ons dit waardig is nie, maar ter wille van U eie Seun, gee ons krag, sodat ons die kleed van U geregtigheid kan omhang.GSA 91.2

    U is genadig en goedertieren. “As U, Here, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word.” “Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.”GSA 91.3

    Al U werke sal U loof. Laat al U skepsele voor U aangesig aanbid. Mag U volk verenig wees om U wil te doen, en om U met die hele hart te soek. Gee eer aan U volk; lof aan hulle wat U vrees, en eer aan hulle wat U soek. Voed die monde van hulle wat honger na U geregtigheid. Gee vreugde aan U land, en blydskap aan U stad. “Die Here is vir ewig Koning; jou God, o Sion, is van geslag tot geslag!” Laat die horing van U dienskneg Dawid verhoog word, en mag die lig van die seun van Isai oor U volk skyn. - Brief 196, 1903.GSA 91.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents