Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Brief D (8 Maart 1897)

    “Sunnyside,” Cooranbong

    5 Maart 1897

    Geagte Broeder

    ... Een ding is seker. Jy sal of meer van die olie van die liefde, van deernis en simpatie, met jou werk moet meng om jou styfheid en kilheid te laat wegsmelt, of jy sal nie sukses hê in ‘n land soos Afrika nie. Hierdie land het manne nodig wat rotsvas op hul beginsels is en wat ook die eenvoud en die liefde van Christus het. Sulke mense kan hulle by omstandighede aanpas; hulle sal nie ‘n indruk van stroefheid en kilheid en hardheid op die gemoedere van ander laat nie. Jy het nodig om gedoop te word in die vrolike sonskyn van die geregtigheid van Jesus Christus, en om veel minder te he van - wat sal ek dit noem? - die drang om jou sienwyses te laat geld, wanneer dit vir jou beter sal wees om te glo dat jou sienswyses kan en moet gewysig word ...GSA 63.1

    Jy het die liefde van Christus in jou hart nodig, en dan sal jy samewerking verkry, maar wanneer daar dinge verkeerd tussen julle broeders is, hanteer jy dit op so ‘n wyse dat dit ‘n gees van weerstand en rebellie opwek by die een wat na jou mening in die ongelyk is. Jy het nie die liefde, die begrip, die teerheid van Christus in jou werk ingeweef nie. As jy dit gedoen het, sou jy met jou liefde omring het; as jy hom aan jou hart gebind het met die tedere koorde van liefde, sou jy hom gered het. Maar jy het hom laat wegwyk, in jou hart bly dat jy nie meer moeite met sy geval sal hê nie.GSA 63.2

    Ek skryf dit nie om jou te veroordeel nie, maar om jou te waarsku. Laat jou tong in die liefde en grasie van Christus gedoop word. As hierdie liefde ‘n ingewortelde beginsel in jou hart is, sal jy beter weet hoe om te alle tye met jou broeders om te gaan. Jy sal nie so styf afsydig staan en so vaskleef aan jou eie idees, ongeag die gevolge nie.GSA 64.1

    Die regte teorie van die waarheid is prysenswaardig en noodsaaklik; maar die liefde van God, wat alle teorieë behoort te doop, het die mag om alle harte te bereik. Dit is hierdie liefde wat jy nodig het. Jy het die vog van die dou van die hemel nodig, die versmeltende, versagtende, onderwerpende invloed van die Gees, op die hart. As jy in hierdie atmosfeer gewoon het terwyl jy in Afrika was, sou jy as ‘n medewerker van Jesus Christus gearbei het, as’n hersteller.GSA 64.2

    Ek bespreek hier met jou wat ek aan geen ander mens geskryf of gesê het nie. ‘n Verandering moet oor jou kom deur die roerende, versagtende liefde van God, ‘n verandering wat jou die geloofsbriewe sal besorg dat jy ‘n liefhebber van siele is. Ek dink ek het so duidelik gepraat dat jy sal probeer om Christus se weë en metodes by Hom aan te leer, en om meer van die sonlig en vreugde van die waarheid, die helderheid van die Son van Geregtigheid, in jou eie individuele lewe in te voer. Laat jou eie hart breek; laat die roetine en presisie verbreek word. Kyk op na Jesus, en nie na mense nie, om jou te sê wat om te doen. Vang die Goddelike lig op van die Lig van die wêreld, en weerkaats dit op die pad van ander om vorm te gee aan die werk in Afrika.GSA 64.3

    Die eenvoud van Christus, die versagtende liefde van Jesus, sal tot die harte spreek wanneer die blote stelling van die waarheid niks sal uitrig nie. Die eie ek moet nie as ‘n spesialiteit ingesleep word nie; dit moet met Christus in God verborge wees...GSA 64.4

    Dit is baie delikaat om met die mensegees te werk. Jy kan ongenaakbaar staan en nooit, nooit hul harte versag nie, of jy kan baie na aan die geteisterde siel kom en hom met'n hart vol liefde weglei van die vyand se slagveld, en hom nie daarheen dryf en hom daar laat om die prooi van die Satan se versoekinge te word me.GSA 64.5

    Ek sal vir jou bid, maar om Christus ontwil, jaag die sagmoedigheid, die eenvoud en die liefde van Jesus na. Laat Sy liefde elke versperring afbreek. Kom na aan jou broeders. Jy hoef nie in ‘n enkele geval verkeerde dinge te duld nie, maar jy kan harte beïndruk dat jy verlang om met Christus saam te werk om die siele te red vir wie Hy gesterf het. Ek smeek jou om God te soek. Ek dring by jou aan om die deur van jou hart oop te maak en om die liefde en tedere simpatie van Christus in te laat, en om dit dan uit te gee in sagte woorde en liefdewerk. Mag die Here jou wysheid gee, is my gebed.GSA 64.6

    NS. My broeders, ons moet almal verstandig en intelligent te werk gaan. Seremonies en vorms moet nie so onmisbaar word dat dit'n rigsnoer word vir hoe die Here Sy werk moet verrig nie. Die wêreld en die héle samelewing word as wanordelik beskou. Idees en metodes en vernuftige instellings word gebruik om dit te hervorm, maar die stelsel is byna geheel en at van die mens afkomstig. Die verandering wat noodsaaklik is, is bekering van dwaling na waarheid. Die tempel lê verwoes, en enige poging om dit met dieselfde ou materiaal te herbou, is nutteloos. Net die krag van God kan die mens se karakter vernuwe en hom in hart en gees na die beeld van Christus hermaak, want selfs die gedagtes moet aan Jesus Christus onderdanig gemaak word. Dink net aan die werk wat gedoen moet word. God neem die sondige mens, ‘n wurm in die stof, hermaak hom, en maak hom geskik om ‘n lid van die hemelse gesin te wees, ‘n metgesel deur die ewigheid van die engele en van Jesus Christus. Hy wat hom aan hierdie proses onderwerp, sal die aangesig van God sien en met Hom gemeenskap hou.GSA 65.1

    Al die seremonies ter wêreld kan nooit die mensegeslag geskik maak vir lidmaatskap van die hemelse gesin nie. Ons moet ons onderwerp aan die vormende hand van God. Die lusteloosheid van die Satan hang soos’n doodsmantel oor die mensdom. Eers moet met gevoelloosheid afgereken word. Die gevoelloosheid van die dood moet eers deurgedring word. Mense is dood in sonde en ongeregtigheid en moet opgewek word deur die krag van God. Ons moet Christus en Sy liefde wat Hom beweeg het om mens te word en die mishandeling te verduur van mense wat hulle as godvresend voorgehou het, aan die sondige mens verkondig. Sy lewe was een van gedurige selfopoffering. Hy is gehaat, verag, en aan die kruis gehang. Dit was die Leërowerste van die hemel wat so gely het. Maar, “so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” As God Sy Seun gegee het om die sonde te versoen, moet sonde ‘n ontsaglike euwel wees, afgryslik in die oë van God en verwoestend vir die mens.GSA 65.2

    Ons wat die waarheid aan ander verkondig, moet ‘n vurige liefde vir Christus in ons siele hê. Ons lippe moet aangeraak word met ‘n lewende kool van die altaar. Dan sal hulle gereinig word; alleen geheiligde woorde wat die siel sal versmelt en versag, sal oor hulle gaan. - Brief 102, 1897.GSA 65.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents