Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Getuienisse aan Suider-Afrika - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Brief C (30 September 1896)

    “Sunnyside, “Cooranbong .

    30 September 1896

    Geagte Broeder:

    ... Diegene in Afrika wat beweer dat hulle die waarheid glo, het behoefte aan besliste, ernstige pogings ten behoewe van hulle. Die sukkelende kuddetjie het ‘n ferme, besliste getuienis nodig. Christus is die Weg, die Waarheid en die Lewe. Dit is die krag van die Heilige Gees wat nodig is. Daar is by jou en by die kudde van God ‘n selfgenoegsame gevoel wat verbreek moet word. Die Gees van God is ‘n oortuigende krag. Wanneer dit oor die kerk geblaas word, sal daar ‘n gewisse verandering in hul geestelike vermoë wees. Die Here God is gereed om te gee, maar baie is nie bewus van hul behoefte om te ontvang nie. Hulle is swak, waar hulle sterk kon gewees het; kragteloos, waar hulle magtig kon gewees het deur die werkdadigheid van die Heilige Gees te ontvang. Hul lig is dof. Wek hulle op uit hul selfgenoegsame, eiegeregtige toestand.GSA 60.3

    Vanuit diegene wat die lig en die waarheid sien, moet die boodskap uitgaan met ‘n krag wat hulle nie het nie en nie eers besef hoe dringend nodig hulle dit het nie. Wanneer hulle wel die Magtige deur ‘n lewende geloof aanneem; wanneer die waarheid vir hulle'n lewende werklikheid word, dan sal hulle sien hoe ‘n werk gedaan word waarvan hulle op die oomblik nie droom nie. Daar heers ‘n lomerige onverskilligheid by die mense wat op die grense van die ewige wêreld staan. Hulle het sendingwerk om te doen, onteenseglike getuienisse om te lewer. Die basuin moet ‘n gewisse klank gee in waarskuwings, in teregwysings, in smekinge. Almal moet ernstig arbei om verlore gaande siele te probeer red.GSA 61.1

    Wat is dié doodsheid? Waarom dié gees van selfgerigtheid?GSA 61.2

    Die tyd gaan verby! Die einde is naby! Wie probeer jy red uit die put van verwoesting? O, dat God net wou adem in hierdie wêreldsgesinde mense. O, dat hulle in hul diepste wese kon besef dat hulle moet waak en bid, dat daar talente aan hulle toevertrou is wat hulle nou moet gebruik, op hierdie oomblik, telkens wanneer God om hul gawes vra om Sy werk in die wêreld te verkondig. Hoor hulle die stem van God sê:“Julle is die lig van die wêreld”? Verbeeldingsvlug en drome en ‘n kennis van die waarheid is nie genoeg nie. Elke gelowige moet sy lig by die Goddelike altaar aansteek. Almal moet skyn, omdat die lig van die waarheid oor hulle skyn en hulle nie anders kan as om te skyn in die sedelike duisternis van die wêreld nie.GSA 61.3

    “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word?” Lees Openbaring, lees dit van die begin tot die einde. Moenie net lees nie, maar bestudeer dit ernstig, vasberade om dit te verstaan. “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is.” Lees hoofstuk 2:1-5. Daar is ‘n eerste werk wat wag om gedoen te word. “Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het. Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.” Kyk ook hoofstuk 3:1-8.GSA 61.4

    Ek kan nie nou baie skryf nie. Ek het so baie vir die laaste pos geskryf dat ek te moeg is om te skryf. In die nag was ek in ‘n gesprek met jou in gesigte terwyl ek in my bed was. Ek het gesê dat die groepie gelowiges hul Godgegewe taak verwaarloos. Hulle verkeer in die toestand wat Christus voorstel deur die sout wat laf geword het. Hulle het die Heilige Gees nodig en hulle sal Hom nie ontvang tensy hulle wakker word en die werke van Christus doen nie. Hulle moet die lig wat die Here hulle gegee het, aan die wêreld gee. Tensy hulle die waarheid in die praktyk uitleef, sal die waarheid nie hul eie siele of die siele van ander heilig nie. Met harte vol erns en lig moet hulle die lig wat hulle ontvang het, aan andere meedeel. “Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester. En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.”GSA 61.5

    Hier is julle taak - om siele na die fontein van die water van die lewe te neem. Almal wat die waarheid in hul eie harte as’n lewende beginsel het, ‘n allesdeurtrekkende invloed, sal ‘n lewende getuienis kan gee aan diegene wat in duisternis en dwaling verkeer. Daar is, dank God, ‘n immerlewende Gees om ons in alle waarheid te lei. Maar dit moet meegedeel word, nie in ons eie harte opgesluit word nie. Hierdie Gees, wat ons in alle waarheid sal lei, moet aan ander bekend gemaak word, en dit sal hulle lei. Die Woord, die kosbare Woord, moet soos die vlees van die Seun van God geëet word. Daar moet geen lustelose, lomerige getuienisse wees nie.GSA 62.1

    Pleks van twyfel te saai, versterk die geloof deur elke woord, gesindheid en handeling. Maak dit bekend dat ons ‘n lewende Heiland het, ‘n ware, geestelike lewe, om te ontvang en mee te deel. Lei ander wat nou op skuifsand verkeer om hul voete op vaste rots te plaas. Daar is siele wat gelaaf moet word, baie wat die blydskap van die verlossing in hul eie siele sal vind. Hulle het'n fout gemaak, hulle het nie die regte karakter gebou nie; maar God het’ n vreugde wat Hy vir hulle wil teruggee, ja die vreugde van Sy Gesalfde. Dit sal doeltreffendheid en geluk en ‘n geheiligde versekering bring, ‘n lewende getuienis. Sê vir die arme terneergedruktes wat die pad byster geraak het, dat hulle nie hoef te wanhoop nie. Daar is genesing, reiniging vir elke siel wat na Christus sal kom. Daar is balsem in Gilead, daar is ‘n geneesheer.GSA 62.2

    In ure wanneer wolke die siel omhul, is Christus nie ver van elkeen van ons nie. Na wie toe sal ons gaan indien nie na die Sondedraer, die groot Geneser van die mens se wee nie? “U het die woorde van die ewige lewe.” Daar is blydskap vir diegene wat hul vertroue in Hom stel en die geloof beoefen wat uit liefde werk en die siel reinig. Jesus sê: My blydskap sal in julle wees en julle vreugde sal volkome wees. “Sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag.” ’n Verlamming het ingesluip in die geestelike spiere en senu’s van die kinders van God. Staan dus nou op, op hierdie oomblik, sonder versuim. “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is.” - Brief 93, 1896.GSA 62.3

    ***

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents