Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Diëet en Verstandelike Ontwikkeling

    Aan die verhouding van diëet tot intellektuele ontwikkeling moet veel meer aandag gegee word as wat dit sover geniet het. Verstandelike verwarring en stompheid is dikwels die gevolg van foutiewe diëet.Op 204.1

    Daar word dikwels aangevoer dat, in die keuse van voedsel, eetlus ‘n veilige gids is. As die gesondheidswette altyd gehoorsaam gewees het, sou dit waar wees. Maar deur verkeerde gewoontes, van geslag tot geslag volgehou, het die eetlus so verdraaid geraak dat dit voortdurend om die een of ander skadelike bevrediging uitroep. As gids kan dit tans nie vertrou word nie.Op 204.2

    In die studie van die higiëne moet studente die voedingswaarde van verskillende kossoorte geleer word. Die uitwerking van ‘n gekonsentreerde en stimulerende diëet, ook van kossorte wat ‘n tekort aan voedingsbestanddele het, moet duidelik gemaak word. Tee en koffie, witbrood, suurtjies, growwe groente, lekkergoed,speseryê en pasteie kan nie die regte voedingstowwe voorsien nie. Menige student het al weens die gebruik van sulke kossoorte sy gesondheid kwytgeraak... Menige verpotte kind, ongeskik vir kragtige inspanning van verstand en liggaam, is die slagoffer van ‘n verarmde diëet. Grane, vrugte, neute en groente, in behoorlike verbindings, bevat al die voedingsbestanddele; en wanneer dit behoorlik voorberei word, is dit die diëet wat sowel die fisieke as die verstandelike kragte die beste bevorder.Op 204.3

    Nie net die eienskappe van die voedsel behoort in ag geneem te word nie, maar ook die aanpassing’ daarvan by die eter. Voedsel wat vrylik geëet kan word deur persone wat liggaamlike werk doen, moet dikwels vermy word deur diegene wie se arbeid hoofsaaklik van ‘n verstandelike aard is. Aandag moet ook aan die behoorlike kombinasie van voedselsoorte gegee word. Deur breinwerkers en andere wat sittende beroepe volg, moet maar min soorte by ‘n maaltyd geëet word.Op 205.1

    En teen ooreet, selfs van die heilsaamste kosse, moet daar gewaak word. Die natuur kan niks meer gebruik as wat benodig word om die verskillende soorte organe van die liggaam op te bou nie. en oormaat verstop die gestel. Menige student se gesondheid, so word daar veronderstel, het vanweë te veel studie ingegee, wanneer die eintlike oorsaak ooreet was. Terwyl behoorlike aandag aan die gesondheidswette gegee word, bestaan daar min, gevaar van verstandelike ooreising; maar in baie gevalle van sogenaamde verstandelike ineenstorting is dit die oorlaaiing van die maag wat die liggaam vermoei en die verstand ontkrag.Op 205.2

    In die meeste gevalle is twee maaltye te verkies bo drie. Die aandete, as dit vroeg genuttig word, belemmer die spysvertering van die vorige maaltyd. Wanneer dit later geëet word, word dit self nie voor slapenstyd verteer nie. Sodoende slaag die maag nie daarin om die nodige rus te kry nie. Die slaap word versteur, die brein en senuwees is vermoeid, die eetlus vir ontbyt word in die wiele gery, die hele liggaam is onverkwik en ongereed vir die pligte van die dag.Op 205.3

    Die belangrikheid van reëlmaat in die etensen slapenstyd moet nie oor die hoof gesien word nie. Aangesien die werk om die liggaam op te bou gedurende die rusure plaasvind, is dit noodsaaklik, veral vir die jeug, dat slaap gereeld en oorvloedig moet wees.Op 205.4

    Sover moontlik moet ons dit vermy om haastig te eet. Hoe korter die tyd vir ‘n maal, hoe minder moet daar geëet word. Dit is beter om ‘n maaltyd oor te slaan as om te eet sonder om behoorlik te kou.Op 206.1

    'n Maaltyd behoort ‘n tyd vir onderlinge verkeer en verkwikking te wees. Alles wat kan bedruk of irriteer, moet verban word. Laat vertroue, vriendelikheid en dankbaarheid teenoor die Gewer van alle goeie gawes gekoester word en die gesprek sal opgewek wees, ‘n aangename gedagtevloei wat sal ophef sonder om moeg te maak.Op 206.2

    Die nakoming van matigheid en reelmaat in alle dinge het ‘n wonderlike mag. Dit sal meer doen as omstandighede of natuurlike gawes om daardie minsaamheid en kalmte van geaardheid te bevorder wat soveel werd is om die lewensweg gelyk te maak. Terselfdertyd sal daar bevind word dat die mag van selfbeheersing wat so verkry word, een van die waardevolste stukkies toerusting is om suksesvol die strawwe pligte en werklikhede wat op elke mens wag, die hoof te bied.Op 206.3

    Die wysheid se “weë is lieflike weë en al sy paaie is vrede.” Spreuke 3:17. Laat elke jongmens in ons land, met die moontlikhede voor hom van ‘n hoër lotsbestemming as die van gekroonde konings, die les oordink wat in die woorde van die wyse man aan ons oorgedra word: “Gelukkig is jy, o land, as jou koning ‘n edele is en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manneen nie soosdrinkers nie.'Prediker 10:17.Op 206.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents