Die Kennis van Goed en Kwaad
“OMDAT HULLE DIT NIE DIE MOEITE
WERD GEAG HET OM GODIN
ERKENTENIS TE HOU; IS “HUL
ONVERSTANDIGE HART... VERDUISTER,”
HOEWEL hulle onskuldig en heilig geskape is, is dit nie vir ons oerouers onmoontlik gemaak om verkeerd te handel nie. God kon hulle geskape het sonder die mag om Sy vereistes te oortree; maar in so ‘n geval sou daar geen karakterontwikkeling kon plaasvind nie; hulle diens sou nie vrywillig gewees het nie, maar gedwonge. Daarom het Hy aan hulle die mag gegee om te kan kies - die vermoë om gehoorsaamheid te bewys of te weerhou. En alvorens hulle ten volle die seëninge kon ontvang wat Hy graag wou skenk, moes hul liefde en lojaliteit getoets word.Op 23.1
In die tuin van Eden was”die boom van die kennis van goed en kwaad... En die Here God het aan die mens bevel gegee en gesê: Van al die bome van die tuin mag jy vry eet, maar van die boom van die kennis van goed en kwaad, daarvan mag jy nie eet nie.”Genesis 2:9-17. Dit was Gods wil dat Adam en Eva nie die kwaad sou ken nie. Die kennis van die goeie is vrylik aan hulle verleen; maar die kennis van die kwaad - van sonde en die gevolge daarvan, van moeisame arbeid, van kommer en angs, van teleurstelling en verdriet, van pyn en die dood - dit is in liefde weerhou.Op 23.2
Terwyl God die mens se welvaart beoog het, het Satan na sy ondergang gestreef. Toe Eva die Here se waarskuwing oor die verbode boom in die wind geslaan het en gewaag het om dit te nader, het sy met haar vyand in aanraking gekom. Nadat haar belangstelling en nuuskierigheid ge wek is, het Satan daartoe oorgegaan om Gods woord in twyfel te trek en wantroue in Sy wysheid en goedheid te saai. In reaksie op die vrou se verklaring oor die boom van kennis, dat God gesê het:“Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe,” het die bedrieër geantwoord: “Julle sal gewis nie sterwe nie; maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.”Genesis 3:3-5.Op 23.3
Satan wou graag die skyn wek dat hierdie kennis van goed, met die kwade vermeng, ‘n seen sou wees en dat God, deur hulle te verbied om van die boom se vrugte te eet, groot voordele van hulle weerhou. Hy het nadruklik daarop gewys dat dit vanweë die boom se wonderbaarlike eienskappe was om wysheid en mag te verleen dat God hulle verbied het om dit te eet; dat Hy op dié manier probeer om te verhoed dat hulle ‘n edeler ontwikkeling ondergaan en groter geluk vind. Hy het verklaar dat hy self van die verbode vrug geëet en as gevolg hiervan spraakvermoë ontvang het; en dat as hulle ook daarvan eet( hulle ‘n meer verhewe bestaansvlak sou bereik en tot ‘n omvangryker veld van kennis sou toetree.Op 24.1
Terwyl Satan voorgegee het dat hy daarby groot baat gevind het om van die verbode boom te eet, het hy nie laat blyk dat hy deur oortreding ‘n uitgeworpene uit die hemel geword het nie. Hier was die leuen, so weggesteek onder die dekmantel van oënskynlike waarheid dat Eva, versot, gevlei, gefop, nie die bedrog raakgesien het nie. Sy het begeer wat God verbied het; sy het Sy wysheid gewantrou. Sy het geloof, die sleutel van die kennis, weggegooi.Op 24.2
Toe sien Eva “dat die boom goed was om van te eet en dat hy ‘n lus was vir die oë, ja ‘n boom wat ‘n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet.” Dit het ‘n aangename smaak gehad en terwyl sy geëet het, was dit asof sy ‘n opwekkende krag voel en sy het haar verbeel sy betree ‘n hoër bestaansvlak. Omdat sy self gesondig het, het sy vir haar man ‘n versoekster geword, “en hy het geëet.”Genesis 3:6.Op 25.1
“Julle oë sal oopgaan,” het die vyand gesê, “sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.*’ Genesis 3:5. Ja, hul oë is gewis geopen; maar hoe treurig het dit oopgegaan. Die kennis van kwaad, die vloek van sonde, was al wat die oortreders verwerf het. Daar was geen gif in die vrugte self nie en die sonde was nie bloot daarin geleë om aan eetlus toe te gee nie. Dit was die wantroue in Gods goedheid, om Sy woord te betwyfel en die verontagsaming van Sy gesag wat ons oerouers oortreders gemaak en ‘n kennis van die kwade in die wêreld ingebring het. Dit was dié wat die deur vir elke soort valsheid en dwaling oopgestel het.Op 25.2
Die mens het alles verbeur omdat hy gekies het om na die bedrieër te luister eerder as na Hom wat die Waarheid is, wat alleen wysheid het. Deur goed met kwaad te meng, het sy denke verward geraak en is sy verstandelike engeestelike kragte lamgelê. Hy kon nie meer die goeie dinge waardeer wat God so oorvloedig geskenk het nie.Op 25.3
Adam en Eva het die kennis van kwaad gekies en as hulle ooit die posisie sou herwin wat hulle verloor het, moes hulle dit herwin onder die ongunstige omstandighede wat hulle op hulself gehaal het. Hulle sou nie langer in Eden woon nie, want in die volmaaktheid daarvan kon dit hulle nie die lesse leer wat dit nou vir hulle noodsaaklik was om te leer nie. Met onuitspreeklike droefheid het hulle hul lieflike omgewing vaarwel toegeroep en uitgegaan om op die aarde te woon( waar die vloek van die sonde gerus het.Op 25.4
Aan Adam het God gesê:“Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie - vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.”Genesis 3:17-19.Op 26.1
Hoewel die aarde deur die vloek bederf is, moes die natuur nog steeds die mens se lesboek wees. Dit kon nou nie net die goeie voorstel nie, want die kwaad was orals teenwoordig en het land en see en lug met sy besoedelende aanraking geskend. Waar daar eenmaal net die karakter van God, die kennis van die goeie, geskrywe was, is nou ook die karakter van Satan, die kennis van kwaad, geskryf. Uit die natuur, wat nou die kennis van goed en kwaad geopenbaar het, moes die mens voortdurend waarskuwings oor die gevolge van sonde ontvang.Op 26.2
In die verwelkende blom en vallende blaar het Adam en sy metgesellin die eerste tekens van verganklikheid aanskou. Sprekend is die aaklige feit tot hulle bewussyn gebring dat elke lewende ding moet sterf. Selfs die lug, waarvan hul lewe afhanklik was, het die saad van die dood gedra.Op 26.3
Voortdurend is hulle ook aan hul verlore heerskappy herinner. Onder die geringer skepsele het Adam as koning gestaan en solank hy aan God getrou gebly het, het die ganse natuur sy gesag erken; maar toe hy oortree, is hierdie heerskappy verbeur. Die gees van rebellie, waaraan hy self toegang verleen het, het deur die ganse diereryk versprei. So het nie net die lewe van die mens nie, maar ook die geaardheid van die diere, die bome van die woud, die gras van die veld, selfs die lug wat hy ingeadem het, alles die treurige les oor die kennis van kwaad verkondig.Op 26.4
Maar die mens is nie uitgelewer aan die gevolge van die kwaad wat hy gekies het nie. In die vonnis wat oor Satan uitgespreek is, is daar ‘n aanduiding van verlossing gegee. “Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou,” het God gesê, “en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel en jy sal hom in die hakskeen byt.”Genesis 3:15. Hierdie vonnis, wat ten aanhore van ons oerouers uitgespreek is, was vir hulle ‘n belofte. Voordat hulle van die doring en die distel verneem het, van die arbeid en smart wat hulle lewenslot moet wees, of van die stof waarheen hulle moet terugkeer, het hulle na woorde geluister wat nie anders kon as om hulle met hoop te besiel nie. Alles wat verlore is deur aan Satan toe te gee, kon deur Christus herwin word.Op 27.1
Hierdie mededeling herhaal ook die natuur aan ons. Hoewel dit deur sonde geskend is, spreek dit nie net van die skepping nie, maar ook van verlossing. Hoewel die aarde deur die klaarblyklike tekens van verval ‘n getuienis lewer oor die vloek, is dit nog ryk en lieflik met die kentekens van lewegewende mag. Die bome werp hul blare af, om net weer met ‘n dos van varser groen oorklee te word; die blomme sterf om in nuwe skoonheid te ontspruit; en in elke blyk van skeppingsmag word die versekering voorgehou dat ons opnuut in”ware geregtigheid en heiligheid”geskep kan word. Efesiërs 4:24. Op dié wyse word juis die voorwerpe en werkinge van die natuur wat ons groot verlies so helder voor die verstand bring, vir ons die boodskappers van hoop.Op 27.2
So ver as wat die kwaad reik, word die stem van ons Vader gehoor, wat Sy kinders gebied om in die gevolge daarvan die aard van die sonde te bespeur en hul waarsku om die bose te versaak en hul nooi om die goeie te ontvang.Op 27.3