Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Poësie en Sang

    ” V INSETTINCE WAS GESANGE
    VIR MY IN DIE HUIS
    VAN MY VREEMDEUNGSKAP.”

    DIE vroegste sowel as die mees verhewe digwerke wat aan die mens bekend is, word in die Skrif gevind. Voordat die eerste van die wêreld se digters gesing het, het die herder. van Midian hierdie woorde van God aan Job neergeskryf - ongeëwenaar in hul majesteit, weergaloos onder die subliemste voortbrengsels van die menslike genie:Op 159.1

    “Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het?...
    En wie het die see met deure afgesluit
    toe dit uitgebreek... het?
    Toe Ek die wolk tot sy kleding gemaak het
    en die donkerheid tot sy windsel.
    Toe Ek my grens daarvoor uitgebreek en grendel en deure gemaak het;
    en gesê het: Tot hiertoe mag jy kom en nie verder nie;
    en hier word ‘n grens gestel vir jou trotse golwe.
    “Het jy, so lank as jy lewe, die more ontbied,
    die dageraad sy plek aangewys ?...

    “Het jy gekom tot by die bronne van die see?
    En het jy rondgewandel in die binneste diepte van die
    wéreldvloed ?
    Is die poorte van die dood virjou ontbloot?
    En het jy die poorte van die doodskaduwee gesien?
    Omvat jou begrip die breedtes van die aarde?
    Gee te kenne as jy dit alles weet.

    “Waar is tog die weg na die woning van die lig?
    En die duisternis - waar is tog sy plek?... “Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu?
    En het jy die skatkamers van die hael gesien?.
    Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word,
    die oostewind hom uitsprei oor die aarde?
    Wie het ‘n kanaal gesplyt vir die stortvloed
    en ‘n pad vir die onweerstraal,
    om te laat reën op ‘n land waar geen mens is nie,
    op ‘n woestyn waar niemand woon nie;
    om woestheid en verwoesting te versadig
    en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?

    “Kan jy die bande van die Sewester knoop?
    Of die toue van die Orion losmaak?
    Kan jy die Diereriem uitbring op sy tyd?
    En die Beer met sy kleintjies lei?”
    Op 159.2

    Job 38:4-27,31,32.

    Vir skoonheid van uitdrukking, lees ook die beskrywing van die lente, uit Hooglied:Op 160.1

    “Want kyk, die winter is verby,
    die rentyd is oor, dit het verbygegaan.
    Die bloeisels word gesien in die land,
    die sangtyd het aangebreek,
    en die tortelduif laat sy stem hoor in ons land.
    Die vyeboom laat sy voorvye uitswel,
    en die wingerdstokke wat bloei,
    versprei geur.
    Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!”
    Op 160.2

    Hooglied 2:11-13.

    En geensins minderwaardig me is Bileam se onwillige profesie van seën aan Israel:Op 160.3

    “Uit Aram laat Balak my haal,
    die koning van Moab - uit die berge van die Ooste:
    Kom vervloek Jakob vir my,
    en kom, verwens Israel.
    Hoe sal ek vloek wie Gód nie vloek nie?
    En hoe sal ek verwens vir wie die Here nie verwens nie?
    Want van die top van die rotse af sien ek hom,
    en van die heuwels af aanskou ek hom.
    Kyk, ‘n volk wat afgesonderd woon
    en hom nie tot die nasies reken nie.... “Kyk, ek het ontvang om te seen;
    en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.
    ‘h Mens aanskou geen ongeregtigheid in Jakob
    en sien geen onheil in Israel nie.
    Die Here sy God is met Hom,
    en die gejubel tot eer van die Koning is by hom....
    Want daar is geen towery teen Jakob
    of waarsêery teen Israel nie.
    Nou sal van Jakob en van Israel gesê word
    wat God gedoen het.”

    “Die hoorder van die woorde van God spreek,
    hy wat die gesigte van die Almagtige sien....
    Hoe mooi is jou tente, o Jakob,
    jou wonings, o Israel!
    Soos dale met waterlope
    wat hulle ver uitstrek, soos tuine by ‘n rivier,
    soos alewees wat die Here geplant het,
    soos seders by die water.

    “Die hoorder van die woorde van God spreek,
    en hy wat die wetenskap van die Allerhoogste ken....
    Ek sien hom, maarnie nou nie,
    ek aanskou hom, maar nie naby nie:
    'n ster kom te voorskyn uit Jakob,
    en ‘n septer kom uit Israel op....
    En laat daar een uitJakob heers.”
    Op 160.4

    Numeri 23:7-23; 24:4-6,16-19.

    Die melodie van lofuiting is die atmosfeer van die hemel; en wanneer hemel en aarde in aanraking kom, is daar musiek en sang - “danksegging en die klank van liedere.” Jesaja 51:3.Op 161.1

    Bokant die nuut geskape aarde, soos dit skoon en onbevlek onder die glimlag van God gelê het, het”die móresterre saam gejubel en al die seuns van God ,gejuig.”Job 38:7. So het rnenseharte, in voeling met die hemel, met lofgesang op die goedheid van God gereageer. Baie gebeurtenisse in die menslike geskiedenis is aan sang verbonde.Op 161.2

    Die oudste lied wat van menselippe in die Bybel opgeteken staan, was daardie heerlike lofuiting deur die menigtes van Israel by die Rooi See:Op 162.1

    “Ek wil sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe.
    Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.
    Die Here is my krag en my psalm,
    en Hy het my tot heil geword.
    Hy is my God, Hom sal ek roem;
    die God van my vader, Hom sal ek verhef.

    „o Here, u regterhand is verheerlik deur krag.
    U regterhand, o Here, verpletter die vyand....
    o Here, wie is soos U onder die gode?
    Wie is soos U, verheerlik in heiligheid,
    gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?

    “Die Here sal regeer vir ewig en altoos....
    Sing tot eer van die Here, want Hy is hoog verhewe”
    Op 162.2

    Exodus 15:1,2,6-11,18-21.

    Groot was die seëninge wat deur mense in antwoord op hul lofliedere ontvang is. Die paar woorde wat ‘n ondervinding uit Israel se woestynomswerwinge meedeel, hou ‘n les in wat vir ons stof tot nadenke bied.Op 162.3

    “En daarvandaan het hulle na Beer getrek. Dit is die put waarvan die Here aan Moses gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan gee.”Numeri 21:16.”Toe het Israel hierdie lied gesing:Op 162.4

    “Spring op, o put! Besing hom!
    o Put wat die vorste gegrawe het,
    wat die edeles van die volk gedelf het,
    met die septer, met hulle stawe!”
    Op 162.5

    Numeri 21:17,18.

    Hoe dikwels word hierdie geskiedenis nie in die geestelike ondervinding herhaal nie! Hoe dikwels word die fonteine van berou en geloof, van hoop en liefde en vreugde, nie deur die woorde van gewyde sang ontsluit nie!Op 162.6

    Dit was met lofliedere dat die leërmagte van Israel na die groot verlossing onder Josafat opgetrek het. Die tyding van dreigende oorlog het Josafat bereik.”Daar kom ‘n groot menigte teen u,“was die boodskap, “die kinders van Moab en die kinders van Amman,“en saam met hulle andere. “Josafat [het] bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die Here te soek en hy het oor die hele Juda ‘n vasdag uitgeroep. En Juda het byeengekom om van die Here hulp te soek; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om die Here te soek.” En waar Josafat in die tempelhof voor sy volk gestaan het, het hy sy siel in gebed uitgestort en op grond van Gods belofte gepleit, met ‘n belydenis van Israel se hulpeloosheid.”Want in ons is geen krag teenoor hierdie groot menigte wat teen ons gekom het nie,“het hy gesê;”en ons weet nie wat ons moet doen nie, maar ons oë is op U.” 2 Kronieke 20:2,1,3,4,12.Op 163.1

    “Toe kom die Gees van die Here''op Jahasiël, ‘n Leviet,“en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Josafat! So sê die Here aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.... Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die Here.... Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek more teen hulle uit en die Here sal met julle wees.”2 Kronieke 20:14-17.Op 163.2

    “Daarop maak hulle die móre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekoa uit.”2 Kronieke 20:20. Voor die leër uit het sangers gegaan en hul stemme in lof tot God verhef - en Hom vir die beloofde oorwinnig geprys.Op 163.3

    Op die vierde dag daarna het die leër na Jerusalem teruggekeer, belaai met die buit van hul vyande, onderwyl hulle hul lof oor die behaalde oorwinning sing.Op 163.4

    Deur sang het Dawid, te midde van die wedervaringe van sy wisselvallige lewe, met die hemel gemeenskap gehou. Hoe lieflik word sy ondervindings as herderseun in dié woorde weerspieël:Op 164.1

    “Die Here is my herder; niks sal my ontbreek nie.
    Hy laat my neerlê in groen weivelde;
    na waters waar rus is, lei Hy my heen....
    Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee,
    ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my:
    u stok en u stafdié vertroos my.”
    Op 164.2

    Psalm 23:1 -4.Op 164.3

    In sy manlike jare het hy, ‘n vlugteling voor sy agtervolgers uit, sy toevlug tussen rotse en in spelonke van die woestyn gevind en geskrywe:Op 164.4

    „o God, U is my God, U soek ek;
    my siel dors na U, my vlees smag na U,
    in ‘n dor en uitgedroogde land, sonder water....
    Want U was ‘n hulp vir my,
    en in die skaduwee van u vleuels sal ek jubel.”

    “Wat buig jy jou neer, o my siel,
    en wat is jy onrustig in my?
    Hoop op God,
    want ek sal Hom nog loof
    die verlossing van my aangesig
    en my God!”

    “Die Here is my lig en my heil:
    vir wie sou ek vrees?
    Die Here is die toevlug van my lewe:
    vir wie sou ek vervaard wees?”
    Op 164.5

    Psalms 63:2-8; 42:12; 27:1

    Dieselfde vertroue word geadem deur die woorde wat geskrywe is toe Dawid, ‘n onttroonde en kroonlose koning, tydens die rebellie van Absalom uit Jerusalem gevlug het. Uitgeput deur smart en die vermoeienis van sy vlug, het hy saam met sy geselskap vir ‘n paar uur van rus langs die Jordaan vertoef. Hy is gewek deur die oproep om onmiddellik te vlug. In die duisternis moes die diep en snel vloeiende stroom deur daardie hele geselskap van manne, vroue en klein kindertjies oorgesteek word; want kort op hul hakke was die magte van die veraaier-seun.Op 164.6

    In daardie uur van die donkerste beproewing het Dawid gesing:Op 165.1

    “Luid roep ek die Here aan,
    en Hy verhoor my van sy heilige berg.

    “Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak;
    ek het wakker geword, want die Here ondersteun my.
    Ek sal nie vrees vir tienduisende van mense
    wat rondom teen my gereed staan nie:
    Op 165.2

    Psalm 3:5-7.

    Na sy groot sonde, in die sielesmart van berou en selfveragting, het hy hom nog tot God as sy beste vriend gewend:Op 165.3

    'Wees my genadig, o God, na li goedertierenheid;
    delg my oortredinge uitna die grootheid van u
    barmhartigheid....
    Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees;
    was my, dat ek witter kan wees as sneeu:
    Op 165.4

    Psalm 51:3-9.

    In sy lang lewe het Dawid op aarde geen rusplek gevind nie. “Want ons is vreemdelingeen bywoners voor u aangesig,“het hy gesê,“soosal ons vaders; ons dae op die aarde is soos ‘n skaduwee en daar is geen verwagting nie.” 1 Kronieke 29:15.Op 165.5

    “God is vir ons ‘n toevlug en sterkte;”
    as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
    Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde
    en al wankel die berge weg in die hart van die see.

    “Die stroompies van ‘n rivier maak die Godstad bly,
    die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
    God is daar binne - in, dit sal nie wankel nie;
    God sal dit help as die dag aanbreek....
    Die Here van die leërskare is met ons;”
    die God van Jakob is ‘n rotsvesting vir ons.”

    “Hierdie God [is] onse God, vir ewig en altyd;
    Hy salons lei tot die dood toe,”
    Op 165.6

    Psalm 46:2,3,5-8; 48:15.

    Tydens Sy aardse lewe het Jesus versoeking met ‘n lied tegemoetgegaan. Dikwels toe skerp, snydende woorde gespreek is, dikwels toe die atmosfeer om Hom swaar was van droefgeestigheid, misnoeë, wantroue of benouende vrees, is Sy lied van geloof en heilige vreugde gehoor.Op 166.1

    Op daardie laaste droewige aand van die Pasgamaal, toe Hy op die punt was om verraad en die dood tegemoet te gaan, het Hy Sy stem verhef en die psalm gesing:Op 166.2

    “Laat die Naam van die Here geprys word
    van nou aftot in ewigheid!
    Van die opgang van die son tot by sy ondergang
    moet die Naam van die Here geioof word!”

    “Ek het lief, want die Here hoor my stem, my smekinge,
    want Hy het sy oor tot my geneig;
    daarom sal ek Hom in my dae aanroep.

    “Bande van die dood het my omring,
    en angste van die doderyk het my getref;
    ek het benoudheid en kommer gevind.
    Maar ek het die Naam van die Here aangeroep:
    Ag, Here, red my siel.
    Die Here is genadig en regverdig,
    en onse God is ‘n ontfermer.

    “Die Here bewaar die eenvoudiges;
    ek het swak geword, maar Hy het my gehelp.
    My siel, keer terug tot jou rus;
    want die Here het goed aan jou gedoen.
    Want U het my siel gered van die dood,
    my oog van trane, my voet van struikeling.”
    Op 166.3

    Psalms 113:2,3; 116:1-8.

    Te midde van die donker wordende skaduwees van die aarde se laaste groot krisis, sal Gods lig die helderste skyn en die lied van hoop en vertroue sal op sy suiwerste en verhewenste gehoor word.Op 166.4

    “In die dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda
    ‘n Sterk stad het ons;
    God stel heil tot mure en skanse.
    Maak oop die poorte,
    dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar!
    U sal ‘n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar,
    want hulle vertrou op U.
    Vertrou op die Here vir ewig,
    want in die Here Here is ‘n ewige rots,“
    Op 167.1

    Jesaja 26:1 -4.

    “Die losgekoop tes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met gejubel en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar komme! en gesug vlug weg,“Jesaja 35:10.Op 167.2

    “En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die Here en hulle siel sal wees soos ‘n welbesproeide tuin en hulle sal verder nie meer kwyn nie.”Jeremia 31:12.Op 167.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents