Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    'n lllustrasie van Sy Metodes

    “EK HETU NAAM GEOPENBAAR
    AAN DIE MENSE WAT U MY UIT
    DIE WIIRELD GEGEE HET.”

    DIE volledigste illustrasie van Christus se metodes as onderwyser word in Sy opleiding van die eerste twaalf dissipels gevind. Op hierdie manne sou daar swaar verantwoordelikhede rus. Hy het hulle gekies as manne wat Hy met Sy Gees kon vul en wat toegerus kon word om met Sy werk op aarde voort te gaan wanneer Hy dit sou verlaat. Aan hulle, bo alle andere, het Hy die voordeel van Sy eie geselskap verleen. Deur persoonlike omgang het Hy Hom op hierdie uitgesoekte medewerkers ingestempel.”Die lewe is geopenbaar/'sê die geliefde Johannes, “en ons het dit gesien en ons getuig.” 1 Johannes 1:2.Op 84.1

    Alleen deur sulke gemeenskap - die gemeenskap van verstand met verstand en hart met hart, van die menslike met die Goddelike - kan daardie lewegewende energie oorgedra word wat dit die taak van ware opvoeding is om mee te deel. Dit is net die lewe wat lewe kan verwek.Op 84.2

    Met die opleiding van Sy dissipels het die Heiland die opvoedkundige stelsel gevolg wat in die begin tot stand gebring is. DieTwaalf wat eerste gekies is, saam met ‘n paar ander wat van tyd tot tyd met hulle verbind was, omdat hulle in hul behoeftes voorsien het, het die gesin van Jesus saamgestel. Hulle was saam met Hom in die huis, aan tafel, in die binnekamer, in die veld. Hulle het Hom op Sy reise vergesel, Sy beproewinge en ontberings meegemaak en, in soverre hulle daartoe in staat was, deelgenote van Sy werk geword.Op 84.3

    Soms het Hy hulle geleer terwy! hulle saam teen die berghang gesit het, soms langs die see, of uit ‘n visserskuit, soms onderwyl hulle met die pad aangestryk het. Elke keer wat Hy die menigte toegespreek het, het die dissipels die binnekring uitgemaak. Hulle het digby Hom gebly, sodat niks van Sy onderrig hulle sou ontgaan nie. Hulle was oplettende toehoorders, gretig om die waarhede te verstaan wat hulle in alle lande en aan alle eeue inoes leer.Op 85.1

    Die eerste leerlinge van Jesus is uit die geledere van die gewone mense gekies. Hulle was nederige, ongeletterde manne, dié Galilese vissers; manne wat ongeskoold in die geleerdheid en gewoontes van die rabbi’s was, maar opgelei deur die harde dissipline van arbeid en swaarkry. Hulle was manne Op 85.2

    van ingebore aanleg en van ‘n geseglike gees, manne wat vir die Heiland se werk onderrig en gevorm kon word. In die alledaagse lewe is daar menige arbeider wat geduldig die kringloop van sy daaglikse take aflê, onbewus van die sluimerende vermoëns wat, as dit tot handeling gewek sou word, hom onder die wêreld se grootste leiers sou plaas. Sodanig was die manne wat deur die Heiland geroep is om Sy medewerkers te wees. En hulle het die voordeel geniet van drie jaar opleiding deur die grootste opvoeder wat hierdie wêreld ooit geken het.Op 85.3

    Onder hierdie eerste dissipels het ‘n treffende verskeidenheid voorgekom. Hulle sou die wêreld se leermeesters word en hulle het wyd uiteenlopende karaktertipes verteenwoordig. Daar was Matthéus Levi, die tollenaar, uit ‘n lewe van handeldryf en onderdanigheid aan Rome geroep; Simon, die yweraar, die onversetlike vyand van die imperiale gesag; die impulsiewe, selfgenoegsame, hartlike Petrus, met Andreas, sy broer; Judas die Judeër, verfynd, bekwaam en gemeen; Filippus en Thomas, getrou en ernstig, dog met kleingelowige harte; Jakobus die kleine en Judas, minder opvallend onder die broeders, maar kragtige manne, beslis in sowel hul foute as hul deugde; Natanael, kinderlik in opregtheid en vertroue; en die ambisieuse, liefdevolle seuns van Sebedeús.Op 85.4

    Om die werk waartoe hulle geroep is, met welslae te verrig, het hierdie dissipels, wat in hul natuurlike karaktertrekke, opleiding en lewensgewoontes so grootliks van mekaar verskil het, daaraan ‘n behoefte gehad om in gevoel, denke en handelwyse eendragtig te word. Dit was Christus se voorneme om hierdie eensgesindheid te bewerkstellig. Met dié doel het Hy getrag om hulle een met Homself te maak. Die las van Sy strewe vir hulle is in Sy gebed tot die Vader uitgedruk:“dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees,... dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het.”Johannes 17:21-23.Op 86.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents