Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Opregte en Eerlike Mense

    Deur hul wysheid en regverdigheid, deur die reinheid en welwillendheid van hul daaglikse lewe, deur hul toewyding aan die belange van die volk - en dié was afgodedienaars - het Josef en Daniël bewys dat hulle aan die beginsels van hul vroeë opleiding getrou was, getrou aan Hom wie se verteenwoordigers hulle was. Die hele nasie in sowel Egipte as in Babilon, het hierdie manne geëer; en in hulle het ‘n heidense volk en al die nasies met wie hulle in verbinding was, ‘n illustrasie van die goedheid en weldade van God gesien, ‘n sinnebeeld van die liefde van Christus.Op 56.3

    Watter lewenswerk was die van hierdie edele Hebreërs nie! Hoe min het hulle, toe hulle die tuiste van hul kinderdae vaarwel gesê het, kon droom van hul hoë lotsbestemming! Getrou en standvastig het hulle hul aan Goddelike leiding oorgegee, sodat God deur hulle Sy doel kon verwesenlik.Op 57.1

    Dieselfde geweldige waarhede wat deur hierdie manne geopenbaar is, wil God graag deur vandag se jongmense en kinders openbaar. Die geskiedenis van Josef en Daniel is ‘n illustrasie van wat Hy sal doen vir diegene wat hulle aan Hom oorgee en van ganser harte sal trag om Sy doel te verwesenlik.Op 57.2

    Die wêreld se grootste behoefte is die behoefte aan manne-manne wat nie gekoop of verkoop kan word nie, manne wat in die diepste van hul wese eg en eerlik is, manne wat nie vrees om sonde by die regte naam te-noem nie, manne wie se gewete so getrou is soos die kompasnaald aan die pool, manne wat sal staan vir wat reg is, al sou die hemele val.Op 57.3

    Maar so ‘n karakter kom nie per toeval nie; dit is nie die gevolg van die Voorsienigheid se spesiale gunste of gawes nie. ‘n Edele karakter spruit uit selfdissipline. uit die onderwerping van die laer aan die hoër natuur - die oorgawe van die eie ek vir liefdesdiens aan God en die mens.Op 57.4

    Dit is nodig om die jongmense met die waarheid te beïndruk dat hul begaafdhede nie hul eie is nie. Krag, tyd, intellek is maar geleende skatte. Dit behoort aan God en dit moet die voorneme van elke jongmens wees om dit vir die hoogste doel aan te wend. Hy is ‘n tak; waarvan God vrugte verwag; ‘n rentmeester, wie se kapitaal ‘n aanwas moet toon; ‘n lig, om die wêreld se duisternis te deurstraal.Op 57.5

    Elke jongmens, elke kind, het ‘n werk om tot eer van God en ter opheffing van die mensdom te doen.Op 58.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents