Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Skool in Eden

    “GELUKKIG DIE MENS WAT
    WYSHEID GEVIND,HET”

    DIE opvoedkundige sisteem wat aan die begin van die wêreld ingestel is, moes daarna deur alle tye heen vir die mens ‘n toonbeeld wees. As illustrasie van die beginsels hiervan is ‘n modelskool in Eden, ons oerouers se tuiste, gestig. Die tuin van Eden was die klaskamer, die natuur was die lesboek, die Skepper self was die leermeester en die ouers van die menslike geslag was die studente.Op 20.1

    Adam en Eva, geskape om na die “beeld en heerlikheid van God”te wees, het begaafdhede ontvang wat hul verhewe lotsbestemming nie onwaardig was nie. Hulle was sierlik en simmetries van gestalte, met reëlmatige en mooi gelaatstrekke, hul gesigte gloeiend met die kleur van gesondheid en die lig van vreugde en hoop en hulle het in hul uiterlike voorkoms die beeltenis van hul Skepper gedra. Ook het hierdie ooreenkoms nie net uit die fisieke wese geblyk nie. Elke gawe van verstand en siel het die Skepper se heerlikheid weerkaats. Toebedeel met verhewe begaafdhede van verstand en siel, is Adam en Eva ,,'n weinig minder as die engele gemaak” (Hebreërs 2:7), sodat hulle nie net die wondere van die sigbare heelal kon onderskei nie, maar sedelike verantwoordelikhede en verpligtinge kon begryp.Op 20.2

    “Ook het die Here God ‘n tuin geplant in Eden, in die Oosteen daar aan die mens wat Hy geformeer het, ‘n plek gegee. En die Here God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin.”Genesis 2:8,9. Hier, te midde van die pragtige natuurtonele, onaangeraak deur die sonde, sou ons oerouers hul opvoeding ontvang.Op 20.3

    Vanweë Sy belangstelling in Sy kinders het ons hemelse Vader persoonlik oor hul opvoeding toesig gehou. Dikwels is hulle deur Sy boodskappers, die heilige engele, besoek en van dié het hulle raad en onderrig ontvang. Dikwels, terwyl hulle in die tuin in die aandwindjie wandel, het hulle die stem van God gehoor en van aangesig tot aangesig met die Ewige gemeenskap gehou. Die gedagtes wat Hy aangaande hulle gekoester het, was “gedagtes van vrede en nie van onheil nie.”Jeremia 29:11. Elke voorneme van Hom het hul hoogste welsyn beoog.Op 21.1

    Aan Adam en Eva is die sorg van die tuin toevertrou, “om dit te bewerk en te bewaak.”Genesis 2:15. Hoewel hulle ryk was aan alles wat die Eienaar van die heelal kon voorsien, moes hulle nie ledig wees nie. Nuttige arbeid is as seen aan hulle opgedra, om die liggaam sterk te maak, die verstand te laat uitdy en die karakter te ontwikkel.Op 21.2

    Die boek van die natuur, wat sy lewende lesse voor hulle uitgesprei het, was ‘n onuitputlike bron van lering en lus. Op elke blaar van die bos en klip van die berge, in elke skynende ster, in aarde en see en lug was die Naam van God geskrywe. Met sowel die lewende, as die lewenslose skepping - met blaar en blom en boom en met elke besielde wese, vanaf die leviatan van die waters tot die stofdeeltjie in die sonstraal - het die Edenbewoners omgegaan en van elkeen sy lewensgeheime opgediep. Gods heerlikheid in die hemele, die ontelbare wêrelde in hul ordelike omwentelinge, “die gesweef van die wolke”(Job 37:16), die geheimenisse van lig en klank, van dag en nag - was alles studieonderwerpe vir die leerlinge van die aarde se eerste skool.Op 21.3

    Die wette en werkinge van die natuur en die groot waarheidsbeginsels wat die geestelike heelal beheer, is deur die oneindige Bewerker van alles vir hul verstande oopgestel. In “die verligting ... van die kennis van die heerlikheid van God”(2 Korinthiërs 4:6), het hul verstandelike en geestelike kragte ontwikkel en hulle het die uitnemendste vreugde van hul heilige bestaan gesmaak.Op 22.1

    Soos dit uit die Skepper se hand voortgekom het, was nie net die tuin van Eden nie, maar die ganse aarde wonderskoon. Geen sondesmet, of doodskaduwee, het die lieflike skepping geskend nie. Gods majesteit het die hemel bedek en die aarde was vol van Sy lof (Habakuk 3:3), “toe die móresterre saam gejubel en al die seuns van God gejuig het” Job 38:7. So was die aarde dan ‘n paslike sinnebeeld van Hom wat “lankmoedig en groot van goeder tierenheid en trou” (Exodus 34:6) is; ‘n paslike studie vir diegene wat na Sy beeld geskape is. Die tuin van Eden was ‘n voorstelling van wat God verlang het die hele aarde moes word en dit was Sy doel dat, namate die menslike geslag in getalle toeneem, hulle ander huisgesinne en skole sou stig soos die een wat Hy gegee het. So kon die hele aarde met verloop van tyd in besit geneem word deur huisgesinne en skole waar die woorde en werke van God bestudeer word en waar die studente op dié manier toegerus sou word om steeds meer en meer volkome, deur die eindelose eeue heen, die lig van die kennis van Sy heerlikheid te weerkaats.Op 22.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents