Die Dissipline van Lyding
Almal wat in hierdie wêreld opregte diens vir God en mens verrig, ontvang ‘n voorbereidende opleiding in die skool van leed. Hoe groter die verantwoordelikheid en hoe meer verhewe die diens, hoe feller is die beproewing en hoe strawwer die dissipline.Op 151.4
Bestudeer die ondervindings van Josef en van Moses, van Daniël en Dawid. Vergelyk die vroeë geskiedenis van Dawid met die geskiedenis van Salomo en let op die gevolge.Op 151.5
In sy jongelingsjare het Dawid intiem met Saul omgegaan en sy verblyf aan die hof en sy verbintenis met die koning se huisgesin het hom insig gegee in die sorge en leed en verleenthede wat deur die glans en praal van koninklikheid verberg word, Hy het gesien hoe min menslike glorie werd is om vrede in die siel te bring. En dit was met verligting dat hy uit die koning se hof na die skaapkrale en die kuddes teruggekeer het.Op 152.1
Toe hy deur die jaloesie van Saul as ‘n vlugteling die woestyn ingedryf is, het Dawid, van menslike hulp afgesny, swaarder op God geleun. Die onsekerheid en onrus van die woestynlewe, die onophoudelike gevaar daarvan, die noodsaak van herhaalde vlug, die karakter van die manne wat hulle daar by hom aangesluit het - “elkeen wat in benoudheid was en elkeen wat ‘n skuldeiser gehad het en elkeen wat verbitterd was”(1 Samuel 22:2) - alles het ‘n strenge selfdissipline des te nodiger gemaak. Hierdie ondervindings het die vermoë ontwikkel om met mense te werk, medelye met die verdruktes en haat vir onreg. Deur jare van wag en gevaar het Dawid geleer om in God sy troos, sy onderskraging, sy lewe te vind. Hy het geleer dat hy net deur Gods mag die troon sou kon bestyg; net in Sy wysheid sou hy verstandig kon regeer. Dit was deur opleiding in die skool van swaarkry en verdriet dat Dawid die lewensrekord kon agterlaat - hoewel dit later deur sy groot sonde geskend is - dat hy”aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen”het. 2 Samuel 8:15.Op 152.2
Die dissipline van Dawid se vroë ondervinding het in Salomo s'n ontbreek. In omstandighede, karakter en lewe was hy skynbaar bo alle andere begunstig. Edel in syjeug, edel in sy manlike jare, die beminde van sy God, het Salomo tot ‘n bewind toegetree wat groot belofte van rykdom en eer ingehou het. Nasies het hulle verwonder oor die kennis en insig van die man aan wie God wysheid geskenk het. Maar die hooghartigheid van voorspoed het skeiding van God meegebring. Van die vreugde van Goddelike ge meenskap het Salomo hom afgewend om bevrediging in sinsgenot te vind. Van hierdie ervaring sê hy: “Ek het groot werke onderneem: ek het vir my huise gebou, ek het vir my wingerde geplant. Ek het vir my tuine en parke aangelê.... Ek het slawe en slavinne gekoop.... Ek het vir my ook silwer en goud versamel en ‘n eiendom van konings en provinsies; ek het vir my sangers en sangeresse verskaf en die genoeëns van die mensekinders: lieflinge in menigte. En ek het groot en altyd groter geword bo almal wat voor my in Jerusalem gewees het.... En alles wat my oë begeer het, het ek hulle nie ontsê nie; my hart het ek van geen enkele vreugde teruggehou nie, want my hart het hom verheug vanweë al my moeitevolle arbeid.... Toe het ek gekyk na al my werke wat my hande tot stand gebring het en al die moeitevolle arbeid wat ek verrig het - en kyk, dit was alles tevergeefs en ‘n gejaag na wind en daar was geen voordeel onder die son nie. Daarna het ek my begewe om wysheid en onverstandigheid en dwaasheid in oënskou te neem, want wat sal die mens kan doen wat ná die koning kom? Wat lankal gedoen is!Op 152.3
“Daarom het ek die lewe gehaat.... En ek het gehaat al my arbeid wat ek onderdie son met moeite verrig het.” Prediker 2:412,17,18.Op 153.1
Uit sy eie bittere ondervinding het Salomo geleer hoe leeg die lewe is wat sy hoogste welstand in aardse dinge soek. Hy het altare vir heidense gode opgerig, om net maar te leer hoe nutteloos hul belofte van sielerus is.Op 153.2
In sy latere jare, toe hy hom vermoeid en dorstig van die wêreld se gebarste reënbakke afgewend het, het Salomo teruggekeer om weer by die fontein van die lewe te drink. Die geskiedenis van sy verkwiste jare, met hul waarskuwende lesse, het hy deur die Gees van inspirasie vir die nageslagte opgeteken. En so, hoewel die saad wat hy gesaai het as ‘n bose oes deur sy volk gemaai is, was die lewenstaak van Salomo nie heeltemal tevergeefs nie. Uiteindelik het die dissipline van lyding vir hom die aangewese werk voltooi.Op 153.3
Maar, met so ‘n daeraad, hoe heerlik kon sy lewensdag nie gewees het nie as Salomo in sy jeug die les geleer het wat lyding in die lewens van andere toegebring het!Op 154.1
Die Beproewing van JobOp 154.2
Vir diegene wat God liefhet, diegene wat”na Sy voorneme geroep is”(Romeine 8: 28) ,het Bybelse lewensbeskrywings nog ‘n meer verhewe les om oor die bediening van smart te leer.”Julle is my getuies, spreek die Here en Ek is God”(Jesaja 43:12) - getuies dat Hy goed is en dat goedheid oppermagtig is.”Want ons het ‘n skouspel gevierd vir die wêreld, vir die engele sowel as vir die mense.”1 Korinthiërs 4:9.Op 154.3
Onselfsugtigheid, die beginsel van Gods koninkryk, is die beginsel wat die Satan haat; hy ontken selfs die bestaan daarvan. Sedert die begin van die groot stryd trag hy om te bewys dat die spoorslag vir Gods optrede selfsugtig is en hy werk op dieselfde manier met almal wat God dien. Om die Satan se aanspraak te weerlë, is die werk van Christus en van almal wat Sy Naam dra.Op 154.4
Dit was om in Sy eie lewe ‘n illustrasie van onselfsugtigheid te gee dat Jesus in die gedaante van ‘n mens gekom het. En almal wat hierdie beginsel aanneem, moet Sy medewerkers wees om dit in die werklike lewe te demonstreer. Om wat reg is te kies omdat dit reg is; om vir die waarheid te staan al kos dit leed en opoffering -“dit is die erfdeel van die knegte van die Here en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die Here.”Jesaja 54:17.Op 154.5
Baie vroeg in die geskiedenis van die wêreld wórd die lewensverhaal al aangegee van iemand oor wie hierdie stryd van die Satan gevoer is.Op 155.1
Aangande Job, die patriarg van Us, was die getuienis van die Ondersoeker van harte:“Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, Godvresend en wat afwyk van die kwaad.”Op 155.2
Teen hierdie man het die Satan ‘n smadelike beskuldiging ingebring: “Is dit verniet dat Job God vrees? Het U nie self hom en sy huis en alles wat hy het, aan alle kante rondom, beskut nie?... Maar strek net u hand uit en tas alles aan wat hy het;””tas sy gebeente en sy vlees aanwaarlik, hy sal U in u aangesig seën!”Op 155.3
Toe së die Here aan die Satan: “Alles wat hy het, is in jou hand;””Kyk, hy is in jou hand; spaar net sy lewe.”Op 155.4
Met dié vergunning het die Satan al Job se besittings weggevee - kuddes en troppe, diensknegte en diensmeisies, seuns en dogters; en hy “het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.” Job 1:8-12; 2:5-7.Op 155.5
Nog ‘n verdere element van bitterheid is by sy beker gevoeg. Sy vriende, wat in teenspoed net die vergelding vir sonde kon sien, het sy gewonde en beswaarde siel met hul aanklagte van oortreding belaai.Op 155.6
Skynbaar deur hemel en aarde verlaat, terwyl hy tog aan sy geloof in God en sy bewustheid van integriteit vashou, het hy in angs en verwarring uitgeroep:Op 155.7
“Ek walg van my lewe.”
“Ag, as U maar in die doderyk wou wegsteek,
my wou verberg totdat u toorn bedaar het,
my ‘n bepaalde tyd wou stel en dan aan my wou dink!”Op 155.8
Job 10:1; 14:13.
“As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie;
ek roep om hulp maar daar is geen reg nie....
My eer het Hy van my afgetrek
en die kroon van my hoof weggeneem....
My broers het Hy ver van my verwyder,
en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword....
Die wat ek liefgehad het, het hulle teen mygekeer....
Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende,
want die hand van God het my getref!”
“Ag, as ek maar geweet het waar ek Hom kon vind,
maar kon kom tot by sy woning!...
Kyk, ek gaan na die ooste en Hy is nie daar nie;
en na die weste, maar ek bemerk Hom nie.
As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie;
buig Hy afna die suide, dan sien ek Hom nie.
Want Hy weet hoe my wandel is;
as Hy my toets, sal ek soos goud te voorskyn kom”
“Kyk, al wil Hy my ombring - ek hoop op Hom.”
“Maar ek, ek weet: My Verlosser leef;
en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.
En nadat hulle so my vel afgeskeur het,
sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;
Hom wat ék sal aanskou my ten goede,
en my oë - en geen vreemde nie - sal sien ”Op 156.1
Job 19:7-21; 23:3-10; 13:15; 19:25-27.
Ooreenkomstig sy geloof, so was dit vir Job. “As Hy my toets,” het hy gesê, “sal ek soos goud te voorskyn kom.”Job 23:10. So het dit dan ook gebeur. Deur sy geduldige volharding het hy sy eie karakter geregverdig en sodoende die karakter van Hom wie se verteenwoordiger hy was. “En die Here het die lot van Job verander... en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.... En die Here het die einde van Job meer geseën as sy begin” Job 42:10-12.Op 156.2
In die verslag van diegene wat deur selfverloëning tot deelgenootskap met die lyde van Christus toegetree het, staan die name - een in die Ou Testament en een in die Nuwe - van Jonatan en van Johannes die Doper.Op 156.3
Jonatan, volgens geboorte erfgenaam van die troon, wat nogtans geweet het dat hy deur die Goddelike bevel verwerp is; vir sy mededinger die teerste en getrouste vriend, wat Dawid se lewe met groot gevaar vir sy eie beskerm het; standvastig aan sy vader se sy deur die donker dae van kwynende mag, om aan sy sy, uiteindelik te val - die naam Jonatan word in die hemel hoog geag; en op aarde is dit ‘n getuienis van die bestaan en die mag van onbaatsugtige liefde.Op 157.1
Johannes die Doper het by sy verskyning as die Messias se voorloper, die volk in beroering gebring. Van plek tot plek is sy voetstappe deur ontsaglike mensemassas uit elke rang en stand gevolg. Maar toe die Een kom van wie hy getuig het, het alles verander. Die menigtes het Jesus gevolg en dit het geblyk dat Johannes se werk snel sy einde bereik. Tog het sy geloof nie gewankel nie. “Hy moet meer word,” het hy gesê, “maar ek minder.” Johannes 3:30.Op 157.2
Die tyd het verbygegaan en die koninkryk wat Johannes vol vertroue verwag het, is nie opgerig nie. In Herodes se kerker, van die lewegewende lug en woestynvryheid afgesny, het hy gewag en daarna uitgesien.Op 157.3
Daar was geen wapenvertoon; geen gevangenisdeure wat oopgeruk is nie; maar die genesing van die siekes, die verkondiging van die evangelie, die opheffing van die siele van mense, het van Christus se sending getuig.Op 157.4
Alleen in die kerker, toe hy sien waarheen sy pad, soos sy Meester s'n, lei, het Johannes die toevertroude pandgemeenskap met Christus in opoffering - aangeneem. Hemelse boodskappers het hom na sy graf vergesel. Die wesens van die heelal, gevallenes en ongevallenes, het sy handhawing van onselfsugtige diens aanskou.Op 157.5
En in al die geslagte wat sedertdien verbygegaan het, is lydende siele deur die getuienis van Johannes se lewe onderskraag. In die kerker, op die skavot, in die vlamme, is manne en vroue deur eeue van duisternis versterk deur die herinnering aan hom van wie Christus verklaar het:“Onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter... is nie.” Matthéus 11:11. “En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gideon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal, wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop, die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leers van vreemdes op die vlug gedryf het.Op 157.6
“Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ‘n beter opstanding te kan verkry. Ander weer het die proef van bespottinge en géselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis. Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel - die wêreld was hulle nie werd nie - hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in diegrond.Op 158.1
“En alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie, omdat God iets beters oor ons beskik het, sodat hulle nie sonder ons volmaak sou word nie”Hebreërs 11:32-40.Op 158.2