Ontspanning
“ ALLES HETSY BEPAALDE UUR,”
DAAR is ‘n verskil tussen ontspanning en vermaaklikheid. Ontspanning beteken eintlik herskepping en neig daartoe om te versterk en op te bou. Deur ons uit ons gewone sorge en werksaamhede weg te roep, voorsien dit ‘n verkwikking vir verstand en liggaam en stel ons dus in staat om met nuwe krag na die ernstige take van die lewe terug te keer. Vermaaklikheid, daarenteen, word net ter wille van plesier begeer en word dikwels oordryf; dit neem die kragte in beslag wat vir nuttige werk nodig is en is sodoende ‘n hinderpaal vir ware lewensukses.Op 207.1
Die hele liggaam is vir werksaamheid ontwerp; en tensy die liggaamlike vermoëns deur aktiewe oefening gesond gehou word, kan die verstandelike kragte nie lank tot hul volle kapasiteit aangewend word nie. Die liggaamlike inaktiwiteit wat in die klaskamer skynbaar so te sê onvermydelik is - tesame met ander ongesonde toestandemaak dit vir kinders ‘n lastige plek, veral vir die wat swak gestelle het. Dikwels is die ventilasie onvoldoende. Sleg geboude banke bevorder onnatuurlike posisies, wat op dié manier die werking van die longe en die hart inperk Hier moet klein kindertjies van drie tot vyf uur per dag deurbring, terwyl hulle lug inasem wat met onsuiwerheid belaai en miskien met siektekieme besmet is. Geen wonder dat die grondslag vir lewenslange siekte so dikwels in die klaskamer gelê word nie. Die brein, die delikaatste van al die fïsieke organe en dié een waarvan die senuenergie van die hele gestel afkomstig is, ly die grootste skade. Deur dit in voortydige of oormatige aktiwiteit. in te dwing en dit in ongesonde toestande, word dit verswak en dikwels is die bose gevolge permanent.Op 207.2
Kinders moet nie lank binnenshuis opgesluit word nie, ook moet daar nie van hulle verwag word om hulle intensief op studie toe te lê alvorens ‘n goeie fondament vir liggaamlike ontwikkeling gelê is nie. Gedurende die eerste agt of tien jaar van ‘n kind se lewe is die veld of tuin die beste klaskamer, die moeder die beste onderwyseres, die natuur die beste lesboek. Selfs wanneer die kind oud genoeg is om skool te gaan, moet sy gesondheid as van groter belang geag word as boekgeleerdheid. Hy moet omring word deur die toestande wat vir sowel fïsieke as verstandelike groei die gunstigste is.Op 208.1
Nie net die kind verkeer weens gebrek aan lug en oefening in gevaar nie.In die hoër sowel as in die laer skole word hierdie noodsaaklike vereistes vir die gesondheid nog te dikwels afgeskeep. Menige student sit dag na dag in ‘n bedompige kamer oor sy boeke gebuig, sy bors so inmekaargedruk dat hy nie ‘n volle, diep asemteug kan intrek nie en sy bloedsomloop is traag, sy voete koud, sy kop warm. Omdat die liggaam nie voldoende gevoed word nie, word die spiere verswak en die hele gestel ontsenu en sieklik. Dikwels word sulke studente lewenslange invalides. Hulle kon met ‘n toename van fisieke sowel as verstandelike krag uit die skool gekom het, as hulle hul studie in behoorlike omstandighede voortgesit het, met gereelde oefening in die sonskyn en buitelug.Op 208.2
Die student wat met ‘n beperkte hoeveelheid tyd en middele spartel om ‘n opvoeding te verkry, moet besef dat dit wat aan liggaamlike oefening bestee word, nie verkwis word nie. Wie voortdurend in sy boeke verdiep is, sal met verloop van tyd vind dat die verstand sy varsheid verloor het. Diegene wat behoorlike aandag aan liggaamlike ontwikkeling skenk, sal met die geieerdheid groter vooruitgang maak as wat hulle sou indien al hulle tyd aan studie gewy word.Op 208.3
Deur uitsluitlik een denkrigting te volg, raak die verstand dikwels in die war. Maar elke vermoë kan met veiligheid aangewend word as die verstandelike en liggaamlike kragte ewe veel ingespan en die gedagteonderwerpe afgewissel word.Op 209.1
Fisieke onaktiwiteit verminder nie net verstandelike krag nie, maar ook die sedelike. Die breinsenuwees wat met die hele gestel verbind is, is die medium waardeur die hemel met die mens kommunikeer en die innerlike lewe beïnvloed. Wat ook al die sirkulasie van die elektriese stroom in die senuweestelsei verhinder en sodoende die lewenskrag verswak en verstandelike ontvanklikheid laat afneem, maak dit moeiliker om die sedelike natuur te wek.Op 209.2
Verder skep oormatige studie, omdat dit die bloedtoevoer na die brein vermeerder, ‘n ongesonde prikkelbaarheid wat daartoe neig om die mag van selfbeheersing in te kort en te dikwels laat dit impuls of wispelturigheid die oorhand kry. Sodoende word die deur vir onreinheid oopgestel. Die misbruik of onbruik van die liggaamskragte is grotendeels verantwoordelik vir die vloedgolf van korrupsie wat oor die wêreld spoel. “Trotsheid, oorvloed van brood en sorgelose rus/'is in hierdie geslag net sulke dodelike vyande van die menslike vooruitgang as toe dit tot die verwoesting van Sodom gelei het.Op 209.3
Onderwysers moet hierdie dinge verstaan en behoort hulle leerlinge in dié sake te onderrig. Leer die studente dat ‘n gesonde leefwyse van die regte denkbeelde afhang en dat fisieke aktiwiteit vir rein gedagtes noodsaaklik is.Op 209.4
Die vraagstuk van geskikte ontspanning vir hulle leerlinge is iets wat die onderwysers dikwels onthuts. Gimnastiese oefeninge neem ‘n nuttige plek in baie skole in; maar sonder sorgvuldige toesig word dit dikwels oordryf. In die gimnasium het menigejongmense hulleself al, deur hul gepoogde kragtoere, lewenslange beserings toegedien.Op 210.1
Oefening in die gimnasium, hoe goed dit ook al gedoen word, kan nie die plek van ontspanning in die buitelug inneem nie en hiervoor moet ons skole beter geleenthede skep. Inspannende oefening moet die leerlinge hê. Min euwels moet meer as leeglêery en doelloosheid gevrees word. Nogtans is die neiging van die meeste atletiese sportsoorte ‘n onderwerp van bekommernis vir diegene wat die welsyn van die jeug op die hart dra. Onderwysers is besorg wanneer hulle die invloed van hierdie sportsoorte op sowel die student se vooruitgang op skool as op sy sukses in die latere lewe in ag neem. Die spele wat soveel van sy tyd in beslag neem, lei die gedagtes van studie af weg. Dit help nie om die jeug vir praktiese, ernstige werk in die lewe voor te berei nie. Hul invloed neig nie tot verfyning, edelmoedigheid of ware manlikheid nie.Op 210.2
Sommige van die gewildste vermaaklikhede, soos voetbal en boks, het leerskole vir brutaliteit geword. Dit ontwikkel dieselfde eienskappe as die spele van antieke Ronie. Die liefde vir oorheersing, die trots op blote brute krag, die roekelose verontagsaming van die lewe, oefen op die jeug ‘n demoraliserende mag uit wat verskriklik is.Op 210.3
Ander atletiese spele is, hoewel nie so verdierlikend nie, skaars minder afkeurenswaardig, weens die oordaad waartoe dit gevoer word. Dit stimuleer die liefde vir genot en opwinding en kweek dus ‘n teensin in nuttige arbeid, ‘n neiging om die praktiese pligte en verantwoordelikhede te ontwyk. Dit neig om die lus vir die lewe se alledaagse werklikhede en sy rustige genietinge te vernietig. So word die deur tot losbandigheid en wetteloosheid oopgestel, met hul vreeslike gevolge.Op 210.4
Soos gewoonlik gehou, is vermaaklikheidspartytjies ook ‘n belemmering vir ware groei, van of die verstand of die karakter. Ligsinnige geselskap, gewoontes van spandabelheid, van plesiersoekery en te dikwels van losbandOp 211.1
igheid, word gevorm, wat die hele lewe ten kwade fatsoeneer. In die plek van sulke vermaaklikhede kan ouers en onderwysers veel doen om gesonde en lewegewende tydverdryf te voorsien.Op 211.2
In dié, soos in alle ander sake wat ons welsyn raak, het Ingewing die weg aangewys. In die vroeë eeue, toe die volk onder Gods leiding gestaan het, was die lewe eenvoudig. Hulle het na aan die hart van die natuur gelewe. Hulle kinders het hul ouers se arbeid gedeel en die prag en verborgenhede van die natuur se skathuis bestudeer. En in die stilte van veld en woud het hulle daardie magtige waarhede bepeins wat van geslag tot geslag as ‘n heilige kleinood aan hulle oorgelewer is. So ‘n opleiding het sterk manne gelewer.Op 211.3
In hierdie eeu het die lewe kunsmatig geword en mense het ontaard. Hoewel ons miskien nie ten volle na die eenvoudige gewoontes van daardie vroeë tye sal terugkeer nie( kan ons daaruit lesse leer wat ons tye van ontspanning tye van ware opbou vir liggaam en verstand en siel sal maak.Op 211.4
Met die vraagstuk van ontspanning het die omgewing van die huis en skool baie te doene. In die keuse van ‘n tuiste of die plek vir ‘n skool moet hierdie dinge in ag geneem word. Diegene vir wie verstandelike en fisieke welsyn gewigtiger as geld of die aansprake en gewoontes van die samelewing is( moet vir hulle kinders die voordele van die natuur se onderrig en ontspanning te midde van sy omgewing, soek. Dit sou in opvoedkundige werk ‘n groot hulpmiddel wees as elke skool so geleë kon wees dat dit die leerlinge grond vir bewerking en toegang tot veld enbos kon bied.Op 211.5
Ten opsigte van ontspanning vir die student sal die beste resultate deur die persoonlike samewerking van die onderwyser verkry word. Die ware onderwyser kan aan sy leerlinge min geskenke gee wat so kosbaar is as die gawe van sy eie kameraadskap. Dit is waar van manne en vroue en hoeveel te meer van jongmense en kinders, dat net namate ons deur simpatie met hulle in aanraking kom, ons hulle kan verstaan en ons sal moet verstaan om op ons doeltreffendste te kan bevoordeel. Om die gevoelsband tussen onderwyser en student te versterk, is daar min maniere wat soveel waarde het as aangename samesyn met mekaar buitekant die klaskamer. In sommige skole is die onderwyser altyd saam met sy leerlinge gedurende hul ure van ontspanning. Hy voeg hom by hulle in hul ondernemings, vergesel hulle op hul uitstappies en vereenselwig hom skynbaar met hulle. Dit sou vir ons skole goed wees indien hierdie gewoonte algemener nagevolg sou word.Op 212.1
Die opoffering wat van die onderwyser vereis word, sou groot wees, maar hy sou ‘n ryke beloning oes.Op 212.2
Geen ontspanning wat net ten nutte van hulself sou wees, sal die kinders en jongmense soveel tot seën strek as die wat hulle hulpvaardig teenoor andere maak nie. Van nature geesdriftig en ontvanklik, reageer die jongmense gou op voorstelle. Laat die onderwyser, wanneer hy planne beraam om plante te kweek, trag om ‘n belangstelling vir die verfraaiing van die skoolgrond en die klaskamer gaande te maak. ‘n Dubbele voordeel sal hieruit spruit. Wat die leerlinge probeer om te verfraai, sal hulle onwillig wees om te laat beskadig of ontsier. ‘n Verfynde smaak, ordeliewendheid en die gewoonte van sorgsaamheid sal aangemoedig word; en die gees van kameraadskap en samewerking wat tot stand kom, sal vir die leerlinge ‘n lewenslange seen wees.Op 212.3
So ook kan ‘n nuwe belangstelling in tuinwerk of die uitstappie in veld of bos gewek word wanneer die leerlinge aangespoor word om te dink aan diegene wat ingeperk is, weg van hierdie aangename plekke af en om die mooi dinge van die natuur met hulle te deel.Op 213.1
Die waaksame onderwyser sal baie geleenthede vind om sy leerlinge tot hulpvaardige dade te besiel. Veral deur klein kindertjies word die onderwyser met byna grenslose vertroue en agting bejeën. Wat hy ook al mag voorstel oor maniere om tuis hulpvaardig te wees, getrouheid in die alledaagse take, die versorging van die siekes of die armes, kan byna nie anders as om vrugte op te lewer nie. En so kan daar weer eens ‘n dubbele voordeel verkry word. Die vriendelike voorstel sal op sy bron reageer. Dankbaarheid en samewerking van die kant van die ouers sal die onderwyser se las verlig en sy pad bestraal.Op 213.2
Aandag aan ontspanning en liggaamlikeopvoeding sal ongetwyfeld by tye die gereelde roetine van die skoolwerk onderbreek; maar die onderbreking sal nie ‘n werklike hindernis wees nie. Deur die verlewendiging van verstand en liggaam, die aankweek van ‘n onselfsugtige gesindheid en die samesnoering van leerling en onderwyser deur bande van gemeenskaplike belang en vriendelike omgang, sal die besteding van tyd en moeite honderdvoudig beloon word. ‘n Geseënde veiligheidsklep vir daardie rustelose energie wat vir jongmense so dikwels ‘n bron van gevaar is, sal voorsien word. As ‘n skans teen kwaad is die vroeëre inbesitname van die verstand deur die goeie meer werd as ontelbare versperrings van wet en dissipline.Op 213.3