Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Sakebeginsels en -Metodes

    “HY WAT IN OPREGTHEID
    WANDEL, WANDEL VEILIG”

    DAAR is geen vertakking van geoorloofde handelsake waarvoor die Bybel nie ‘n essensiële voorbereiding bied nie. Sy beginsels van ywer, eerlikheid, spaarsin, matigheid en reinheid is die geheim van ware sukses. Hierdie beginsels, soos in die boek Spreuke uiteengesit is, vorm ‘n skatkis van praktiese wysheid. Waar kan die handelaar, die ambagsman, die leier van mense in enige sakeafdeling beter stelreëls vir homself of vir sy werknemers vind as die wat in hierdie woorde van die wyse man aangetref word?:Op 135.1

    “Sien jy ‘n man wat vaardig is in sy werk - hy kan voor konings staan, hy hoef nie voor geringes te staan nie.” Spreuke 22:29.Op 135.2

    “In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek” Spreuke 14:23.Op 135.3

    “Die siel van die luiaard begeer en daar is niks nie.”'n Drinker en ‘n vraat sal arm word en slaperigheid laat stukkende klere dra.”Spreuke 13:4; 23:21.Op 135.4

    “Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.”Spreuke 20:19.Op 135.5

    “Wie sy woorde inhou, besit kennis;””maar elke sot breek los.” Spreuke 17:27; 20:3.Op 135.6

    “Kom nie op die pad van die goddelose ... nie;””of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry?” Spreuke 4:14; 6:28.Op 136.1

    “Gaan met die wyse om, dan word jy wys.” Spreuke 13:20.Op 136.2

    “'n Man met baie vriende word geruïneer.”Spreuke 18:24.Op 136.3

    Die hele kringloop van ons verpligting teenoor mekaar word deur dié uitspraak van Christus omvat:“Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen.”Matthéus 7:12.Op 136.4

    Hoe menige man kon miskien geldelike mislukking en ondergang vermy het deur ag te slaan op die waarskuwings wat so dikwels in die Skrif herhaal en benadruk word:Op 136.5

    “Hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.” Spreuke 28:20.Op 136.6

    “Goed wat uit niks verkry is, word minder; maar hy wat met die hand bymekaarmaak, kryaltyd meer”Spreuke 13:11.Op 136.7

    “Die verwerwing van skatte deur ‘n valse tong is ‘n verwaaide asem - dodelike valstrikke.” Spreuke 21:6.Op 136.8

    “Hy wat leen, is ‘n slaafvan die man wat uitleen.”Spreuke 22:7.Op 136.9

    “Baie sleg word iemand behandel as hy vir ‘n ander borg gestaan het; maar hy wat haat wie die handslag gee, is veilig” Spreuke 11:15.Op 136.10

    “Verlê die ou grenslyne nie en kom nie op die landerye van die wese nie. Want hulle Verlosser is sterk, Hy sal hulle saak teen jou verdedig.””Wie die arme verdruk, bevoordeel hom; hy wat aan die ryke gee, verarm hom net.” “Wie ‘n kuil grawe, sal daarin val; en hy wat ‘n klip rol, dit sal na hom terugkom.”Spreuke 23:10,11; 22:16; 26:27.Op 136.11

    Dit is beginsels waarmee die welsyn van die samelewing, van sowel sekulêre as godsdienstige genootskappe saamhang. Dit is dié beginsels wat aan eiendom en lewe sekuriteit verleen. Vir alles wat vertroue en samewerking moontlik maak, is die wêreld dank verskuldig aan die wet van God, soos dit in Sy Woord aangegee word en soms nog in die harte van mense geskrywe staan, in reels wat dikwels onduidelik en byna uitgewis is.Op 137.1

    Die woorde van die psalmdigter: “Die wet van u mond is vir my beter as duisende stukke goud en silwer” (Psalm 119:72), beweer wat waar is uit ‘n oogpunt anders as die godsdienstige. Dit verklaar ‘n absolute waarheid, wat ook in die sakewêreld erken word. Selfs in hierdie eeu behep met geldmakery, wanneer mededinging so skerp en die metodes so gewetenloos is, word daar nog algemeen erken dat, vir ‘n jongman wat aan die begin van sy lewe staan, integriteit, ywer, matigheid, reinheid en spaarsin ‘n beter kapitaal uitmaak as enige blote geldbedrag.Op 137.2

    Maar selfs onder diegene wat die waarde van hierdie eienskappe hoogag en die Bybel as hulle bron erken, is daar maar min wat die beginsel insien waarvan dit afhanklikis.Op 137.3

    Wat aan die fondament van sake-integriteit en van ware sukses lê, is die erkenning van Gods eiendomsreg. Die Skepper van alle dinge, Hy is die oorspronklike eienaar. Ons is Sy rentmeesters. Alles wat ons het, is ‘n pand van Hom, om volgens Sy opdrag aan te wend.Op 137.4

    Dit is ‘n verpligting wat op elke mens rus. Dit raak die hele gebied van menslike werksaamheid. Of ons dit erken of nie, ons is rentmeesters, wat deur God met talente en vaardighede toebedeel en in die wêreld geplaas is, om ‘n werk te doen wat deur Hom beskik is.Op 137.5

    Vir elkeen is “sy werk” gegee (Markus 13:34), die werk waarvoor sy vermoëns hom toerus - die werk wat die grootste nut vir homself en sy medemens en die hoogste verheerliking van God, tot gevolg sal hê.Op 138.1

    So is ons handelsaak of roeping ‘n deel van Gods groot plan en solank dit ooreenkomstig Sy wil bedryf word, is Hy self vir die gevolge verantwoordelik. “Ons is medewerkers van God”(1 Korinthiërs 3:9) en ons deel die getroue nakoming van Sy bevele. Daar is dus geen plek vir bekommernis nie. Ywer, trou, versigtigheid, spaarsin en oorleg is nodig. Elke vermoë moet tot sy uiterste kapasiteit aangewend word. Maar dit sal afhang, nie van die suksesvolle uitslag van ons pogings nie, maar van die belofte van God. Die woord wat Israel in die woestyn gevoed en Elia deur die tyd van hongersnood onderhou het, besit vandag nog dieselfde mag.”Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat salons eet, of wat salons drink... nie? Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid en al hierdie dinge sal vit julle bygevoeg word.”Matthéus 6:31-33.Op 138.2

    Hy wat aan die mens die mag gee om rykdom te verwerf, het ‘n verpligting aan die gawe verbind. Van alles wat ons verkry, eis Hy ‘n spesifieke deel. Die tiende behoort aan die Here. “Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome,... al die tiendes van beeste en kleinvee... moet aan die Here heilig wees.”Levitikus 27:30,32. Die gelofte wat deur Jakob te Bet-el gedoen is, toon die omvang van die verpligting. “Van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan.”Genesis 28:22.Op 138.3

    “Bring die hele tiende na die skathuis” (Maleagi 3:10) is Gods bevel. Daar word geen beroep op dankbaarheid of vrygewigheid gedoen nie. Dié is ‘n saak van doodgewone eerlikheid. Die tiende behoort aan die Here; en Hy beveel ons om aan Hom terug te besorg wat Sy eie is.Op 138.4

    “Verder word van die bedienaars vereis dat hulle getrou bevind moet word.” 1 Korinthiërs 4:2. As eerlikheid ‘n essensiële beginsel van die sakelewe is, moet ons nie ons verpligting teenoor God erken nie - die verpligting wat alle ander ten grondslag lê?Op 139.1

    Ingevolge ons rentmeesterskap is ons onder ‘n verpligting geplaas, nie net teenoor God nie, maar teenoor die mens. Aan die eindelose liefde van die Heiland is elke mens die gawes van die lewe verskuldig. Voedsel en kleding en ‘n dak oor die hoof, liggaam en verstand en siel - alles is deur Sy bloed gekoop. En deur die verpligting van erkentlikheid en diens wat sodoende opgelê is, het Christus ons aan ons medemens verbind. Hy beveel ons:“Dien mekaar deur die liefde.”Galasiërs 5:13.”Vir sover julle dit gedoen het. aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.” Matthéús 25:40.Op 139.2

    “Teenoor Grieke sowel as nie-Grieke,” verklaar Paulus, “teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek ‘n skuldenaar.” Romeine 1:14. So is ons ook. Deur alles wat ons lewens bo andere geseën het, is ons ‘n verpligting opgelê teenoor elke mens vir wie ons kan bevoordeel.Op 139.3

    Hierdie waarhede geld nie meer vir die binnekamer as die kantoor nie. Die goedere wat ons hanteer, is nie ons eie nie en nooit kan hierdie feit met veiligheid uit die oog verloor word nie. Ons is net rentmeesters en van hoe ons, ons verpligtinge teenoor God en die mens nakom, hang sowel die voorspoed van ons medemens as ons eie lotsbestemming vir hierdie lewe en vir die komende lewe af.Op 139.4

    “Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.”Op 139.5

    “Werp jou brood uit op die water, want ná verloop van baie dae sal jy dit vind.””Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.” Spreuke 11:24; Prediker 11:1; Spreuke 11:25.Op 140.1

    “Vermoei jou nie om ryk te word nie.... Sou jy jou oë daarop laat afvlieg? Maar weg is dit! want skielik maak dit vir hom vlerke en vlieg soos die arend na die hemel toe!”Spreuke 23:4,5.Op 140.2

    “Gee en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.” Lukas 6:38.Op 140.3

    “Vereer die Here uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos.” Spreuke 3:9,10.Op 140.4

    “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die Here van die leërskare of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle ‘n oorvloedige seën sal uitstort nie. Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie.... En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees.”Maleagi 3:10-12.Op 140.5

    “As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen, sal Ek julle reëns gee op die regte tyd en die land sal sy opbrings gee en die bome van die veld sal hulle vrugte gee. En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig in julle land woon ... sonder dat iemand julle skrikrnaak.” Levitikus 26:3-6.Op 140.6

    “Soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.””Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die Here sal hom red in die dag van onheil. Die Here sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde, Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.”“Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde.” Jesaja 1:17; Psalm 41:2,3; Spreuke 19:17.Op 141.1

    Hy wat hierdie belegging maak, hoop ‘n dubbele skat op. Behalwe wat hy, hoe verstandig hy dit ook al vermeerder het, uiteindelik sal moet agterlaat, gaar hy rykdom vir die ewigheid op - daardie karakterskat wat die kosbaarste besitting op aarde of in die hemel is.Op 141.2

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents