Van Swakheid tot Krag
Die geskiedenis van geeneen van die dissipels illustreer Christus se opleidingsmetode beter as die geskiedenis van Petrus nie. Dapper, aggressief en vol self vertroue, skerpsinnig en voortvarend, gou om te vergeld tog edelmoedig in sy vergifnis, het Petrus dikwels gefouteer en dikwels teregwysing ontvang. Ook is sy hartlike lojaliteit en toewyding aan Christus nie minder beslis erken en geloof nie. Geduldig, met oordeelkundige liefde, het die Heiland Sy voortvarende dissipel behandel, Deur te traag om sy selfversekerdheid te beteuel en hom deemoed, gehoorsaamheid en vertroue te leer.Op 88.1
Maar die les is net gedeeltelik geleer. Selfgenoegsaamheid is nie ontwortel nie.Op 88.2
Dikwels het Jesus, met die las swaar op Sy eie hart, getrag om aan die dissipels die tonele van Sy verhoor en leiding oop te stel. Maar hul oë is weerhou. Die kennis was onwelkom en hulle het dit nie ingesien nie. Selfbejammering, wat vir gemeenskap met Christus in Sy leiding teruggedeins het, het Petrus se teregwysing uitgelok:“Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!”Matthéus 16:22. Sy woorde het die gedagte en gevoel van die Twaalf uitgedruk.Op 88.3
So het hulle voortgegaan, terwyl die krisis nader gekruip het; hulle, groot praterig, twissiek en by voorbaat Koninklike eerbewyse aan ‘t uitdeel, maar van die kruis het hulle nie kon droom nie.Op 88.4
Vir hulle almal het Petrus se ondervinding ‘n les ingehou. Vir selfvertroue is beproewing n neerlaag. Die gewisse uitwerking van die onafgestorwe kwaad kon Christus nie verhoed nie. Maar net soos Sy hand uitgestrek was om te red toe die golwe op die punt gestaan het om Petrus te oorweldig, so het Sy liefde uitgereik om hom te verlos toe die diep waters oor sy siel gespoel het. Keer op keer, op die uiterste rand van die ondergang, het Petrus se grootpraterige woorde hom steeds nader en nader aan die kantjie gebring. Keer op keer is die waarskuwing gehoor: Jy sal drie maal loën dat jy My ken (Lukas 22:34).Op 88.5
Dit was die gekrenkte, liefdevolle hart van die dissipel wat die gelofte uitgespreek het: “Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan”(Lukas 22:33); en Hy wat die hart lees, gee aan Petrus die boodskap, toe min waardeer, maar wat in die spoedig dalende duisternis ‘n ligstraal van hoop sou laat skyn:“Simon, Simon, kyk, die Satan het vurig begeer om julle soos koring te sif. Maar Ek het vir jou gebid, dat jou geloof nie ophou nie; en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk.” Lukas 22:31,32.Op 89.1
Toe die woorde van verloëning in die hofsaal gespreek is; toe Petrus se liefde en lojaliteit, onder die Heiland se blik van bejammering en liefde en verdriet gewek, hom laat uitwyk het na die tuin waar Christus geween en gebid het; toe sy trane van berou op die sooie geval het wat deur die bloeddruppels van Sy foltering benat is-toe was die woorde van die Heiiand: “Ek het virjou gebid... en asjy eendag bekeerd is;moetjyjou broeders versterk,” ‘n onderskraging vir sy siel. Hoewel Christus sy sonde vooruitgesien het, het Hy hom nie aan vertwyfeling oorgelaat nie.Op 89.2
As die blik wat Jesus op hom gewerp het; veroordeling in plaas van medelye geuiter het; as Hy, toe Hy die sonde voorspel het, nagelaat het om hoop in te boesem, hoe dig sou die duisternis wat Petrus omring het, nie gewees het nie! Hoe roekeloos die wanhoop van daardie geteisterde siel! Wat kon hom( in daardie uur van sielesmart en selfveragting, weerhou het van die weg wat deur Judas betree is?Op 89.3
Hy wat Sy dissipel nie die angs kon spaar nie, het hom nie alleen aan die bitterheid daarvan oorgelaat nie. Syne is ‘n liefde wat nie te kort skiet of versaak nie.Op 90.1
Mense, wat self aan die kwaad verslaaf is, is geneig om die versoektes en die afgedwaaldes hardvogtig te behandel. Hulle kan die hart nie lees nie, hulle ken nie sy worsteling en pyn nie. Van die teregwysing wat liefde is, van die hou wat wond om te genees, van die waarskuwing wat hoop uiter, het hulle nodig om te leer.Op 90.2
Dit was nie Johannes, wat in die hofsaal saam met Hom gewaak, wat by Sy kruis gestaan en van die Twaalf die eerste by die graf was nie - dit was nie Johannes nie, maar Petrus, wat deur Christus na Sy opstanding opsy naam genoem is.”Gaan sê vir sy dissipels en vir Petrus,“het die engel berig, “dat Hy voor julle uit gaan na Galilea.”Markus 16:7.Op 90.3
Tydens die laaste ontmoeting van Christus met die dissipels by die see,is Petrus, beproef deur die drie keer herhaalde vraag: “Het jy My lief?” herstel tot sy plek onder die Twaalf. Sy werk is aan hom opgedra; hy moes die Here se skape iaat wei Toe, as Sy laaste persoonlike bevel, het Jesus gesê: “Volg jy My.”Johannes 21:17, 22.Op 90.4
Nou kon hy die woorde waardeer. Die les wat Christus geleer hét toe Hy ‘n klein kindjie in die midde van die dissipels gestel en hulle gebied het om soos dié te word, kon Petrus nou beter verstaan. Omdat hy sowel sy swakheid as Christus se mag meer volkome begryp het, was hy gereed om te vertrou en gehoorsaam te wees. In Sy krag kon hy sy Meester volg.Op 90.5
En aan die einde van sy ondervinding van arbeid en opoffering, het die dissipel'wat eenmaal traag was om die kruis te gewaar, dit ‘n vreugde geag om sy lewe vir die evangelie te gee, maar hy het net gevoel dat dit vir hom wat die Here verloën het, ‘n te groot eer is om op dieselfde manier te sterf as wat Sy Meester gesterf het.Op 90.6
Petrus se herskepping was ‘n wonderwerk van Goddelike teerheid. Dit is ‘n lewensles vir almal wat trag om in die voetstappe van die Weergalose Onderwyser te volg.Op 91.1