Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    'n Liefdesles

    Jesus het Sy dissipels tereggewys, Hy het hulle gewaarsku en vermaan; maar Johannes en Petrus en hul broeders het Hom nie verlaat nie. Ondanks die teregwysinge het hulle verkies om by Jesus te wees. En die Heiland het Hom nie, weens hul foute, van hulle onttrek nie. Hy neem mense soos hulle is, met al hul foute en swakhede en lei hulle vir Sy diens op, as hulle gewillig is om deur Hom getugtig en geleer te word.Op 91.2

    Maar daar was een van die Twaalf teenoor wie Christus, tot baie na aan die slot van Sy werk, geen woord van direkte vermaning gespreek het nie.Op 91.3

    Met Judas is daar ‘n gesindheid van antagonisme onder die dissipels ingebring. Toe hy hom aan Jesus verbind het, het hy op die aantreklikheid van Sy karakter en lewe gereageer. Hy het ‘n opreg verandering in homself begeer en het gehoop om dit deur ‘n verbintenis met Jesus te ervaar. Maar hierdie verlange het nie die oorhand gekry nie. Wat hom regeer het, was die hoop op selfsugtige voordeel in die wêreldse koninkryk wat hy verwag het Christus tot stand sou bring. Hoewel hy die Goddelike mag van Christus se liefde erken het, het Judas hom nie aan die opperheerskappy daarvan oorgegee nie. Hy het voortgegaan om sy eie oordeel en opinies te koester, sy geneigdheid tot kritiek en veroordeling. Christus se motiewe en bewegings, dikwels so ver bo sy begrip verhef, het twyfel en afkeuring uitgelok en sy eie twyfel en ambisies het hul by die dissipels ingewerk. Baie van hul stryd om die oppermag, veel van hulle ontevredenheid met Christus se metodes, het sy oorspring by judas gehad.Op 91.4

    Jesus, wat gesien het dat om hom teen te werk, net verharding sou meebring, het Hom van direkte konflik weerhou. Die enger wordende selfsug van Judas se lewe het Christus deur kontak met Sy eie selfopofferende liefde probeer genees. Met Sy onderrig het Hy beginsels ontbloot wat die by! aan die wortel van die dissipel se egosentriese ambisies gelê het. So is les op les gegee en heel dikwels het Judas besef dat sy karakter uitgebeeld en sy sonde aangedui is; maar hy wou hom nie oorgee nie.Op 92.1

    Omdat die pleitstem van genade weerstaan is, het die bose drifte uiteindelik hoogty gevier. Judas, deur ‘n geïmpliseerde berisping kwaad gemaak en vanweë die verydeling van sy ambisieuse drome tot desperaatheid gedryf, het sy siel aan die duiwel van hebsug oorgegee en hom voorgeneem om sy Meester te verraai. Uit die bovertrek van die Pasga, die vreugde van Christus se teenwoordigheid en die lig van onsterflike hoop het hy gegaan om sy bose werk te doen-die buitenstc duisternis in, waar daar geen hoop was nie.Op 92.2

    “Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie en wie. hy was wat Hom sou verraai.” Johannes 6:64. Nogtans, hoewel Hy dit alles geweet het, het Hy geen pleidooi van genade of liefdesgawe teruggehou nie.Op 92.3

    Omdat Hy dié gevaar van Judas bemerk het, het Hy hom na aan Homself getrek, tot in die binnekring van Sy gekose en staatmakerdissipels. Dag na dag, toe die las die swaarste op Sy eie hart gedruk het, het Hy die pyn van onophoudelike aanraking met daardie halsstarrige, agterdogtige, broeiende gees verduur; Hy het daardie volgehoue, geheimsinnige en subtiele antagonismeonder Sy dissipels waarge neem en geárbei óm dit teen te werk en dit alles sodat geen moontlike reddende invloed daardie siel in gevaar sou ontbreek nie!Op 92.4

    Groot waters kan die liefde nie uitblus en riviere dit nie oorstroom nie;”
    “Want liefde is sterk soos die dood; Hooglied 8:7,6.
    Op 93.1

    Wat Judas self betref het, was Christus se liefdeswerk vrugteloos. Maar dit was nie met sy mededissipels die geval nie. Vir hulle was dit ‘n les met ‘n lewenslange invloed. Altyd sou dié voorbeeld van teerheid en lankmoedigheid hulle omgang met die versoektes en afgedwaaldes vorm. En dit het ander lesse ingehou. Met die ordening van die Twaalf het die dissipels sterk verlang’ dat Judas een van hulle moet word”en hulle het sy aanvaarding as ‘nveelbelowende gebeurtenis vir die groepie beskou. Hy het meer as hulle met die wêreld in aanraking gekom, hy was ‘nrnan van fyn maniere, insig en uitvoerende bekwaamheid en omdat hy sy eie kwalifikasies hoog op prys gestel het, het hy die dissipels daartoe beweeg om dieselfde agting vir hom te he. Maar die metodes wat hy graag in Christus se wérk wou inbring, was op wêreldse beginsels gegrond en is deur wéreldse beleid beheer. Dit het die verkryging van wêreldse erkenning en eer beoog - om die koninkryk van hierdie wêreld te bekom. Die uitwerking van hierdie begeertes in die lewe van Judas het die dissipels gehelp om die vyandskap tussen die beginsel van selfverheffing en Christus se beginsel van nederigheid en selfopoffering te begryp die beginsel van die geestelike koninkryk. In die lot van Judas het hulle die einde gesien waartoe eiediens neig.Op 93.2

    Vir hierdie dissipels bet Christus se sending uiteindelik sy doel verwesenlik. Langsamerhand het Sy voorbeeld en Sy lesse van selfverloëning hul karakters gevorm. Sy dood het hulle hoop op aardse grootheid verbrysel. Die val van Petrus, Judas se geloofsversaking, hul eie mislukking toe hul Christus in Sy angs en lewensgevaar in die steek gelaat het, het hulle selfvoldaanheid van hul afgestroop. Hulle het hul eie swakheid ingesien; hulle het iets gesien van die grootheid van die werk wat aan hulle opgedra is; hulle het hul behoefte aan hul Meester se leiding met elke skrede gevoel.Op 93.3

    Hulle het geweet dat Sy persoonlike teenwoordigheid hulle nie langer sou bybly nie en hulle het, soos nooit tevore nie, die waarde erken van die geleenthede wat hulle s'n was om te wandel en te spreek met die Een wat deur God gestuur is. Hulle het baie van Sy lesse, toe Hy dit geuiter het, nie waardeer of begryp nie; nou het hulle verlang om dié lesse te onthou, om weer Sy woorde te hoor. Met watter blydskap het Sy versekering weer in hul gedagtes opgekom:“Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur.””Omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.” En “die Trooster,... wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.”Johannes 16:7; 15:15; 14:26.Op 94.1

    “Alles wat die Vader het, is myne.””Wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei.... Omdat Hy dit sal neem uit wataan My behoorten aanjulle verkondig.”Johannes 16:15,13,14.Op 94.2

    Die dissipels het gesien hoe Christus op die Olyfberg van hulle opgevaar het. En soos die hemele Hom ontvang het, het Sy afskeidsbelofte weer na hulle teruggekom: “Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.” Matthéus 28:20.Op 94.3

    Hulle het geweet dat Sy meegevoel hulle nog steeds bybly. Hulle het geweet dat hulle ‘n verteenwoordiger, ‘n voorspraak, by die troon van God het. In die Naam van Jesus het hulle hul versoeke gerig en Sy belofte herhaal:“AIles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.”Johannes 16:23.Op 95.1

    Hoër en hoër het hulle die hand van die geloof uitgestrek, met die magtige argument: “Christus is dit wat gesterf het, ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree.” Romeine 8:34.Op 95.2

    Getrou aan Sy belofte het die Goddelike, in die hemelse howe verhoog, van Sy volheid aan Sy volgelinge op aarde meegedeel. Die teken van Sy troonsbestyging aan Gods regterhand, was die uitstorting van die Gees op Sy dissipels.Op 95.3

    Deur die werk van Christus is hierdie dissipels daartoe gelei om hul behoefte aan die Gees te voel; deur die Gees onderrig, het hulle hul finale voorbereiding ontvang en tot hul lewenstaak toegetree.Op 95.4

    Hulle was nie meer onkundig of kultuurloos nie. Hulle was nie meer ‘n versameling van onafhanklike eenhede of omharmoniese en strydende elemente nie. Hulle hoop was nie meer op wêreldse grootheid gevestig nie. Hulle was”almal eendragtig bymekaar,“een in hart en siel. Christus het hulle gedagtes gevul. Die bevordering van Sy koninkryk was hulle doel. In gesindheid en karakter het hulle soos hul Meester geword; en mense “het hulle as metgeselle van Jesus herken.”Handelinge 4:13Op 95.5

    Toe was daar so ‘n openbaring van die heerlikheid van Christus soos nog nooit tevore deur sterflinge aanskou is nie. Menigtes wat Sy Naam verguis en Sy mag versmaai het, het bely dat hulle dissipels van die Gekruisigde is. Deur die samewerking van die Goddelike Gees het die werk van die nederige manne vir wie Christus gekies het, die wêreld in beroering gebring. Na elke nasie onder die hemel is die evangelie binne een geslag uitgedra.Op 95.6

    Aan dieselfde Gees wat in Sy plek gestuur is om die Leermeester van Sy eerste medewerkers te wees, het Christus opdrag gegee om die Leermeester van Sy medewerkers vandag te wees. “Kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld” (Matthéus 28:20), is Sy belofte.Op 96.1

    Die teenwoordigheid van dieselfde Gids in opvoedkundige werk vandag sal, soos van ouds, dieselfde gevolge meebring. Dit is die doel waarheen ware opvoeding neig; dit is die werk wat God dit bestem om te volbring.Op 96.2

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents