Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Paulus, Blymoedig in Diens

    Met die geloof en ondervinding van die Galilese dissipels wat Jesus se metgeselle was, is daar in die evangeliewerk die vurige stoerheid en intellektuele krag van ‘n rabbi uit Jerusalem verenig. ‘n Romeinse burger, in ‘n heidense stad gebore; ‘n Jood, nie net van afkoms nie, maar weens lewenslange opleiding, patriotiese toewyding en godsdienstige geloof; te Jerusalem opgevoed deur die voorste van die rabbi’s en in al die wette en oorOp 64.3

    lewerings van die vadere onderrig, het Saulus van Tarsus tot die uiterste toe die hoogmoed en vooroordele van sy volk gedeel. Terwyl hy nog ‘n jongman was, het hy ‘n geëerde lid van die Sanhedrin geword. Hy is as ‘n belowende man beskou, ‘n ywerige verdediger van die antieke geloof.Op 64.4

    In die teologiese skole van Judea is die woord van God ter wille van menslike bespiegelinge opsy gestoot; dit is deur die interpretasies en oorleweringe van die rabbi’s van sy krag beroof. Selfverheffing, heerssug, jaloerse afsydigheid, dwepery en smalende hoogmoed was die dominante beginsels en motiewe van hierdie leermeesters.Op 64.5

    Die rabbi’s het hulle in hul meerderwaardigheid verlustig, nie net ten aansien van ander volkere nie, maar ook van hul eie volksmassa. Met hul vurige haat vir hul Romeinse onderdrukkers, het hulle die vasberadenheid gekoester om met wapengeweld hul nasionale oppergesag te herwin. Die volgelinge van Jesus, wie se boodskap met hulle ambisieuse planne so strydig was, is deur hulle gehaat en doodgemaak. In hierdie vervolging was Saulus een van die bitterste en meedoënloosste voorbokke.Op 65.1

    In die militére skole van Egipte, is die wet van geweld aan Moses geleer en so sterk het hierdie onderrig ‘n houvas op sy karakter gehad dat dit veertig. jaar van stilte en gemeenskap met God en die natuur geverg het om hom vir die leierskap van Israel deur die wet van liefde geskik te maak. Dieselfde les moes Paulus leer.Op 65.2

    By die poort van Damaskus het die visioen van die Gekruisigde die hele verloop van sy lewe verander. Die vervolger het ‘n dissipel geword, die leermeester ‘n leerling; Die dae van duisternis wat in eensaamheid te Damaskus deurgebring is, was soos jare in sy ondervinding. Die Ou-Testamentiese. Skrif wat in sy verstand opgegaar was, was die onderwerp van sy studie en Christus sy leermeester. Ook vir hom het die verlatenheid van die natuur ‘n skool geword. Na die Arabiese woestyn het hy gegaan, om .daar die Skrif te bestudeer en van God te leer. Hy het sy siel ontledig van die vooroordele en oorlewerings wat sy lewe gevorm het en uit die Waarheidsbron onderwysing verkry.Op 65.3

    Sy lewe daarna is. deur die een beginsel van selfopoffering, die bediening van liefde, geinspireer. “Teenoor Grieke sowel as nie-Grieke,” het hy gesê, “teenoor wyse sowel as onverstandige mense is ek ‘n skuldenaar.””Want die liefde van Christus dring ons.”Romeine 1:14; 2 Korinthiërs 5:14. Op 65.4

    Paulus, die grootste menslike leermeester, het die nederigste sowel as die mees verhewe pligte onderneem. Hy het die noodsaaklikheid van arbeid vir die hand sowel as die verstand ingesien en vir sy eie onderhoud het hy ‘n ambag beoefen. Hy het sy tentmakersvak gehandhaaf terwyl hy daagliks die evangelie in die groot beskawingsentra verkondig het. “Julle weet self dat hierdie hande,” het hy by sy afskeid van die ouderlinge van Efese gesê, “voorsien het in die behoeftes van my en die wat by my was.”Handelinge 20:34.Op 66.1

    Hoewel hy groot intellektuele begaafdhede besit het, het Pauius se lewe die krag van ‘n seldsamer wysheid geopenbaar. Beginsels van die allergrootste belang, beginsels waaromtrent die grootste denkers van sy tyd onkundig was, word in sy leer ontplooi en in sy lewe ten toon gestel. Hy het daardie alleruitmuntendste wysheid gehad, wat snelle insig en ‘n meegevoelige hart verleen, wat die mens met sy medemens in aanraking bring en hom daartoe in staat stel om die beste in hul natuur te wek en hulle tot ‘n hoër lewe te besiel.Op 66.2

    Luister na sy woorde voor die heidense Listriane, terwyl hy hulle wys op God, die Bron van alle goeie dinge, soos Hy in die natuur geopenbaar word, wat “van die hemel vir ons reën en vrugbare tye ... gee en ons harte met voedsel en vrolikheid ... vervul.” Handelinge 14:17.Op 66.3

    Aanskou hom in die kerker te Filippi, waar sy loflied, ondanks sy gefolterde liggaam, die middernagtelike stilte verbreek. Nadat die aardbewing die gevangenisdeure oopgemaak het, word sy stem weer gehoor, in blymoedige woorde aan die heidense sipier: “Moenie jouself kwaad aandoen nie, want ons is almal hier” (Handelinge 16:28)Op 66.4

    -elke man op sy plek, deur die teenwoordigheid van een medegevangene in toom gehou. En die sipier, oortuig van die werklikheid van daardie geloof wat Paulus onderskraag, doen navraag oor die weg tot saligmaking en saam met sy hele huisgesin verenig hy hom met die vervolgde groep van Christus se dissipels.Op 67.1

    Aanskou Paulus te Athene, voor die raad van die Areopagus, waar hy wetenskap met wetenskap beantwoord, logika met logika en wysbegeerte met wysbegeerte. Let op hoe hy, met die takt uit Goddelike liefde gebore, na Jehova verwys as die “Onbekende God,” wat sy toehoorders in hul onkunde aanbid het; en met die woorde uit een van hul eie digters aangehaal, beeld hy Hom uit as ‘n Vader wie se kinders hulle is. Luister na hom, in daardie eeu van kaste, toe die regte van die mens as mens heeltemal sonder erkenning was, soos hy die groot waarheid van menslike broederskap uiteensit en verklaar God het “uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon.” Dan toon hy hoe daar, soos ‘n goue draad, deur al die handelinge van God met die mens, Sy doel van genade en barmhartigheid loop. En hoe Hy “vooraf bepaaide tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie.” Handelinge 17:23,26,27.Op 67.2

    Luister na hom in die hof van Festus, toe koning Agrippa van die evangeliewaarheid oortuig, uitroep: “Jy beweeg my byna om ‘n Christen te word.” Met watter verfynde hoflikheid antwoord Paulus, terwyl hy na sy boeie wys: “Ek sou wel God wil bid dat sowel byna as heeltemal nie alleen u nie, maar ook almal wat my vandag aanhoor, so mag word soos ek is, buiten hierdie boeie.”Handelinge 26:28,29:Op 67.3

    So het sy lewe verbygegaan, soos in sy eie woorde beskrywe:“... dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders; in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.” 2 Korinthiërs 11:26,27.Op 67.4

    “Word ons uitgeskel,” het hy gesê, “ons seën; word ons vervolg, ons verdra dit; word ons belaster, ons troos;””as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.” 1 Korinthiërs 4:12,13; 2 Korinthiërs 6:10.Op 68.1

    In diens het hy vreug gevind; en aan die slot van sy arbeidsame lewe, terwyl hy op die worsteling en oorwinning daarvan terugkyk, kon hy sê:“Ek het die goeie stryd gestry.” 2 Timótheus 4:7.Op 68.2

    Hierdie verhale is lewensbelangrik. Vir niemand het dit'n dieper betekenis as vir jongmense nie. Moses het die vooruitsigte van. ‘n koninkryk die rug toegekeer; Paulus Weer die voordele van rykdom en eer onder sy volk, vir ‘n lewe as lasdraer in die diens van God. Vir bale lyk die lewens van hierdie manne soos lewens van selfverloëning en opoffering. Was dit werklik die geval? Moses het die smaad van Christus groter rykdom geag as die, skatte van Egipte. Hy het dit so geag omdat dit so was. Paulus het verklaar: “Maarwat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om dieuitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek, beskou, om Christus as wins ten verkry.” Filippense 3:7,8. Hy was met sy keuse tevrede.Op 68.3

    Aan Moses is die paleis van die Farao’s en die vorstelike troon gebied; maar die sondige plesier wat mense God laat vergeet, was ‘n daardie deftige howe; en hy het liewers die “rykdom ..., duursame goed en geregtigheid” verkies, Spreuke 8:18. In plaas van hom met die grootheid van Egipte te verbind, het hy verkies om sy lewe met Gods doel saam te snoer. In plaas van wette aan Egipte af te kondig, het hy met Goddelike leiding wette vir die wêreld voorgeskryf. Hy het Gods werktuig geword om aan die mense daardie beginsels oor te dra wat die beskerming vir die huis sowel as die samelewing is, wat die hoeksteen vir die voorspoed van nasies is - beginsels wat vandag deur die wêreld se grootste manne erken word as die fondament van alles wat in menslike regerings die beste is.Op 68.4

    Die grootheid van Egipte lê in die stof. Sy mag en beskawing het verbygegaan. Maar die werk van Moses kan nooit tot niet raak nie. Die groot beginsels van geregtigheid wat hy geleef het om vas te stel, is ewig.Op 69.1

    Moses se lewe van moeitevolle arbeid en hartbeswarende sorge is deurstraal met die teenwoordigheid van Hom wat “uitnemender as tienduisend” is en die Een wat “al die lieflikheid self” is; Hooglied 5:10,16. Met Christus in die woestynomswerwinge, met Christus op die. berg van verheerliking. met Christus in, die hemelse howe - was sy lewe op aarde ‘n seën en geseënd en in die hemel vereer.Op 69.2

    Ook Paulus is, te midde van sy veelvuldige arbeid, deur die behoudende krag van Sy teenwoordigheid onderskraag. “Ek is tot alles in staat,” het hy gesê, “deur Christus wat my krag gee.””Wie sal ons skei van die liefde van Christus - verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaar?... Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.” Filippense 4:13; Romeine 8*35-39.Op 69.3

    Tog is daar ‘n toekomstige vreugde waarna Paulus uitgesien het as die beloning vir sy werk - dieselfde vreugde waarvoor Christus die kruis verdra en die skande verag het - die vreugde om die vrug van sy arbeid te aanskou. “Wie anders as julle,” het hy aan die bekeerlinge te Thessalonika geskryf, “is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms? Want julle is ons eer en blydskap.” 1 Thessalonicense 2:19,20.Op 70.1

    Wie kan die gevolge vir die wêreld van Paulus se lewenswerk meet? Van al daardie heilsame invloede wat lyding verlig, wat droefheid troos, wat die bose in toom hou, wat die lewe uit selfsug en sinlikheid ophef en dit met die hoop op onsterflikheid verheerlik, hoeveel is aan die arbeid van Paulus en sy medewerkers te danke, toe hulle met die evangelie van die Seun van God hulle onbemerkte reis uit Asië na die kuste van Europa afgelê het?Op 70.2

    Wat is dit vir enige lewe werd om Gods instrument te gewees het deur sulke invloede van seën aan die gang te sit ? Wat sal dit in die ewigheid werd wees om die gevolge van so ‘n lewenswerk te aanskou? Op 70.3

    _______________

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents