Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorbereiding

    “LÊ JOU DAAROP TOE OM JOU
    BEPfíOEF VOOfí GOD TESTEL.”

    DIE kind se eerste onderwyseres is die moeder. Gedurende die tydperk van sy grootste ontvanklikheid en snelste ontwikkeling is sy opvoeding hoofsaaklik in haar hande. Aan haar word die eerste geleentheid gegee om die karakter ten goede of ten kwade te vorm. Sy moet die waarde van haar geleentheid begryp en, bo elke ander onderwyser, bevoeg wees om dit die beste te benut.Tog is daar niemand anders wie se opleiding so min aandag geniet nie. Die een wie se invloed in die opvoeding die sterkste en verreikendste is, is die persoon vir wie se hulp daar die minste stelselmatige moeite gedoen word.Op 275.1

    Diegene aan wie die sorg van die klein kindjie toevertrou word, is alte dikwels onkundig omtrent sy liggaamlike behoeftes; hulle weet min van die gesondheidswette of die beginsels van ontwikkeling. Ook is hulle nie beter toegerus om vir sy verstandelike en geestelike groei te sorg nie. Hulle is miskien bevoeg om sake te doen of in die samelewing uit te blink; hulle het dalk lofwaardige prestasies op die gebied van die letterkunde en die wetenskap behaal; maar van ‘n kind se opvoeding dra hulle min kennis. Dit is hoofsaaklik te wyte aan hierdie gebrek, veral weens die vroeë verwaarlosing van liggaamlike ontwikkeling, dat so ‘n groot deel van die mensdom in hul kinderjare omkom en van diegene wat volwassenheid bereik, daar so baie is vir wie die lewe net ‘n las is.Op 275.2

    Op vaders sowel as moeders rus ‘n verantwoordelikheid vir die kind se vroeë asook sy latere opleiding en vir beide ouers is die eise van sorgvuldige en deeglike voorbereiding uiters dringend. Voordat hulle die moontlikhede van vaderskap en moederskap op hulle neem, moet manne en vroue met die wette van liggaamlike ontwikkeling bekend raak - met die fisiologie en die gesondheidsleer, met die strekking van voorgeboortelike invloede, met die oorerflikheidewette, sanitasie, kleredrag, oefening en die behandeling van siektes; hulle moet ook die wette van verstandelike ontwikkeling en sedelike opleiding verstaan.Op 276.1

    Hierdie opvoedingswerk het die Oneindige van soveel belang geag dat boodskappers van Sy troon al gestuur is na iemand wat ‘n moeder sou wees, om die vraag te beantwoord:“Hoe [moet] ons... maak met die seun?”(Rigters 13:8) en om ‘n vader omtrent die opvoeding van ‘n beloofde seun te onderrig.Op 276.2

    Nooit sal die opvoeding alles bereik wat dit kan en behoort te bereik alvorens die belangrikheid van die ouers se werk ten volle erken word en hulle ‘n opleiding vir die heilige verantwoordelikhede daarvan ontvang nie.Op 276.3

    Die behoefte aan voorbereidende opleiding vir die onderwyser word algemeen erken; maar min begryp die aard van die voorbereiding wat die heel noodsaaklikste is. Hy wat die verantwoordelikheid insien wat met die opvoeding van die jeug saamhang, sal besef dat onderrig in die wetenskaplike en literêre rigting alleen nie voldoende kan wees nie. Die onderwyser moet omvattender opleiding hê as wat uit die studie van boeke verkry kan word. Hy moet nie net verstandelike krag besit nie, maar ook veel omvattende denke; nie net ‘n ongeskonde siel hê nie maar ook ‘n groot hart.Op 276.4

    Net Hy wat die verstand geskep en sy wette bepaal het, kan die behoeftes daarvan volkome begryp of sy ontwikkeling rig. Die opvoedkundige beginsels wat Hy gegee het, is die enigste veilige gids. ‘n Kwalifikasie wat vir elke onderwyser noodsaaklik is, is ‘n kennis van hierdie beginsels en so ‘n aanname daarvan as wat dit ‘n beherende mag in sy eie lewe sal maak.Op 276.5

    Ondervinding van die praktiese lewe is onontbeerlik. Orde, deeglikheid, stiptheid, selfbeheersing, ‘n opgeruimde humeur, gelykmoedigheid, selfopoffering, integriteit en hoflikheid is noodsaaklike kwalifikasies.Op 277.1

    Omdat daar soveel goedkoop karakters is, soveel van die namaaksel rondom die jeug, bestaan daar des te meer ‘n behoefte dat die onderwyser se woorde, houding en gedrag die verhewe en die waaragtige moet voorstel. Kinders kom aanstellings of enige ander swakheid of gebrek gou agter. Die onderwyser kan die agting van sy leerlinge op geen ander manier afdwing as deur in sy eie karakter die beo ginsels te openbaar wat hy trag om hulle te leer nie. Net namate hy dit in sy daaglikse omgang met hulle doen, kan hy op hulle ‘n permanente invloed ten goede hê.Op 277.2

    Vir byna elke ander bevoegheid wat tot sy sukses bydra, is die onderwyser in ‘n groot mate van liggaamlike krag afhanklik. Hoe beter sy gesondheid, hoe beter sal sy werk wees.Op 277.3

    So vermoeiend is sy verantwoordelikhede dat ‘n spesiale poging van sy kant vereis word om lewenskrag en varsheid te bewaar. Dikwels raak hy afgemat in hart en verstand, met die byna onweerstaanbare neiging tot bedruktheid, kilheid of prikkelbaarheid. Dit is sy plig om nie net sulke buie te Op 277.4

    weerstaan nie, maar ook om hul oorsaak te vermy. Hy moet die hart rein en lieflik en vol vertroue en simpatiek bewaar. Om altyd standvastig en kam en opgewek te wees, moet hy die krag van brein en senuwee behou.Op 277.5

    Omdat gehalte in sy werk baie belangriker as hoeveelheid is, moet hy teen te groot inspanning waak - teen die aanpak van te veel in sy eie diensrigting; teen die opneem van ander verantwoordelikhede wat hom vir sy werk ongeskik sou maak; en teen deelname aan vermaak en sosiale plesier wat uitput eerder as om te verkwik.Op 278.1

    Oefening in die buitelug, veral nuttige arbeid, is een van die beste metodes om liggaam en verstand te ontspan; en die onderwyser se voorbeeld sal sy leerlinge met ‘n belangstelling in en respek vir handearbeid besiel.Op 278.2

    In elke opsig moet die onderwyser nougeset die beginsels van gesondheid nakom. Hy moet dit doen, nie net vanweë die verband met sy eie bruikbaarheid nie, maar ook weens die invloed daarvan op sy leerlinge. Hy moet in alle dinge matig wees; in diëet, kleredrag, arbeid, ontspanning, moet hy ‘n voorbeeld wees.Op 278.3

    Met fisieke gesondheid en opregtheid van karakter moet die kwalifikasies van hoë geleerdheid gepaard gaan. Hoe meer ware kennis die onderwyser besit, hoe beter sal sy werk wees. Die klaskamer is geen plek vit oppervlakkige werk nie. Geen onderwyser wat met oppervlakkige kennis tevrede is, sal ‘n hoë mate van doeltreffendheid bereik nie.Op 278.4

    Maar die onderwyser se bruikbaarheid is nie soseer afhanklik van die werklike hoeveelheid kennis wat hy verwerf het as die standaard waarop hy mik nie. Die ware onderwyser is nie tevrede met flou gedagtes, ‘n lui verstand of ‘n slordige geheue nie. Hy streef voortdurend na groter bekwaamhede en beter metodes. Sy lewe is ‘n voortdurende wasdom. In die werk van so ‘n onderwyserbestaan daar ‘n varsheid, ‘n lewegewende krag wat sy leerlinge wakker maak en inspireer.Op 278.5

    Die onderwyser moet ‘n slag met sy werk hê. Hy moet die wysheid en takt besit wat vereis word om met verstande te kan werk. Hoe groot sy wetenskaplike kennis ook al is, hoe uitmuntend sy bevoegdhede in ander rigtings, sal sy pogings, as hy nie die agting en vertroue van sy leerlinge wen nie, tevergeefs wees.Op 278.6

    Onderwysers word benodig wat skerpsinnig elke geleentheid om goed te doen, kan raaksien en gebruik; wat met geesdrif egte waardigheid verbind, wat in staat is om beheer uit te oefen en”bekwaam om te onderrig(“wat tot denke besiel energie opwek en moed en lewe toebedeel.Op 279.1

    'n Onderwyser se opleiding was miskien beperk, sodat hy nie na wense die kwalifikasies van hoë geleerdheid besit nie; nogtans, as hy ‘n ware insig in die menslike natuur het; as hy ‘n egte liefde vir sy werk koester, ‘n waardering vir hoe groot dit is en ‘n vasberadenheid om te verbeter; as hy gewillig is om ernstig en volhardend te arbei, sal hy die behoeftes van sy leerlinge begryp en, deur sy simpao tieke, progressiewe gees, hulle aanspoor om te volg soos hy trag om hulle voorwaarts en opwaarts te lei.Op 279.2

    Die kinders en jongmense in die onderwyser se sorg verskil hemelsbreed in geaardheid, gewoontes en opvoeding. Sommige het geen bepaalde doel of vaste beginsels nie. Hulle moet wakker gemaak word om hul verantwoordelikhede en moontlikhede te begryp. Min kinders is tuis reg opgevoed. Sommige was huishoudelike troeteldiertjies. Hulle hele opvoeding was oppervlakkig. Omdat hulle toegelaat is om hul neigings te volg en verantwoordelikhede en die dra van laste te vermy, het hulle ‘n gebrek aan standvastigheid, deursettingsvermoë en selfverloëning. Diesulkes beskou dikwels alle dissipline as ‘n onnodige beperking. Ander is berispe en ontmoedig. Willekeurige beperkings en ruheid het hardnekkigheid en uittarting in hulle ontwikkel. As hierdie misvormde karakters herskep word, moet die werk, in die meeste gevalle, deur die onderwyser verrig word. Om dit suksesvol te doen, moet hy die simpatie en insig hê wat hom in staat sal stel om die foute en swakhede wat hulle in sy leerlinge openbaar, tot by hul oorsaak na te speur. Hy moet ook die takt en kundigheid, die geduld en fermheid besit wat hom in staat sal stel om aan elkeen die nodige hulp te verleen - vir die weifelagtiges en gemaksugtiges, sodanige bemoediging en bystand as wat ‘n prikkel tot inspanning sal wees; vir die mismoediges, meegevoel en waardering wat vertroue sal skep en dus tot inspanning aanspoor.Op 279.3

    Onderwysers slaag dikwels nie daarin om voldoende met hulle leerlinge op sosiale gebied te verkeer nie. Hulle openbaar te min simpatie en teerheid en te veel van die waardigheid van ‘n strenge regter. Hoewel die onderwyser ferm en beslis moet wees, moet hy nie veeleisend of ‘n diktator wees nie. Om kras en vitterig te wees, om hom op ‘n afstand van sy leerlinge te hou of om hulle met onverskilligheid te behandel, is om die weë te sluit waarlangs hy hulle ten goede kan beinvloed.Op 280.1

    In geen omstandighede moet die onderwyser partydigheid openbaar nie. Om die minsame, aantreklike leerling te begunstig en krities, ongeduldig of sonder medelye te staan teenoor die wat aanmoediging en hulp die meeste nodig het, is om ‘n totale wanbegrip van die onderwyser se werk te openbaar. Dit is in die hantering van die verkeerdes, die moeilikes, dat die karakter getoets en daar getoon word of die onderwyser werklik vir sy posisie ge kwalifiseerd is.Op 280.2

    Groot is die verantwoordelikheid van diegene wat die leiding van ‘n menslike siel op hom neem. Die ware vader en moeder beskou dit as ‘n toevertroude pand waarvan hulle nooit heeltemal vrygestel kan word nie. Die lewe van die kind, van sy vroegste tot sy laaste dag, voel die mag van daardie band wat hom aan die ouer se hart bind; die dade, die woorde, selfs die blik van die ouer, gaan voort om die kind ten goede of ten kwade te vorm. Die onderwyser deel hierdie verantwoordelikheid en hy moet voortdurend die heiligheid daarvan besef en die doel van sy werk voor oë hou. Hy moet nie net die daaglikse take afhandel om sy werkgewers te behaag, om die posisie van die skool te handhaaf nie; hy moet die hoogste voordeel van sy leerlinge as indiwidue in ag neem, die pligte wat die lewe hulle sal oplê, die diens wat dit vereis en die voorbereiding wat geverg word. Die werk wat hy dag na dag doen, sal ‘n invloed op sy leerlinge uitoefen en deur hulle op andere, wat nie sal ophou om uit te brei en sterker te word tot die einde van die tyd nie. Die vrugte van sy werk moet hy op daardie groot dag teenkom, wanneer elke woord en daad deur God onder beskouing geneem sal word.Op 280.3

    Die onderwyser wat dit besef, sal nie voel dat sy werk afgehandel is sodra hy met die daaglikse roetine van onderrig klaar is en sy leerlinge ‘n tyd lank onder sy sorg uitgaan nie. Hy sal hierdie kinders en jongmense op sy hart dra. Hoe om vir hulle die edelste standaard van prestasie te verseker, sal sy voortdurende studie en strewe wees.Op 281.1

    Hy wat die geleenthede en voorregte van sy werk insien, sal niks toelaat - om in die weg van ernstige pogings tot selfverbetering te staan nie. Hy sal geen moeite ontsien om die hoogste standaard van voortreflikheid te bereik nie. Alles wat hy verlang sy leerlinge moet word, sal hy self strewe om te wees.Op 281.2

    Hoe dieper die verantwoordelikheidsin en hoe ernstiger die pogings tot selfverbetering, hoe duideliker sal die onderwyser sy bruikbaarheid besef en hoe meer sal dit hom berou oor die gebreke wat dit in die wiele ry. Soos hy die grootheid van sy werk betrag, die moeilikhede en moontlikhede daarvan, sal sy hart dikwels uitroep: “Wie is tot hierdie dinge bekwaam?'‘Op 281.3

    Geagte onderwyser, soos u u behoefte aan krag en leiding oordink - ‘n behoefte waarin daar uit geen menslike bron voorsien kan word nie - versoek ek u om te let op die beloftes van Hom wat ‘n wonderlike Raadsman is.Op 282.1

    “Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee en niemand kan dit sluit nie.” Openbaring 3:8.Op 282.2

    “Roep My aan en Ek sal jou antwoord.””Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.” Jeremia 33:3; Psalm 32:8.Op 282.3

    “Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld.”Matthéus 28:20.Op 282.4

    As die hoogste voorbereiding vir u werk, wys ek u op die woorde, die lewe, die metodes, van die Prins van leermeesters. Ek vra u, let op Hom. Hier is u ware ideaal. Aanskou dit, oordink dit, totdat die Gees van die Goddelike Leermeester van u hart en lewe besit sal neem.Op 282.5

    As u “soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou,” sal u “van gedaante verander [word] na dieselfde beeld.”2 Korinthiërs 3:18.Op 282.6

    Dit is die geheim van mag oor u leerlinge. Weerkaats Hom.Op 282.7

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents