Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Sabbat

    “HULLE SAL ‘n TEKEN WEES TUSSEN
    MY EN JULLE, DATJULLE KAN WEET
    DAT EK DIE HERE JULLE GOD IS.”

    DIE waarde van die Sabbat as middel tot opvoeding is bokant berekening. Wat God ook al van ons eis, gee Hy weer terug, verryk, verheerlik met Sy eie glorie. Die tiende wat Hy van Israe! opgevra het, is daaraan toegewy om, in sy heerlike skoonheid, die patroon van Sy tempel in die hemele, die teken van Sy teenwoordigheid op die aarde, onder die mense te bewaar. So word die gedeelte van ons tyd wat Hy opeis, weer aan ons teruggegee, met Sy Naam en seël daarop. Dit is„'n teken,“sê Hy, “tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die Here julle God is,“”want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.” Esegiël 20:20; Exodus 20:11. Die Sabbat is ‘n teken van skeppende en verlossende mag; dit vestig die aandag op God as die bron van lewe en kennis; dit roep die oorspronklike heerlikheid van die mens voor die gees en getuig sodoende van Gods doel om ons na Sy eie beeld te herskep.Op 250.1

    Sowel die Sabbat as die huisgesin is in Eden ingestel en in Gods voorneme is hulle onskeidbaar aan mekaar verbind. Op hierdie, meer as op enige ander dag, is dit vir ons moontlik om die lewe van Eden te voer. Dit was Gods plan vir die gesinslede om in werk en studie, in godsdiens en ontspanning, saam te wees, met die vader as priester van sy huiskring en sowel vader as moeder hul kinders se onderwysers en metgeselle. Maar die gevolge van die sonde het, deur die lewensomstandighede te verander, hierdie omgang in ‘n groot mate verhinder. Dikwels sien die vader skaars sy kinders se gesigte gedurende die week. Hy word byna heeltemal die geleentheid vir kameraadskap of onderrig ontneem. Maar Gods liefde het aan die vereistes van harde arbeid perke gestel. Oor die Sabbat plaas Hy Sy genadige hand. Op Sy eie dag bewaar Hy vir die gesin die geleentheid vir gemeenskap met Hom, met die natuur en met mekaar.Op 250.2

    Aangesien die Sabbat ‘n gedenkteken van skeppingsmag is, is dit by uitstek die dag wanneer ons God deur Sy werke moet leer ken. In die verstande van die kinders moet bloot die gedagte aan die Sabbat al aan die skoonheid van natuurlike dinge verbonde wees. Gelukkig is die huisgesin wat op dieOp 251.1

    Sabbat na die plek van aanbidding kan gaan soos Jesus en Sy dissipels na die sinagoge gegaan het - oor die veld, langs die oewers van die meer of deur bosstreke. Gelukkig die vader en moeder wat Gods geskrewe Woord aan hul kinders kan leer met illustrasies uit die oop bladsye van die boek van die natuur; wat onder die groen bome, in die vars, skoon lug, kan saamkom om die Woord te bestudeer en om tot lof van die Vader omhoog te sing.Op 251.2

    Deur sulke deelgenootskap kan ouers hul kinders aan hul harte bind en sodoende aan God, deur bande wat nooit verbreek kan word nie.Op 251.3

    As middel tot intellektuele opleiding is die geleenthede van die Sabbat van onberekenbare waarde. Laat die Sabbatskoolles geleer word, nie deur op Sabbatoggend vlugtig na die Skrifdeel van die les te kyk nie, maar deur versigtige studie vir die volgende week op Sabbatmiddag, met daaglikse hersiening of toeligting gedurende die week. Sodoende sal die les in die geheue vasgelê word, ‘n skat wat nooit heeltemal tot niet sal gaan nie.Op 251.4

    Wanneer hulle na die preek luister, laat die ouers en kinders op die teks en die aangehaalde skrifgedeeltes let en op soveel moontlik van die gedagtegang, om dit tuis teenoor mekaar te herhaal. Dit sal baie daartoe bydra om die vermoeienis te verlig waarmee kinders so dikwels na ‘n preek luister en dit sal by almal ‘n gewoonte van oplettendheid en samehangende denke aankweek.Op 252.1

    Oorpeinsing van die temas wat so geopper word, sal vir die student skatte oopstel waarvan hy nog nooit gedroom het nie. Hy sal in sy eie lewe die werklikheid bewys van die ondervinding wat in die Skrif beskrywe word:Op 252.2

    “Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart.”Jeremia 15:16.Op 252.3

    “Ek wil... u insettinge oordink.””Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud.... Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is groot loon.”Psalm 119:47,48; 19:11,12.Op 252.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents