Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Opvoeding - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorwoord

    MENS sien deesdae selde ‘n boek oor die opvoeding wat so wyd gelees is en wat so deur die tyd beproef is as hierdie werk. Weens die duidelike en korrekte grondbeginsels wat in hierdie boek uiteengesit word, het derduisende ouers en onderwysers dit oor baie dekades as handleiding aanvaar.Op 7.1

    Elke persoon moet die praktiese werklikhede van die lewe die hoof bied - sy geleenthede, sy pligte, sy neerlae en sy prestasies. Hoe hy hierdie ondervindings tegemoetgaan, of hy die meester of slagoffer van omstandighede sal word, hang grotendeels af van sy voorbereiding om daarteen opgewasse te wees - sy opvoeding.Op 7.2

    Ware opvoeding is goed gedefinieer as die harmonieuse ontwikkeling van al die vermoëns - ‘n volledige en toereikende voorbereiding vir sowel hierdie lewe as die toekomstige ewige lewe. Dit is gedurende die vroeë jare tuis en in formele skoolonderrig dat die verstand ontwikkel, ‘n lewenspatroon posvat en die karakter gevorm word.Op 7.3

    Met skerpsinnige insig oor die betreklike en blywende waardes van wat ware opvoeding in sy wydste omvang behels, dui die skryfster van hierdie boek die weg aan hoe om dit te verwesenlik. ‘n Opvoeding waarvolgens die verstandelike kragte tot regmatige ontwikkeling kom, word duidelik omskryf. ‘n Opvoeding waardeur die hande tot nuttige beroepe geskool word, word beklemtoon. ‘n Opvoeding wat God as die bron van alle wysheid en insig erken, word ernstig aanbeveel.Op 7.4

    Die dryfveer van die skryfster met haar omvattende geskrifte oor die onderwerp van die opvoeding was dat jongmense op die lewensdrempel gereed kan wees om hulle plek as goeie burgers in te neem, goed voorberei vir die praktiese lewensondervindings, liggaamlik ten volle ontwikkel, godvresend, met ongeskonde karakters en beginselvaste harte. Hierdie boek is die allerbelangrikste werk in dié groep geskrifte waarin die beginsels uiteengesit word wat essensieel is vir die begrip van diegene wat tuis en op skool aan die jeug leiding gee.Op 7.5

    Die skryfster van hierdie bladsye was ‘n vriendin van jongmanne en - vroue. Sy was baie jare lank in noue aanraking met opvoedkundige inrigtings en goed vertroud met jeugdiges se probleme in die voorbereiding vir hul lewenstaak. Bowenal het sy oor meer as gewone kennis en vaardigheid as skryfster en spreekster beskik.Op 7.6

    Aangesien dit gemoeid is met groot grondslaggewende beginsels en nie met leerplanbesonderhede of die voordele van verskillende opvoedkundigeOp 7.7

    stelsels nie, is die invloed van hierdie boek reeds wêreldwyd, want uitgawes is in verskeie vooraanstande tale van ander lande gepubliseer. Dat hierdie nuwe uitgawe die beginsels van karakteropvoeding nog verder sal verbrei, is die hartgrondige hoop van die uitgewers en -Op 8.1

    DIE TRUSTEES VAN DIE ELLENG. WHITE-PUBUKASIES.

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents