Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Voorwaarts

    God het nog nooit nagelaat om voorsiening te maak vir Sy volk en vir die werk wat Hy aan hulle opgedra het nie. Om die bewoners van die aarde te win en te waarsku, is die werk van die hemel, maar God het verkies om die verloste mense te gebruik om hulle medemense te bereik. Deur die eeue van die aarde heen het krisisse dikwels voorgekom, en die verhale van die mensdom se welslae en mislukkings, van die lankmoedigheid en wonderbare intrede van God, sal dien om ons geloof dieper en sterkerte maak.GF .0

    Daar is in ons tyd “onmoontlikhede,” Skelfseë, Jerigo’s, hongersnode, armoede en menigtes wat gevoed moet word. Maar daar is ook ‘n God wat gereed staan om vir ons net sulke groot dinge te doen soos die wat opgeteken staan in hierdie verhale in die Gees van profesie. Hoe dikwels weier ons om die bevele van God na te kom en vervang ons dit met ons eie planne.GF .0

    Daar was nog altyd net een vereiste vir sukses in die mens se ondememings vir God, naamlik ‘n toegewyde, verbonde volk wat hulle aan die wil en die plan van God onderwerp. Kom, laat ons daardie soort mense wees, gereed om orals, te enige tyd wanneer die Here dit beveel, “VOORWAARTS” te gaan.GF .0

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents