Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ontledig die Hart van Selfsug

    Dit is betreurenswaardig dat die Kerk vandag so traag is om aan die Here dank te betuig vir verryking deur Sy genade, omdat Hy aan die Kerk Sy talente van middele geskenk het, sodat daar in die behoeftes van Sy skathuis voorsien kan word.GF 60.4

    Die dor gedeeltes van die Here se wingerd roep uit tot God: “Die mense het my verwaarloos.” Deur toe te laat dat hulle medemens in die bande van gebrek en ontaarding verstrik bly, stel manne en vroue Satan in die geleentheid om God daarvan te beskuldig dat Hy Sy kinders weens ‘n gebrek aan lewensmiddele laat ly. God word beledig deur die onverskilligheid van diegene aan wie Hy Sy middele toevertrou het. Sy rentmeesters sluit hulle oë vir die ellende wat hulle kon verhelp het. Op dié manier steek hulle die Naam van God in die skande.GF 60.5

    Niemand moet met sy verantwoordelikhede speel nie.GF 61.1

    As dit by u nie om rande gaan nie, maar net sente, onthou dat die seën van God onvermoeide ywer bekroon. Hy verag nie die dag van klein begin nie. Die verstandige gebruik van die min wat daar is, sal ‘n wonderlike vermeerdering bewerkstellig. Een talent wat verstandig gebruik word, sal twee aan die Here besorg. Rente word verwag in verhouding tot die toevertroude kapitaal. God neem van die mens aan volgens wat hy besit en nie volgens wat hy nie besit nie.GF 61.2

    God verwag wat u Hom skuld in tiendes en offergawes.GF 61.3

    Hy verlang toewyding in elke vertakking van Sy werk. Kom u plig getrou na op u aangewese plek. Werk met erns en onthou dat Christus aan u sy staan, besig om vir u te beplan, te beraam en te bou. “En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.” Gee blymoedig, gewillig, dankbaar dat u iets kan bydra om Gods koninkryk in die wêreld te bevorder. Ontledig die hart van selfsug en span die verstand in om Christelike werk te verrig. As u in noue verbintenis met God verkeer, sal u bereid wees om enige opoffering te maak om die ewige lewe binne die bereik te bring van diegene wat verlore gaan.GF 61.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents