Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Ontvang Omtekan Gee

    ln ‘n gemeente waar daar lewe is, is daar altyd uitbreiding en groei. Daar is ook ‘n voortdurende wisselwerking van neem en gee, ontvangs en terugbesorging van wat aan die Here behoort. Aan elke. opregte gelowige skenk God Sy lig en Sy seën, en die gelowige dra dit in sy werk vir die Here weer aan ander oor. Namate hy gee van wat hy ontvang, verruim hy die vermoë om te kan ontvang. Daar ontstaan ruimte vir ‘n nuwe invulling van genade en waarheid. Die helderheid van die lig neem vir hom toe en sy kennis vermeerder. Om hierdie gee en ontvang draai die lewe en groei van die Kerk. Hy wat ontvang en nooit gee nie, hou spoedig op om te ontvang. As die waarheid nie van hom na ander uitvloei nie, verloor hy sy vermoë om te ontvang. Ons moet die dinge van die hemel deel as ons nuwe seëninge wil ontvang.GF 51.6

    Dit is nie die Here se voomeme om na hierdie aarde te kom om goud en silwer ter bevordering van Sy werk te voorsien nie. Hy stel bronne tot beskikking van mense sodat hulle voortdurend deur hulle skenkings en offergawes Sy werk kan bevorder. Die hoofdoel waarvoor die gawes van God aangewend moet word, is om werkers op die oesland te onderhou. En as mense die kanale sal word waardeur die seën van die hemel na ander kan vloei, sal die Here sorg dat hierdie kanale vol bly. Om aan die Here terug te gee wat aan Hom behoort, maak mense nie arm nie; om dit te weerhou, werk armoede in die hand.GF 52.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents