Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Gees van Opoffering

    Die saligheidsplan is gegrond op ‘n opoffering so wyd en diep en hoog dat dit onmeetbaar is. Christus het nie Sy engele na hierdie gevalle wêreld gestuur terwyl Hy in die hemel gebly het nie, maar Hy het self tot buitekant die laer gegaan en die smaad verduur. Hy het ‘n man van smarte geword, en bekend met krankheid; Hy het self ons krankhede op Hom geneem, en óns smarte-dié het Hy gedra. En God beskou die afwesigheid van selfverloëning in Sy belydende volgelinge as ‘n verloëning van die benaming Christen. Diegene wat voorgee om een met Christus te wees, en hulle selfsugtige begeertes vir ryk en duur klere, huisraad en kos botvier, is net naamchristene. Om ‘n Christen te wees, is om Christus se karakter te openbaar.GF 64.3

    En tog hoe waar is die woorde van die apostel nie:GF 65.1

    “Want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie.” Baie Christene lewer geen werke ooreenkomstig die naam wat hulle dra nie. Hulle tree op asof hulle nooit gehoor het van die verlossingsplan wat teen ‘n oneindige prys bewerkstellig is nie. Die meeste se doelwit is om vir hulleself ‘n naam in die wêreld te verwerf; hulle neem sy vorme en gebruike oor, en leef om die eie ek te vertroetel. Hulle jaag hulle eie planne net so gretig na soos die wêreld self, en sodoende sny hulle hul krag af wat kon gehelp het met die vestiging van Gods koninkryk.GF 65.2

    Die werk van God, wat met tien keer sy huidige stukrag en doeltreffendheid behoort te vorder, word teruggehou, soos ‘n lente wat deur die kil winterwind vertraag word, omdat sommige van Gods belydende volk vir hulleself die middele toe-eien wat aan Sy diens gewy behoort te word. Omdat Christus se selfopofferende liefde nie met die lewensgewoontes vervleg is nie, is die Kerk swak waar hy sterk behoort te wees. Deur sy eie toedoen het hy sy lig geblus, en miljoene van die evangelie van Christus beroof....GF 65.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents