Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Heelhartige Oetrouheid Aan Die Kerk

    Elke gelowige moet heelhartig aan die Kerk geheg wees.GF 56.2

    Die voorspoed daarvan moet sy allereerste belang wees, en tensy hy voel dat hy onder ‘n heilige verpligting verkeer om sy lidmaatskap tot voordeel van die Kerk te laat geld, eerder as om aan homself die voorkeur te gee, sal dit baie beter daaraan toe wees om sonder hom klaar te kom. Almal kan iets tot die saak van God bydra. Daar is diegene wat groot bedrae aan onnodige weeldeartikels bestee; hulle voldoen aan hulle begeertes, maar om van hulle middele ter ondersteuning van die Kerk by te dra, is vir hulle ‘n groot las. Hulle is bereid om alle kerklike voordele te benut, maar verkies om die vereffening van rekenings aan andere oor te laat. Diegene wat ‘n diepgaande belang in die vooruitgang van die saak stel, sal nie huiwer om geld in hierdie ondememing te belê nie, wanneer en waar dit ook al nodig mag wees.-4T 18.GF 56.3

    Diegene wat hulle in die kosbare lig van die waarheid verbly, sal ‘n vurige begeerte koester om dit oral te laat verkondig. Daar is ‘n paar getroue vaandeldraers wat nooit vir hulle plig terugdeins of hulle verantwoordelikhede ontwyk nie.Hulle harte en hul beursies is altyd oop vir elke oproep om middele om die saak van God te bevorder. In der waarheid is daar sommige wat skynbaar gereed is om meer as hulle plig na te kom, asof hulle vrees dat hulle die voorreg sal verbeur om hulle deel in die bank van die hemel te belê.GF 56.4

    Daar is andere wat so min moontlik sal doen. Hulle hoop skatte op, of verkwis middele op hulleself.Teensinnig dra hulle ‘n karige deeltjie by om die saak van God te bevorder. As hulle ‘n gelofte aflê of iets aan God belowe, is hulle later spyt daaroor en sal die vereffening so lank as moontlik vermy, indien dit nie op die lange baan geskuif word nie. Hulle verklein hulle tiende tot so min moontlik, asof hulle altyd bang is dat wat hulle aan God teruggee, verlore gaan. Dit kan gebeur dat ons verskeie inrigtings weens gebrek aan middele in verleentheid raak, maar hierdie soort mense tree op asof dit aan hulle geen verskil maak of dit daarmee goed gaan of nie. En tog is hierdie inrigtings Gods instrumente waardeur die wêreld verlig moet word.”-4T 477,478.GF 56.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents