Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Sal Ons Die Werkin Die Steek Laat?

    Ons het ‘n wêreldwye boodskap; maar baie verrig letterlik niks nie; baie ander so uiters min, met so ‘n groot gebrek aan geloof, dat dit so te sê niks is nie. Sal ons die veld wat ons reeds in vreemde lande geopen het, laat vaar? Sal ons deel van ons buurtsendingwerk uitskakel? Sal ons bleek word oor die skuld van ‘n paar duisend rand? Sal ons huiwerig word en nou maar net aanploeter hier in die slottonele van die wêreld se geskiedenis? My hart sê: Nee, nee. Ek kan nie oor hierdie aangeleentheid dink sonder ‘n brandende ywer vir die werk om voort te gaan nie. Ons wil nie ons geloof verloën nie, ons wil Christus nie verloën nie, maar dit is wat sal gebeur as ons nie opruk soos die voorsienigheid van God die weg oopmaak nie.GF 54.4

    Die werk moet nie weens gebrek aan middele tot stilstand kom nie. Meer middele moet daarin belê word. Broeders in Amerika, in die Naam van my Meester gebied ek u om te ontwaak. Aan u wat u talent van middele in ‘n doek toedraai en in die aarde wegsteek, wat huise bou en die een eiendom by die ander voeg, sê God: “Verkoop wat jy het en gee aalmoese.” Die tyd sal aanbreek wanneer diegene wat die gebooie bewaar, nie sal kan koop of verkoop nie. Maak gou en grawe u verborge talente uit. As God geld aan u toevertrou het, eer daardie pand; maak die doek los en stuur u talente na die bankiers, sodat wanneer Christus kom, Hy dit wat Hom toekom met rente kan ontvang.GF 55.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents