Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    “n Tyd Vir Spaarsaamheid En Opofferinc

    God doen ‘n beroep op Sy volk om te ontwaak en hulle verantwoordelikhede te besef. ‘n Vloed van lig skyn uit Sy woord, en verwaarloosde verpligtinge moet nagekom word. Wanneer dit wel nagekom word deur aan die Here Sy eie tiendes en offergawes te gee, sal dit die weg oopstel vir die wêreld om die Here se boodskap te hoor soos Hy dit bepaal het.GF 52.2

    Indien die liefde van God in die harte van ons mense sou woon en die gees van selfopoffering elke gemeentelid besiel, sou daar geen gebrek aan middele vir sendingwerk in die buurt en buiteland wees nie; ons bronne sou vermenigvuldig word, ‘n duisend deure vir bruikbaarheid sou oopgaan en ons sou binnegenooi word. As die doel van God om die genadeboodskap na die wêreld te neem, volbring was, sou Christus al lankal gekom en die heiliges al hulle verwelkoming in die Godstad ontvang het.GF 52.3

    Indien daar ooit ‘n tyd vir opoffering was, dan is dit nou. My Broeders en Susters, beoefen spaarsin in u huise. Verwyderdie afgode wat u in die plek van God gestel het. Versaak u selfsugtige plesier. Ek pleit met u, moenie middele uitgee om u huise te verfraai nie; want u geld behoort aan die Here, en aan Hom moet u rekenskap gee van hoe dit aangewend is. Moet nie die Here se geld gebruik om die giere van u kinders te bevredig nie. Leer hulle dat God aanspraak het op alles wat hulle besit, en dat niks ooit daardie aanspraak tot niet kan maak nie.GF 52.4

    Geld is ‘n vereiste kleinood. Moet dit nie verkwis op diegene wat nie daaraan behoefte het nie. lemand het u vrygewigheid nodig. Daar is in die wêreld diegene wat honger is en ly. U mag sê: Ek kan hulle nie almal voed nie. Maar deur Christus se voorbeeld van spaarsaamheid te volg, kan u een voed. “Maak die brokstukke bymekaar wat oorgeskiet het sodat niks verlore gaan nie.” Dit is woorde wat gespreek is deur Hom wie se mag ‘n wonderwerk verrig het om in die behoefte van ‘n hongerige menigte te voorsien.GF 53.1

    As u kwistige gewoontes het, verwyder dit onmiddellik uit u lewe. As u dit nie doen nie, sal u in alle ewigheid bankrot wees. Spaargewoontes, vlyt en nugterheid is ‘n beter erflating aan u kinders as ‘n groot bruidskat.GF 53.2

    Op die aarde is ons pelgrims en vreemdelinge. Laat ons nie ons middele gebruik vir die bevrediging van begeertes wat God verwag ons moet onderdruk nie. Laat ons die geloof wat ons bely, reg voorstel deur ons behoeftes te beperk. Laat ons gemeentelede soos een man opstaan en met erns die werk aandurf, soos mense wat in die volle lig van die waarheid vir hierdie laaste dae wandel....GF 53.3

    Wat is die waarde van ongekende rykdom as dit in duur woonhuise of in aandele opgehoop word? Hoe trek dit die skaal in vergelyking met die redding van siele vir wie Christus, die Seun van die oneindige God, gesterf het? -R. & H., 24 Des. 1903.GF 53.4

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents