Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Hoofstuk 9 - ‘n Verandcrde Kerk

    DIE laaste jare van die genadetyd gaan vir ewig verby.GF 51.1

    Die groot dag van die Here is voor die deur. Elke vermoë wat ons het, moet nou ingespan word om die wat dood in oortreding en sonde is, wakker te skud....GF 51.2

    Die tyd het vir ons aangebreek om ag te slaan op wat die woord van God ons leer. Al Sy insettinge is daarop gemik om ons te bevoordeel. Hy doen ‘n beroep op diegene wat hulle onder die bloedbevlekte banier van Prins Emmanuel skaar, om te bewys dat hulle hul afhanklikheid van God en hulle aanspreeklikheid teenoor Hom besef deur aan Hom ‘n deel terug te besorg van wat Hy aan hulle toevertrou. Hierdie geld moet aangewend word ter bevordering van die werk wat verrig moet word ooreenkomstig die opdrag wat Christus aan Sy dissipels gegee het.GF 51.3

    Die volk van God is geroep tot ‘n taak wat geld en toewyding verg. Die verpligtinge wat op ons rus, hou ons verantwoordelik om na die beste van ons vermoë vir die Here te werk. Hy verwag onverdeelde diensvaardigheid, ‘n algehele toewyding van hart, siel, verstand en krag.GF 51.4

    In die heelal is daar net twee plekke waar ons ons skatte kan belê -in die skathuis van God of in die van Satan, en alles wat nie aan die diens van God gewy word nie, word as Satan s’n geag, en versterk sy saak. Dit is die plan van God dat die middele wat aan ons toevertrou is, aangewend sal word om Sy koninkryk op te bou. Sy goedere word aan Sy rentmeesters toevertrou sodat dit noukeurig op so ‘n manier aangewend sal word dat dit aan Hom ‘n inkomste sal besorg vir die redding van siele. Op hulle beurt sal hierdie siele rentmeesters en medewerkers van Christus word, om die belange van God se saak te bevorder.GF 51.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents