Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Moenie virOproepe Wag Nie

    Ons mense moet nie vir meer oproepe wag nie, maar hulle moet die werk reg aanpak en die skynbare onmoontlik maak. Laat elkeen homself afvra: Het die Here nie middele aan my toevertrou om Sy saak te bevorder nie?GF 58.1

    Laat ons eerlik voor die Here wees. Al die seëninge wat ons geniet, kom van Hom af; en as Hy die talent van besittings aan ons toevertrou het, sodat ons Sy werk kan doen, sal ons nog aarsel? Sal ons sê: Nee, Here, my kinders sal nie tevrede wees nie, en daarom waag ek dit om aan God ongehoorsaam te wees en my talent in die grond te begrawe?GF 58.2

    Daar moet geen oponthoud wees nie. Die saak van God vereis u ondersteuning. Ons versoek u as die Here se rentmeesters om Sy middele vry te stel om fasiliteite te voorsien waardeur baie die geleentheid sal kry om te leer wat waarheid is.GF 58.3

    Die versoeking mag tot u kom om u geld in grond te belê. Miskien sal u vriende u aanraai om dit te doen. Maar is daar nie ‘n beter manier om u middele te belê nie? Is u nie duur gekoop nie? Is u geld nie aan u toevertrou dat u daarmee vir Hom moet woeker nie? Kan u nie insien nie Hy verwag dat u, u middele moet gebruik om te help om kerkgeboue op te rig, om te help om sanatoriums te stig waar die siekes liggaamlike en geestelike genesing sal ontvang en om te help om skole tot stand te bring waar die jeug vir diens opgelei kan word, sodat werkers na alle dele van die wêreld gestuur kan word?GF 58.4

    God self is die oorsprong van die planne om Sy werk te bevorder, en Hy het Sy volk van ‘n oorvloed middele voorsien, sodat hulle blymoedig sal reageer wanneer Hy hulle om hulp vra. As hulle getrou sal wees om die middele wat Hy aan hulle geleen het, na Sy skatkis te bring, sal Sy werk met rasse skrede vooruitgaan. Baie siele sal vir die waarheid gewerf word en die dag van Christus se wederkoms bespoedig word -R.&H., 14 Julie 1904.GF 58.5

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents