Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Met’n Verbondsverhouding Verbind

    In die groot werk om die wêreld te waarsku, sal diegene wat die waarheid in hulle harte het en daardeur geheilig is, hulle aangewese deel bydra. Hulle sal getrou wees met die betaling van tiendes en offergawes. Elke kerklid is deur ‘n verbondsverhouding verbind met God om van elke uitspattige besteding van geld af te sien. Laat die gebrek aan spaarsin in die huis ons nie daarvoor ongeskik maak om ons deel te doen om die reeds gevestigde werk te versterk en nuwe terrein te betree nie. -R. & H., 17 Jan. 1907.GF 72.1

    Ek pleitmet my broeders en susters oor die ganse aarde om tot die verantwoordelikheid te ontwaak wat op hulle rus om getrou die tiende te betaal.... Hou getrou boek met u Skepper. Besef terdeë die belangrikheid daarvan om eerlik te wees met Hom wat Goddelike voorkennis het. Laat elkeen sy hart ywerig ondersoek. Laat hom sy rekeninge nagaan en uitvind hoedanig sy verhouding tot God is.GF 72.2

    Hy wat Sy eniggebore Seun gegee het om vir u te sterf, het ‘n verbond met u gesluit. Hy gee u Sy seëninge en in ruil daarvoor verwag Hy tiendes en offergawes van u. Niemand sal ooit durf sê dat daar geen manier vir hom was waarop hy die saak kon verstaan nie. Gods plan met tiendes en offergawes word onomwonde in die derde hoofstuk van Maleági verklaar. God verwag getrouheid van Sy menslike rentmeesters aan die kontrak wat Hy met hulle aangegaan het. “Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees.”-R. & H., 3 Des. 1901.GF 72.3

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents