Loading...
Larger font
Smaller font
Copy
Print
Contents
Voorwaarts - Contents
  • Results
  • Related
  • Featured
No results found for: "".
  • Weighted Relevancy
  • Content Sequence
  • Relevancy
  • Earliest First
  • Latest First
    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents

    Die Sonde Van Ananias

    Die harte van Ananias en sy vrou is deur die Heilige Gees ontroer om hul besittings aan God toe te wy, soos hulle broeders gemaak het. Maar nadat hulle die gelofte afgelê het, het hulle daarvan teruggedeins, en hulle voorgeneem om dit nie na te kom nie.Terwyl hulle verklaar het dat hulle alles gee, het hulle ‘n gedeelte van die prys agtergehou. Hulle het teenoor God bedrog gepleeg en vir die Heilige Gees gelieg, en hulle misdaad is met ‘n vinnige en vreeslike oordeel besoek. Hulle het nie net die teenswoordige nie, maar ook die ewige lewe kwytgeraak.GF 75.4

    Die Here het gesien dat hierdie treffende openbaring van Sy oordeel nodig was om te verhoed dat andere hulle dieselfde skuld op die hals haal. Dit het getuig dat die mens God nie kan bedrieg nie, dat Hy die verborge sonde van die hart raak sien en Hom nie laat bespot nie. Dit is as ‘n waarskuwing aan die jong kerk bedoel, om hulle daartoe te lei om hul motiewe te ondersoek om versigtig te wees om nie aan selfsug en verwaandheid toe te gee nie, om daarvoor bedug te wees om God te beroof.GF 75.5

    In die geval van Ananias is die sonde van bedrog teen God spoedig opgespoor en gestraf. Hierdie voorbeeld van Gods oordeel is as gevaarteken vir toekomstige geslagte bedoel. Dieselfde sonde is in die daaropvolgende geskiedenis van die Kerk dikwels herhaal, en dit word in ons tyd deur baie gepleeg; maar hoewel dit nie met die sigbare openbaring van Gods ontevredenheid gepaard gaan nie, is dit deesdae geensins minder afskuwelik in Sy oë as wat dit in die tyd van die apostels was nie. Die waarskuwing is daargestel, God het duidelik Sy afsku van hierdie sonde bekend gemaak, en almal wat ‘n dergelike rigting inslaan, kan daarvan seker wees dat hulle besig is om hul eie siele te vemietig...GF 75.6

    Dit is net wanneer Christelike motiewe ten volle erken word, en die gewete wakker is vir sy plig, wanneer Goddelike lig die hart en karakter beïndruk, dat selfsug oorwin en die gesindheid van Christus verwesenlik word. Die Heilige Gees wat op menseharte en -karakters inwerk, sal die neigings tot gierigheid en ‘n bedrieglike handelwyse verdryf.GF 76.1

    By sekere geleenthede het die Here die harte van wêreldsgesinde, selfsugtige manne opvallend ontroer. Hul verstande is deur die Heilige Gees verlig, hul harte het Sy versagtende en oorwinnende invloed gevoel. Onder ‘n besieling van die oorvloedige genade en barmhartigheid van God, het hulle dit as hul plig aangevoel om Sy saak te bevorder, om Sy koninkryk op te bou.... Hulle het ‘n verlange gevoel om ‘n deel te hê aan die koninkryk van God, en het geloftes gedoen om van hul middele te gee aan sommige van die verskillende ondememings in die Here se saak. Daardie geloftes is nie teenoor die mens afgelê nie, maar aan God in die teenwoordigheid van Sy engele, wat die harte van hierdie selfsugtige, geldgierige manne ontroer het.GF 76.2

    Toe hulle die gelofte gedoen het, is hulle ryklik geseën, maar hoe spoedig verander die gevoelens nie wanneer hulle weer op gewone grond staan nie. Namate die onmiddellike indrukke van die Heilige Gees verdof, namate wêreldse sake die verstand en hart weer in beslag neem, is dit vir hulle baie moeilik om die toewyding van hulself en hul geld aan die Here te handhaaf. Satan val hulle met sy versoeking aan:“Jy was dwaas om daardie geld te belowe, jy het dit nodig om in jou sakeondememings te belê en jy sal verlies ly as jy die gelofte nakom.”GF 76.3

    Dan deins hulle terug, hulle murmureer, hulle kla oor die Here se boodskap en Sy boodskappers. Hulle raak onwaarhede kwyt, en verklaar dat hulle die gelofte in ‘n gees van opgewondenheid gedoen het, dat hulle die saak nie ten volle begryp het nie, dat die aangeleentheid oordryf is, hulle gevoelens gaande gemaak is, en dat dit hulle die gelofte laat doen het. Hulle het gepraat asof die kosbare seën wat hulle ontvang het, die gevolg was van bedrog wat deur die predikant teenoor hulle gepleeg is, om geld te verkry. Hulle verander van sienswyse, en voel onder geen verpligting om hul geloftes aan God af te los nie. Daar vind die vreeslikste berowing van God plaas, en flou verskonings word aangevoer om die Heilige Gees te weerstaan en te verloën. Sommige praat van ongerief; hulle sê hulle het hul geld nodig -om wat mee te maak? Om in huise en grond te begrawe, in die een of ander geldmakery. Omdat die gelofte vir ‘n godsdienstige doel afgelê is, meen hulle dat dit nie deur die gereg gehandhaaf kan word nie, en die liefde vir geld het hulle so vas in sy greep dat hulle hul eie siele mislei, en hulle waag dit om God te beroof. Aan baie kan daar gesê word: “U behandel geen ander vriend so sleg nie.”GF 76.4

    Die getal van diegene wat die sonde van Ananias en Saffira pleeg, is aan die toeneem. Mense lieg nie vir mense nie, maar vir God wanneer hulle die geloftes, wat Sy Gees hulle beweeg het om te doen, verontagsaam. Omdat die oordeel oor ‘n verkeerde daad nie, soos in die geval van Ananias en Saffira, gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen, om wederstrewig te wees teen die Gees van God. Hoe sal hierdie manne in die oordeel standhou? Durf u die uiteindelike gevolg van hierdie saak verduur? Hoe sal u staan te midde van die tonele wat in die boek Openbaring beskryf word? “En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, van wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan... en hulle is geoordeel, elkeen volgens sy werke.”-R. &H., 23 Mei 1893. GF 77.1

    Larger font
    Smaller font
    Copy
    Print
    Contents